'n Historiese analise van die betekenis van en die geskilpunte rondom die Cravenweek vir hoërskole as interprovinsiale rugbykompetisie

Loading...
Thumbnail Image
Date
1994-11
Authors
Pretorius, Ignatius Philippus Wilhelm
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Skole het 'n baanbrekersrol vir rugby in Suid-Afrika vertolk. Onder leiding van sy hoof, George Ogilve, was Bishops (vanaf 1874 ook as Diocesan College bekend) die eerste vaandeldraer van hierdie spel. Bishops en Paul Roos Gimnasium en hulle oudskoliere kan as die grondleggers van ons nasionale span se identiteit beskou word. Die 24 bespreekte skole was nie alleen pioniers in hulle onderskeie provinsies nie, maar behou meestal hulle toonaangewende posisies aldaar. Na die vesting van skolerugby in die provinsies is die idee van 'n skoletoernooi vir die eerste keer in 1928 geopper. Hoewel die gedagte aan 'n nasionale skoletoernooi dus vroeër al gekoester is, het Jan Preuyt en Piet Malan twee inisiatiewe - die een onbewus van die ander - tydens die Suid-Afrikaanse Rugbyraad se 75ste Jubiluemfees geloods om 'n nasionale skoletoernooi tot stand te bring. Dr. D.H. Craven, president van die Suid-Afrikaanse Rugbyraad, het die gedagte gesteun en so 'n toernooi, vernoem na dr. Craven, is in 1964 in Oos-Londen gehou. Di e sukses van die Cravenweek het dié Rugbyraad laat besluit om die toernooi 'n jaarlikse instelling te maak. Die toernooi is absoluut uniek en pogings om dit in ander rugbyspelende lande in te voer het tot nog toe misluk. Die doel van die toernooi was nie 'n kampioenskap nie maar eerder 'n uitstappie wat onthou moes word, wat opvoedkundig van aard sou wees en wat kameraderie sou ontwikkel. 'n Verdere doelstelling was om aan die skolespelers 'n geleentheid te bied om op georganiseerde wyse in provinsiale spanne onderling mee te ding. In 1965 kom die Suid-Afrikaanse Skolerugbyvereniging tot stand. Jan Preuyt word as president verkies en bly in dié leiersposisie tot 1988 toe hy deur Louis Terblanche opgevolg word. Op die speelveld het die Cravenweekspelers aan die wekroep om aanskoulike hardlooprugby te speel, voldoen. In die eerste drie dekades het Vrystaat as die voorste span na vore getree. Veral die provinsie se kwiksilweragterspelers was die gunstel inge onder die skares. Die SA-skolespan het as uitvloeisel van die Cravenweek vir Hoërskole aan die room van die skolespelers die geleentheid gegun om binnelands en buitelands hul staal te toon. Die Cravenweek is egter veel meer as net 'n sportgebeurtenis wat binne een week afgehandel word. Die Cravenweek was sedert sy ontstaan 'n omstrede instelling en het sedertdien omstrede gebly. Verskeie geskilpunte het gedurende die eerste drie dekades van die toernooi op die voorgrond getree omdat dit as belangrike skoolaktiwiteit ook deel van rugby as nasionale spel is wat die speler, ouer, skool en die breër gemeenskap betrek. Die Cravenweek het as mikrokosmos van dié samelewing nie ontdaan gebly van die politieke, sosiale, kulturele en ekonomiese strominge wat in die land geheers het nie. Die Cravenweek was nie alleen net deel van die strominge nie, maar het ook as rigtingwyser vir die vernuwende tendense in die samelewing gedien. Die Cravenweek en in 'n breër sin sport se opvoedkundige waarde durf verder nie onderskat word nie. Die Cravenweek speelook 'n vername rol in die Suid-Afrikaanse rugby-opset. Die totstandkoming van die Suid-Afrikaanse Rugbyvoetbalunie in 1992 het ook op skolevlak weerklank gevind en nege skolerugbyverenigings het in die veelrassige Suid-Afrikaanse Skolerugbyvereniging saamgesmelt. Die samesmelting tesame met die veranderde politieke klimaat het die internasionale rugbydeure vir Suid-Afrika geopen. Sedert die Springbokke se hertoetrede tot die internasionale forum lewer Cravenweekspelers 'n stewige fondament aan die nasionale span.
Description
Keywords
Thesis (Ph.D. (History)) - University of the Free State, 1994, Rugby, Football, South Africa
Citation