Voedingstelsels vir die produksie van kalfsvleis vanaf suiwelbulkalwers

Loading...
Thumbnail Image
Date
1988-07
Authors
Le Roux, Pieter Christiaan
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: 1. Die doel van hierdie studie was om die effek van vloeistoftipe (melk versus melksurrogaat) voor speen en verskillende kragvoer- tot ruvoerverhoudings vanaf ongeveer drie maande ouderdom op die biologiese en ekonomiese doeltreffendheid van kalfsvleisproduksie met die oog op verhoogde rooivleisproduksie te ondersoek. 2. Twee-en-dertig Friesbulkalwers (geboortemassas gemiddeld 36 kg) is in 'n ewekansige blokontwerp, met vier behandelings en agt herhalings per behandeling, ingedeel. 3. Die kalwers is aan die volgende voedingstelsels onderwerp: (1) 46 dae volmelk en 'n 80% kragvoerrantsoen vanaf 83 dae ouderdom. (2) 46 dae melksurrogaat en 'n 60% kragvoerrantsoen vanaf 83 dae ouderdom. (3) 46 dae melksurrogaat en 'n 70% kragvoerrantsoen vanaf 83 dae ouderdom. (4) 46 dae melksurrogaat en 'n 80% kragvoerrantsoen vanaf 83 dae ouderdom. 'n Kalfaanvangsmeel is vanaf die eerste dag tot 82 dae ouderdom ad lib. aan alle proefdiere verskaf. 4. Daar is van lusern, gemaal deur 'n 50 mm sif, in die onderskeie rantsoene gebruik gemaak. Berekende ruproteïeninhoud van die aanvangsmeel was 19% en dié van die kragvoermengsels 14% gewees. 5. Proefkalwers is op gemiddeld 152 dae ouderdom geslag (5 maande) en karkasdata is ingesamel. 6. Die vier swaarste proefdiere uit elke groep is op +/- 120 dae ouderdom aan 'n verteringstudie onderwerp. Die skynbare verteerbaarheid van droëmateriaal, organiese materiaal, ruproteïen, suuronoplosbare vesel en bruto energie het nie-betekenisvol (P > 0,05) met 'n toename in kragvoerinhoud van die rantsoen, toegeneem. Die skynbaar verteerbare ruproteïen (%) en energie-inhoud (MJ/kg) van die 60%-, 70%- en 80% kragvoeorrantsoene was onderskeidelik 7,51 en 10,62; 8,33 en 11,40; 8,22 en 12,90. Verteerbare ruproteïeninname van die 80% kragvoerrantsoen was betekenisvol (P < 0,05) hoër as dié van die kragvoerrantsoen. Eweneens was verteerbare energie-inname hoogs betekenisvol (P < 0,01) hoër by die 80% as by die 60 en 70% kragvoerrantsoene. 7. Geen betekenisvolle (P > 0,05) verskille in massatoename, DM-inname of doeltreffendheid van voeromsetting (DVV) het as gevolg van vloeistoftipe voorgekom nie. Massatoename en DVV voor speen, asook in die totale proeftydperk was egter nie-betekenisvol (P > 0,05) beter vir die volmelk as vir die melksurrogaatgroep. Kalwers wat volmelk in vergelyking met melksurrogaat voor speen ontvang het, het ook 'n nie-betekenisvolle (P > 0,05) hoër karkasmassa getoon. 8. Totale massatoename vir die 70 en 80% kragvoerrantsoen was hoogsbetekenisvol (P < 0,01) hoër as vir die 6.0% kragvoerrantsoen (82 dae tot slag). Geen betkenisvolle (P > 0,05) verskille ten opsigte van DM-inname of DVV het tussen die onderskeie kragvoermengsels voorgekom nie. DVV was egter nie-betekenisvol (P > 0,05) beter by kalwers wat die rantsoen met 80% kragvoer ontvang het. Dit wil voorkom asof kalwers wat hierdie kragvoermengsel ontvang het beter biologiese resultate gelewer het. Daar is 'n nie-betekenisvolle (P > 0,05) swaarder karkasmassa met 'n verhoging van die kragvoerinhoud in die rantsoen gevind. 9. Uit die ekonomiese evaluasie het dit geblyk dat melksurrogaat in vergelyking met volmelkvoeding voor speen tot hoër bruto inkomstes aanleiding gegee het. Die mees ekonomiese resultate is verkry met die voedingstelsel waar melksurrogaat voor speen (+/- 46 dae), 'n aanvangsmeel (80% kragvoer) tot 82 dae ouderdom en 'n 80% kragvoermengsel vanaf 83 dae tot bemarking (152 dae) verskaf is. 10. Daar is tot die slotsom gekom dat kalfsvleis wel lonend geproduseer kan word. Verdere navorsing is egter nodig ten einde sekere leemtes uit te skakel. Die grootste probleem is waarskynlik die feit dat geen superkarkasse geproduseer kon word nie. Verdere nayorsing is nodig om die laatrypheid en gevolglik swak vetneerlegging van Frieskalwers op 'n jong ouderdom die hoof te bied.
Description
Keywords
Calves -- Feeding and feeds, Holstein-Friesian cattle, Beef cattle -- Feeding and feeds, Dissertation (M.Sc.Agric. (Animal Science))--University of the Free State, 1988
Citation