Ontvangersreaksie op erotiese oudiovisuele boodskappe: 'n empiries-kommunikasiekundige analise

Loading...
Thumbnail Image
Date
1987-12
Authors
Van Deventer, Andre
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: In hierdie studie is ontvangersreaksie op speelprenttonele (as erotiese oudiovisuele boodskappe) vanuit 'n kommunikasiekundige perspektief en 'n empiries-eksperimentele benadering ondersoek. In die teoretiese komponent van die studie is die erotiese speelprent se historiese ontwikkeling tot massamedium, die aard daarvan as kommunikasieverskynsel en die eiesoortige proses van erotiese kommunikasie wat dit genereer, uiteengesit van erotiese kommunikasie is ook ontwikkel. Die empiriese komponent het uit twee dele bestRun. By wyse van 'n omvangryke voorondersoek is ontvangersreaksie as studieterrein eers algemeen op die affektiewe, evaluatiewe en behavioristiese dimensies verken. Aspekte daarvan wat plaaslik vir empiriese navorsing toeganklik is, sowel as enkele onafhanklike veranderlikes is geïdentifiseer. Ontvangersreaksie op die evaluatiewe vlak is vir die doeleindes van die intensiewe finale ondersoek geselekteer. Daar is aangetoon dat die psigo-seksuele evaluasie van erotiese speelprenttonele uiters kompleks en divers van aard is. Veral die geslag van die ontvanger, geskiedenis van vorige blootstelling aan erotika, asook die aard en omvang van die ontvanger se seksuele ervaring, is aangetoon as die belangrikste onafhanklike veranderlikes aan die hand waarvan psigo-seksuele evaluasie in 'n relatiewe mate voorspel kan word. Bepaalde demografiese veranderlikes, erotiese blootstellingspatrone, psigo-seksuele gedragspatrone en houdingsingesteldheid ten opsigte van sensuur, wat ooreenkomstig die kommunikasiekundige perspektief relevant was, is ook geanaliseer. Daar is aangetoon dat die eiesoortige seksuele persona van elke ontvanger sentraal staan in die evaluatiewe beoordeling van erotika. Dit hou die implikasie in dat pogings tot die objektiewe beoordeling van die gewenstheid of ongewenstheid van erotika, deeglik met die aard van elke beoordelaar se seksuele samestelling rekening moet hou. Nadat bepaalde tekortkominge in die studie en toekomstige navorsingsmoontlikhede uitgewys is, is ten slotte bepaalde aanbevelings wat verband hou met verdere deskriptiewe en empiriese ondersoek, die kwessie van kommunikasie-etiek en die ontwikkeling van meer objektiewe kriteria in die beoordeling van erotika, gedoen.
Description
Keywords
Dissertation (M.A. (Communication Science) - University of the Free State, 1987, Erotic films -- Psychological aspects, Sex in motion pictures -- Psychological aspects
Citation