Die ontwikkeling van 'n psigo-opleidingsmodel om teologiestudente tot psigiese volwassenheid te begelei

Loading...
Thumbnail Image
Date
1992-01
Authors
Roux, George Bishop
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Daar is 'n toenemende besef onder kerkleiers dat 'n innerlike roepingsoortuiging nie meer die enigste vereiste kan wees om tot die bediening toegelaat te word nie. Tesame met akademiese opleiding tree psigiese volwassenheid na vore as 'n ewe noodsaaklike vereiste vir die toekomstige predikant. Hierdie besef is aangewakker deur die groterwordende aantal predikante wat die bediening verlaat weens 'n onvermoe om die druk te hanteer of weens onvoldoende persoonlikheidsvorming. Voorts is die besef versterk deur navorsingsresultate wat die behoefte van teologiestudente aan begeleiding tot psigiese volwassenheid bevestig het. Tot dusver het 'n geskikte program vir hierdie doel egter ontbreek. Die doelstelling van hierdie studie was dus om n psigo-opleidingsprogram saam te stel wat teologiestudente sal begelei tot psigiese volwassenheid, ten einde hulle in staat te stel om as psigies volwassenes hul roeping met groter werkstevredenheid en beroepsukses uit te leef. Ten einde die doelstelling te bereik, is daar vanuit 'n literatuurstudie eienskappe van psigiese volwassenheid bepaal wat teoreties sowel as empiries gefundeerd is. Hierdie vyf eienskappe is: - 'n positiewe selfkonsep wat selfkennis en selfaanvaarding impliseer; - spontaneiteit wat kontak met eie emosies, 'n hier-en-nou-openheid en die demonstrasie van emosies impliseer; - 'n saambindende lewensbeskouing wat waardes, outonomie, soepelheid en doelgerigtheid inkorporeer; altruisme wat 'n eksterne probleemgesentreerdheid en 'n sosiale orientasie veronderstel; - 'n vermoe tot intieme interpersoonlike verhoudinge wat die aanvaarding van ander persone en akkurate kommunikasie inkorporeer. In aansluiting by die definiering van psigiese volwassenheid is rekening gehou met die ontwikkelingsfases waarin die teologiestudente hulself bevind. Die ontwikkelingsmodelle van Perry en Loevinger is hoofsaaklik gebruik. Vervolgens is die algemene sisteemteorie as oorkoepelende raamwerk gekies waarbinne die persoonlikheid as komplekse verskynsel bestudeer kon word. Die kleingroepmetode is gekies as instrument waarbinne die program aangebi ed word en rekeni ng is gehou met die verskillende ontwikkelingsfases en die leerproses wat met die kleingroep saamgaan. Die psigo-opleidingsprogram is ontwikkel en versoen met die kubernetiese siklus as aanbiedvorm. Die empiriese ondersoek is met behulp van 'n eksperimentele en kontrolegroep voormeting-nameting-navorsingsontwerp gedoen, en die PHSF en die PFV is as meetinstrumente aangewend. Deur middel van Hotelling se T<-toets is vasgestel dat daar 'n beduidende verskil bestaan tussen die vektor van gemiddeldes van die veranderlikes van die eksperimentele groep en die van die kontrolegroep tydens die voormeting. Die gevolg is dat Hotelling se T<-toets vir verwante groepe uitgevoer is op die eksperimentele groep se voor- en natellings. Ontledings van die meervoudige vergelykings is deur middel van afsonderlike t-toetse vir die 17 afhanklike veranderlikes gedoen. Vyftien van die sewentien veranderlikes wat ondersoek is, het 'n beduidende verskil uitgewys. Ten opsigte van die PHSF het die eksperimentele groep beduidend meer selfvertroue, eiewaarde, selfbeheer en mindet senuweeagtigheid getoon na die deurloping van die psigo-opleidingsprogram. Hulle was minder beinvloedbaar deur gesinsomstandighede en het 'n groter onafhanklikheid van die gesin ervaar. Groepsdeelname het verbeter en gedrag is meer in ooreenstemming met aanvaarde norme van die samelewing gebring. Ook het hulle formele verhoudinge verbeter en is die nameting met groter eerlikheid ingevul as die voormeting. Al vyf skale van die PFV het bedui dend toegeneem op die nameting van die eksperimentele groep. Hierdie skale toon aan dat daar 'n toename was in die groep se vermoe tot intieme interpersoonlike verhoudinge. Emosionele sensitiwiteit, altruisme, 'n positiewe identiteit en soepelheid het beduidend toegeneem na afloop van die psigo-opleidingsprogram. Die psigometriese aanduiders het voldoende bevestiging gebied om die psigo-opleidingsprogram se effektiwiteit te bevestig, en die empiriese resultate dui daarop dat die psigiese volwassenheid van die studente wat die program deurloop het, gefasiliteer is. Die resultate van die semantiese differensiaal wat na elke byeenkoms voltooi is, dui daarop dat die program in sy huidige vorm baie goed ontvang is. Die gevolgtrekking kan dus gemaak word dat die program in sy huidige vorm wel beantwoord aan die doelstelling waarvoor dit ontwikkel is, naamlik om teologiestudente tot psigiese volwassenheid te begelei. Die aanbeveling word dus gemaak dat hierdie program met vrug gebruik kan word.
Description
Keywords
Thesis (D.Phil. (Psychology)) - University of the Free State, 1992, Pastoral psychology, Clergy, Counselling for clergy, Training, Personality
Citation