Causes of malnutrition in Mangaung
Loading...
Date
2005
Authors
Pienaar, Michelle
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: Malnutrition is often a silent and invisible problem and its persistence has profound and devastating implications for children, society and the future of humankind. While good nutrition is extremely important for a healthy lifestyle and quality of life, the effects of poor nutrition are devastating. Before interventions can be implemented however, it is essential to determine the specific causes of malnutrition in a community.
The community of Mangaung is a rapidly urbanizing community where the double burden of malnutrition and diseases of lifestyle occur simultaneously. The causes of malnutrition are seen as deeply rooted in environmental factors, such as poverty and lack of education. In any attempt to improve nutritional status it is therefore important to assess the relationship between certain environmental factors and nutritional status indicators.
The aim of this study was to assess nutritional status (anthropometric status and dietary intake) and household resources (household and parent/caregiver particulars), in an attempt to identify specific issues that play a role in the development of malnutrition. The main objective of this study was thus to provide baseline data on causes of malnutrition in two areas of Mangaung, namely JB Mafora and Namibia.
Household information and socio-demographic status were determined by means of a questionnaire completed in an interview. BMI of caregivers and weight-for-age, height-for-age and weight-for-height of children younger than six years were obtained using standard techniques. Dietary intake was determined by a questionnaire during an interview.
The results in the study identified a number of socio-demographic factors associated with malnutrition. A concerning percentage of households had no income and in most households only one person contributed to income. Although a large proportion of breadwinners in the study areas were employed, a large proportion of household members where either unemployed or were dependent on another source of income, i.e. pension. In a large proportion of households, none of the women used any family planning. The percentage of respondents who ever attended clinics, were high. Level of education of household members older than 18 years showed that only a few of household members received education on tertiary level, while more than ten percent had no schooling. Regarding medical conditions a significant amount of household members indicated hypertension. As expected, diarrhea, loss of appetite and weight loss was generally more prevalent in underweight caregivers, but differences were not statistically significant.
The prevalence of overweight and obesity in the studied group of household members was an outstanding anthropometric feature, with almost half of caregivers falling in the overweight or obese categories. Results of this study indicated that the number of well-nourished children in this study was small.
The percentage of underweight children (17%) was higher when compared with the NFCS (1999), while a large percentage (30.3%) of children were stunted. As expected, a much smaller percentage of children (9.2%) in the study had a reduced weight-for-height than a weight-for-age or height-for-age.
A relatively large proportion of the respondents did not consume foods from all three groups during each meal. Almost all adults did not consume a balanced breakfast, the majority did not include all three food groups for lunch and more than half did not have a balanced supper. In the case of children, a high percentage did not eat a balanced diet. In the case of babies (between birth and six months), results showed that approximately 80.0% of babies received a well balanced diet throughout the day. This is due to the high percentage of mothers who exclusively breastfed their babies.
With the view to implementing a relevant nutrition education intervention program in Mangaung in the future, this base-line study (2004) was considered essential. Findings on the existing nutritional status and specific causes of nutritional problems of the community of Mangaung, can make a meaningful contribution to the design of effective nutrition intervention programmes.
