'n Ondersoek na die voorkoms van sekere persoonlikheidstrekke en temporalelob-simptome by prekognisie

Loading...
Thumbnail Image
Date
1984-01
Authors
Smit, Jurie
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die bestaande kennis van prekognisie is beperk. Geen definitiewe gevolgtrekking oor die posisie van prekognisie in die studieveld van parapgisologie kon tot op hede gemaak word nie. Fenomenologies gesproke, pas prekognisie by heldersiendheid en dit laat die vraag ontstaan of daar n verband enersyds tussen prekognisie en heldersiendheid en andersyds tussen prekognisie en ander vorme van ESP bestaan. Ten opsigte van persoonlikheidstrekke is vasgestel dat faktore A, E, F en I van die Hoerskoolpersoonlikheidsvraelys betroubare voorspellers van sukses in ESP-toetse is. Dit laat die vraag ontstaan of daar 'n verband tussen prekognisie en enige van bogenoemde faktore bestaan. Simptome van temporalelob-disfunksie het inn vorige studie beduidend meer by persone voorgekom wat ESP ervaar as by 'n kontrolegroep. Die vraag wat daaruit voortspruit is of daar enige verband tussen prekognisie en temporalelob-simptome bestaan. Proefpersone is saamgestel uit belangstellendes wat gereageer het op koerantadvertensies en 'n radiopraatjie. Een-en-twintig proefpersone is by die ondersoek betrek. Die volgende vraelyste is op die proefpersone toegepas: 'n telefoniese vraelys, prekognisievraelys, Neppe se vraelys ten opsigte van temporalelob-simptome en die 16-Persoonlikheidsfaktorvraelys. Die 16-Persoonlikheidsvraelys is op slegs 18 persone afgeneem, terwyl die ander vraelyste deur al die proefpersone beantwoord is. In elke proefpersoon se geval moes 'n referent bevestig dat die proefpersoon wel voordat 'n gebeurtenis plaasgevind het, die ervaring aan hom/haar meegedeel het. Die volgende navorsingshipoteses is geformuleer: - Ten opsigte van,parapsigologiese verskynsels: - tussen parapsigologiese verskynsels en prekognitiewe ervarings bestaan 'n positiewe verband - Ten opsigte van persoonlikheidseienskappe - tussen prekognitiewe ervarings en faktor A van die 16-PF bestaan n positiewe verband - tussen prekognitiewe ervarings en faktor Evan die 16-PF bestaan 'n positiewe verband - tussen prekognitiewe ervarings en faktor F van die 16-PF bestaan 'n positiewe verband - tussen prekognitiewe ervarings en faktor I van die 16-PF bestaan 'n negatiewe verband - Ten opsigte van temporalelob-simptome - tussen prekognitiewe ervarings en temporalelob-simptome bestaan 'n positiewe verband. In die empiriese gedeelte is prekognitiewe ervarings met 'n aantal veranderlikes gekorreleer. Daar is vasgestel dat prekognitiewe ervarings beduidend positief gekorreleer het met ervarings van heldersiendheid en ervarings in die ontvangs van telepatie. In hierdie gevalle is die gestelde navorsingshipoteses bevestig. Geeneen van die persoonlikheidstrekke het 'n beduidende korrelasie met prekognitiewe ervarings getoon nie. Die gestelde navorsingshipoteses is gevolglik verwerp. Wat die temporalelob-simptome betref, het prekognitiewe ervarings beduidend positief gekorreleer met visuele versteurings. In laasgenoemde geval is die gestelde navorsingshipotese dus bevestig.
Description
Keywords
Dissertation (M.A. (Psychology))--University of the Free State, 1984, Personality, Perception
Citation