Die daarstelling van 'n funksionele organisatoriese struktuur vir gimnastiek in die Oranje-Vrystaat

Loading...
Thumbnail Image
Date
1989-11
Authors
Botes, Suzanne Louise
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Sport, en meer spesifiek artistiese gimnastiek vind sy fundering in spel en dus moet die spelmoment by sport teenwoordig wees. Gimnastiek ondanks die intensiteitswisseling, is 'n spelvorm wat met fi sieke inspanning gepaard gaan en as sodanige fisieke vaardighede impliseer. Artistiese gimnastiek het in die Republiek van Suid-Afrika laat in die negentiende eeu posgevat. Die makro-struktuur van gimnastiek berus by die Suid-Afrikaanse Amateur Gimnastiekunie, terwyl die meso-struktuur agtien provinsiale/streeksliggame insluit. Die struktuur van enige provinsiale of streeksgimnastiekorganisasie moet op 'n stewige basis gebou word om funksioneel doeltreffend te kan funksioneer. Hiervoor is die implementering van die bestuursfunksies van kardinale belang. Iedere provinsiale of streeksgimnastiekorganisasie in die Republiek van Suid-Afrika maak van 'n eiesoortige organisasiestruktuur gebruik na gelang van eiesoortige behoeftes en omstandighede. Uit hierdie ondersoek blyk dit dat vyf van die sestien gimnastiekorganisasies van 'n lyn-organisasie gebruik maak, twee van 'n lyn- en staforganisasiestelsel en nege van 'n funksionele organisasiestelsel. Diversivisering van die onderskeie organisasiestelsels is aan die orde van die dag. Ten einde aan die doel van hierdie ondersoek te voldoen is ditnoodsaaklik dat die knelpunte soos onder andere fasiliteite, aantal deelnemers, beamptes, beoordelaars, afrigters sowel as die onderskeie strukture van die Noord Oranje-Vrystaat Amateur Gimnastiekvereniging en die Oranje-Vrystaat Amateur Gimnastiekvereniging Suid-Streek ondersoek moet word. Uit hierdie ondersoek blyk dit dat daar veral by die Noord Oranje-Vrystaat Amateur Gimnastiekvereniging sekere knelpunte na vore kom. Vanaf die afstigting van die twee streke in 1974 bied hierdie streek geen sirkel, nasionale kompetisie of toetswedstryd aan nie. Hierdie feit kan gewyt word aan onvoldoende fasiliteite vir groot kompetisies. Hierteenoor kon die Oranje-Vrystaat Amateur Gimnastiekvereniging Suid-Streek verskeie van bogenoemde kompetisies aanbied omdat hulle in die gunstige posisie verkeer om die Callie Human sentrum met al sy fasiliteite tot hul beskikking te hê. Aangesien die Universiteit van die Oranje-Vrystaat, die Bloemfonteinse Onderwyserskollege en die Technicon OVS in die Suid-Streek geleë is, dien dit as goeie voedingsbronne vir afrigters en beoordelaars aangesien kursusse bygewoon word en studente tydens kompetisies behulpsaam kan wees. Die Noord Oranje-Vrystaat se tekort aan beamptes, beoordelaars en afrigters kan toegeskryf word aan die feit dat daar geen voedingsbron in die streek bestaan nie. Wat die struktuur van die uitvoerende komitee en die bestuurskomitee van die Noord Oranje-Vrystaat Amateur Gimnastiekvereniging en die Oranje-Vrystaat Amateur Gimnastiekvereniging Suid-Streek betref, maak eersgenoemde van die lyn-organisasiestelsel gebruik en het die uitvoerende komitee se aantal lede verminder. Hierteenoor maak die Oranje-Vrystaat Amateur Gimnastiekvereniging Suid-Streek van die lyn- en staforganisasiestelsel gebruik en het hierdie vereniging se struktuur aangepas om aan die behoeftes van die streek te voorsien. Ten einde die bestaande knelpunte en probleme te beperk is die daarstelling van 'n funksionele organisatoriese struktuur vir gimnastiek in die Oranje-Vrystaat 'n noodsaaklikheid. In hierdie verband word die amalgamasie van die twee betrokke streke aanbeveel en dat hierdie voorgestelde liggaam van die lyn- en staforganisasiestelsel gebruik sal maak. 'n Advieskomitee, bestaande streke word tydelik in die uit verteenwoordigers van beide lewe geroep om die voorgestelde struktuur te implementeer en die toepassing daarvan, binne ses maande, aan die onderskeie streke moet voorlê. Die advieskomitee moet volgens voorgeskrewe riglyne funksioneer wat die beskerming van beide streke se sake teen enige moontlik negatiewe gevolge, voortspruitend uit die beoogde implementering vrywaar.
Description
Keywords
Dissertation (M.A. (Human Movement Science))--University of the Free State, 1989, Gymnastics, South Africa, Free State
Citation