Botswana-South Africa economic relations: a history, 1966-2014

Loading...
Thumbnail Image
Date
2019-02
Authors
Sechele, Unaludo
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: This thesis examines economic relations between Botswana and South Africa from 1966 to 2014 from Botswana’s perspective. It begins by describing different historical junctures in the economic history of the two countries, including but not limited to, the renegotiation of the Southern African Customs Union in 1969, which was required after the independence of the British High Commission territories, Botswana, Lesotho and Swaziland. It suggests that though the renegotiated agreement was far from ideal, it was better than the original 1910 agreement. The thesis examines Botswana’s transition from a pastoral economy to one based on minerals, particularly diamonds from 1966 and 1972. It argues that Botswana’s tremendous economic growth in this period was buttressed by the partnership between the Botswana government and De Beers, a large South African mining company. Working together, their partnership formed Debswana, one of the biggest diamond companies in the world. This period was touted as Botswana’s economic miracle, but Botswana’s economic dependence on South Africa was never far from the surface, something the apartheid regime took advantage of in the 1980s. Expectations after 1994 of a fundamentally changed economic relationship between the two states were soon disabused. Overall, the thesis questions the extent to which Botswana escaped from the shadow cast by its vastly bigger neighbour, South Africa.
Afrikaans: Hierdie verhandeling ondersoek ekonomiese betrekkinge tussen Botswana en Suid-Afrika tussen 1966 en 2014 vanuit die perspektief van Botswana. Verskillende historiese draaipunte binne die ekonomiese geskiedenis van hierdie twee state word ondersoek, insluitende die hersiening van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie in 1969 na afloop van die onafhanklikheidswording van die Britse protektorate Botswana, Lesotho en Swaziland. Daar word bevind dat, alhoewel die hersiende skikking veel te wense oorgelaat het, dit ‘n verbetering op die oorsponklike ooreenkoms van 1910 was. Die verhandeling ondersoek verder Botswana se oorgang van ‘n pastorale na ‘n minerale-gebasseerde ekonomie, met spesifieke verwysing na die belangrikheid van diamante tussen 1966 en 1972. Die tesis voer aan dat die sterk ekonomiese groei wat Botswana gedurende hierdie periode beleef het, deur die vennootskap tussen die regering van Botswana en die Suid-Afrikaanse mynmaatskappy De Beers, gerugsteun is. Deur hierdie vennootskap is Debswana, een van die grootste diamantmaatskappye ter wêreld, tot stand gebring. Hierdie era word as Botswana se ekonomiese wonderwerk beskou, maar die land se ekonomiese afhanklikheid van Suid-Afrika het nooit werklik gewyk nie – ‘n feit wat deur die apartheid regering uitgebuit is. Verwagtinge na 1994 van fundamentele verandering in die ekonomiese verhouding van die twee state het ook tot niks gekom nie. In die geheel bevraagteken die verhandeling dus die mate waartoe Botswana uit die skadu van sy veel groter buurland kon tree.
Description
Keywords
Thesis (Ph.D. (Centre for Africa Studies))--University of the Free State, 2019, Botswana, Economic relations, Diamonds, South Africa, Economy, Rand, Pula
Citation