'n Ondersoek na die aanlegprofiel en beroepsoriëntering van suksesvolle technikonstudente

Loading...
Thumbnail Image
Date
1983-01
Authors
Schreuder, Andries Magiel Gert
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die probleem: Suid-Afrika ondervind tans 'n groot tekort aan opgeleide mannekrag. Miljoene rande word jaarliks aan opleiding bestee en die resultate word bevraagteken. Duisende studente skryf jaarliks aan tersiêre inrigtings in vir verdere opleiding sonder dat hul enige voorligting met inagneming van hul aanleg vir en belangstelling in hul voorgenome beroep ontvang het. Tersiêre inrigtings word miskien gekies wat weinig verband hou met hul vermoëns. Dis waarskynlik nie net die vlak van vermoëns wat sukses aan tersiêre inrigtings bepaal nie, maar ook die aard en samestelling, of profiel van vermoëns en oriëntering. Doel van die ondersoek: Die doel van die ondersoek was om te bepaal wat die Aanlegprofiel en Beroepsoriëntasie van technikonstudente is, en of dit verskillend is vir die meer- en mindersuksesvolles sowel as in die verskillende vakrigtings. So sou bepaal kon word of die toetse gebruik kan word vir die voorligting van technikonstudente, en hoe dit gebruik moet word. Metode van ondersoek: Daar is in die ondersoek gebruik gemaak van 'n nuwe battery, Aanlegprofieltoetse wat deur Prof. H. P. Langenhoven aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat ontwerp is. Die battery bestaan uit die volgende toetse: Teoretiese Aanleg Kommunikasie-Aanleg Praktiese Aanleg Teoretiese Orientasie Kommunikasie-Orientasie Praktiese Orientasie Saam daarmee is ook 'n Biografiese vraelys toegepas. Die ondersoekgroep het bestaan uit oorwegend senior studente aan die Technikon, Pretoria in die Handels-, Tegniese- en Kunsrigtings. In totaal was daar 568 studente. Verskeie berekeninge is gemaak waaronder vergelyking van gemiddeldes deur middel van t-toetse, korrelasie, variasiebreedtes, produktellings ensovoorts. Bevindings en gevolgtrekkings: Daar is gevind dat suksesvolle technikonstudente toon 'n sterker Teoretiese- en Kommunikatiewe aanleg en oriëntering as 'n Praktiese aanleg en oriëntering. Die suksesvolle studente behaal nie alleen 'n hoër vlak van prestasie op die Aanlegprofieltoetse nie, maar toon ook 'n ander profiel van vermoëns as die minder-suksesvolles. Wat verskille in die verskillende vakrigtings betref, is gevind dat die Handelsgroep die beste vaar in die Kommunikasie-Aanlegtoetse en -Orienteringstoetse; dat die Tegniese groep in die Praktieseen ook die Teoretiese Aanleg- en -Orientasietoetse; terwyl die Kunsgroep geen besondere patroon toon nie. 'n Buitengewone bevinding, wat verdere navorsing verg, is dat die minder-suksesvolle studente deurgaans hoër tellings in die Praktiese Oriëntasietoets behaal. Die aanduidings is positief dat hierdie toetse met vrug gebruik kan word by die vergelyking van technikonstudente. Nie alleen tellings op individuele toetse nie maar ook tellingsprofiele, somme en produkte van tellings en variasiebreedtes onderskei tussen veral handels- en tegniese studente, en tussen meer- en mindersuksesvolles in technikoneksamens. Daar is egter nag onduidelikhede waarvoor verdere navorsing nodig is.
Description
Keywords
Dissertation (M.A. (Industrial Psychology))--University of the Free State, 1983, Tertiary education, Higher education, Technikon students, Careers
Citation