Afrikaans: Wanvoeding is dikwels ‘n onopmerklike probleem en die voortbestaan het belangrike en skadelike gevolge vir kinders, die gemeenskap en die toekoms van die mens. Terwyl gebalanseerde voeding van uiterste belang is vir ‘n gesonde lewensstyl, kan die gevolg van ongebalanseerde voeding verwoestend wees. Alhoewel verskeie intervensies geimplementeer kan word, is dit noodsaaklik om eers die oorsake van wanvoeding in die gemeenskap vas te stel. Die gemeenskap van Mangaung is ‘n vinnig verstedeliking gemeenskap waar die dubbele las van wanvoeding en lewensstyl siektes gelyktydig geskied. Die oorsake van wanvoeding kan beskryf word as diep gewortel in omgewingsfaktore, byvoorbeeld armoede en gebrek aan onderrig. Dit is dus belangrik om die verhouding tussen sekere omgewingsfaktore en voedingsstatus aanwysers vas te stel om sodoede voedingstatus te verbeter. Die doel van die studie was om voedingstatus (antropometriese status en dieetinname) asook huishoudelike bronne (huishouding en ouer/versorger besondehede) te evalueer, om sodoende spesifieke aspekte wat moontlik kan bydrae tot wanvoeding te identifiseer. Die hoofdoel van die studie was dus om basiese inligting oor die oorsake van wanvoeding in twee areas in Mangaung, naamlik JB Mafora en Namibia, te versamel. Huishoudelike inligting asook sosio-demografiese status is bepaal deur middel van ‘n vraelys wat voltooi is gedurende ‘n onderhoud. Liggaamsmassa-indeks (LMI) van versorgers, asook massa-vir-ouderdom, lengte-vir-ouderdom en massa-vir-lengte van kinders jonger as ses jaar, is versamel deur middel van standaard tegnieke. Dieetinname is bepaal deur middel van ‘n vraelys wat voltooi is tydens ‘n onderhoud. Die resultate van die studie het ‘n aantal sosio-demografiese faktore wat met wanvoeding geassosieer kan word, identifiseer. Dit is kommerwekkend dat ‘n groot aantal huishoudings geen vaste inkomste ontvang het nie. In meeste huishoudings het slegs een persoon bygedra tot inkomste. Alhoewel ‘n groot aantal broodwinners in die studie werkend was, was ‘n groot persentasie van die huishoudlede òf werkloos òf afhanklik van ‘n ander bron van inkomste, byvoorbeeld pensioen. In ‘n groot persentasie huishoudings het vrouens geen gesinsbeplanning gebruik nie. Die persentasie van huishoudlede wat klinieke besoek het, was relatief hoog. Vlak van onderrig van huishoudlede ouer as 18 jaar dui aan dat slegs ‘n paar huishoudlede tersiêre onderrig ontvang het, terwyl meer as tien persent nooit skool bygewoon het nie. Rakende mediese toestande het ‘n betekenisvolle hoeveelheid van huishoudlede hipertensie rapporteer. Soos verwag, was die voorkoms van diaree, aptytverlies en massaverlies hoër by ondermassa versorgers, maar verskille was nie betekenisvol nie. Die voorkoms van oormassa en vetsugtige huishoudlede was ‘n uitstaande antropometriese eienskap in die studie. Meer as die helfde van die versorgers het in die groep van oormassa of vetsug geval. Resultate van die studie het aangedui dat die aantal goed gevoede kinders in die studie min was. Die persentasie ondermassa kinders (17%) was hoër indien vergelyk word met die NFCS (1999), en ‘n groot persentasie (30.3%) kinders het groeivertraging getoon. Soos verwag, het ‘n kleiner persentasie kinders (9.2%) in die studie verlaagde massa-vir-lengte as massa-vir-ouderdom en lengte-vir-ouderdom getoon. ‘n Relatief groot proporsie van huishoudlede het nie voedsel van al drie voedselgroepe gedurende maaltye ingeneem nie. Byna al die volwassenes het nie ‘n gebalanseerde ontbyt en laat-oggend versnappering geniet nie. Die meerderheid volwassenes het nie ‘n gebalanseerde middagete en laat-middag versnappering ingeneem nie, terwyl meer as die helfte nie ‘n gebalanseerde aandete en laataandvoeding rapporteer het nie. In die geval van kinders, het ‘n hoë persentasie nie gebalanseerde maaltye ingeneem nie. Resultate rakende die dieetinname van babas (tussen geboorte en ses maande) het getoon dat ongeveer 80% babas ‘n gebalanseerde dieet gevolg het. Dit is as gevolg van die hoë persentasie ma’s wat eksklusief geborsvoed het. Met die vooruitsig om ‘n relevante voedingsonderrig intervensie program in Mangaung te implementeer, word hierdie basislyn studie (2004) as belangrik beskou. Bevindinge op die huidige voedingsstatus en spesifieke oorsake van voedingsprobleme in die gemeenskap van Mangaung kan ‘n betekensivolle bydrae maak tot die ontwerp van ‘n effektiewe voeding intervensie program.

Description
Keywords
Malnutrition -- South Africa -- Mangaung, Anthropometry, Nutrition -- Evaluation -- South Africa -- Mangaung, Dissertation (M.Sc. Dietetics (Human Nutrition))--University of the Free State, 2005