Die bydrae van die Musiekkomitee van die FAK tot die bevordering van musiek in Suid-Afrika met spesifieke verwysing na die volksmusiek van die Afrikaanssprekendes

Loading...
Thumbnail Image
Date
1986-01
Authors
Bothma, Erika
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: By die stigting van die FAK in 1929 was dit duidelik dat die bevordering van Afrikaanse musiek een van die verantwoordelikhede van die organisasie sou moes wees, en een van die eerste take wat aangepak is was om uitsluitsel te kry oor die geskikste lied om as Volkslied vir Suid-Afrika te dien. Dit was grotendeels aan aktiwiteite van die FAK te danke dat Die Stem in 1957 aanvaar is as amptelike Volkslied. Uit die staanspoor is daar ook aandag gegee aan die daarstelling van n volksangbundel. n Komitee van drie, dr. Hugo Gutsehe, dr. W. du P. Erlank en S.H. Eyssen, is saamgestel om die mees geskikte liedere uit bestaande bundels uit te soek en nuwe liedere by te voeg, en in 1937 het die eerste FAK Volksangbundel verskyn. Meer as twintig jaar later, in 1961, het 'n hersiene uitgawe verskyn, en dit is in 1979 opgevolg deur n verrykte uitgawe. 'n Ander saak wat in die dertigerjare ook die Uitvoerende Komitee se aandag geniet het, was die finansiering van 'n sewetal Afrikaanse plate. Die aanstelling van 'n vaste musiekkommissie het onvermydelik geword, en op 19 Junie 1941 het die FAK-Musiekkommissie vir die eerste keer in Johannesburg vergader onder voorsitterskap van I.M. Lombard. Ander aanwesige lede was Hugo Gutsehe, S.H. Eyssen en Rosa Nepgeni J.H. Coetzee en P.J. Lemmer is gekoopteer terwyl mev. J.E. Fourie en mnr. A.C. Hartman later bygekom het. Die Musiekkommissie word elke twee jaar deur die Uitvoerende Komitee saamgestel en het die taak om Afrikaanse musiek bekend te stel en die uitvoering en gebruik van Afrikaanse liedere aan te moedig - om jong Afrikaanse komponiste se werke in druk te laat verskyn - om Afrikaans as voertaal in die dosering van musiek te bevorder, en om die belange van Afrikaanse komponiste te beskerm. Op inisiatief van die Musiekkommissie is talle werke deur Afrikaanssprekende komponiste sedertdien gepubliseer. Dit sluit musiek van uiteenlopende aard in soos liedere, koorwerke, kantates, operettes en versamelings vir gebruik deur kerkkore, terwyl ligter musiek in die twee versamelings Lekkersingliedjies opgeneem is. In 1952 is 'n Engels-Afrikaanse Musiekterminologie uitgegee met die doelom Afrikaans as medium by die doseer van musiek te bevorder. Die bekendstelling van Afrikaanse musiek deur middel van die langspeelplaat het ook aandag gekry en 'n plateklub is in 1966 gestig. In 1957 is die eerste kongres oor volksang en volksmusiek in Stellenbosch gehou, en dit het gelei tot die stigting van institute vir Suid-Afrikaanse musiek aan twee Afrikaanse universiteite. Sedert 1967 is vier kongresse oor skoolsang en skoolmusiek ook reeds gehou. Die Musiekkommissie gee besondere aandag aan die jeug - drie beurse word jaarliks uit eie fondse toegeken aan jong belowende musici, terwyl 8 groot universiteitsbeurse geadministreer word. Ten spyte van al die FAK se pogings bly die Afrikanervolk steeds bekend as 'n nie-singende volk omdat Afrikaans as sangtaal in die groot meerderheid liedere wat in die Volksangbundel voorkom, heeltemal verskil van Afrikaans as spreektaal as gevolg van die swak aansluiting tussen woordbeklemtoning en musikale beklemtoning. Die hoop kan uitgespreek word dat die FAK in die toekoms opnuut hier sal leiding neem en vir die Afrikaner publikasies sal gee wat spontane sang sal aanmoedig. Sedert sy stigting het die volgende persone op die Kommissie gedien (die algemene sekretaris van die FAK is outomaties lid van die Kommissie): Jan Bouws, G.G. CilliƩ, D.I.C. de Villiers, P.J. de Villiers, S.H. Eyssen, mev. J.E. Fourie, H. Gutsche, A.C. Hartman, Nunez Holtzhausen, B. Kok, C.E. Lamprecht, P.J. Lemmer, I.M. Lombard, W.E.G. Louw, J.P. Malan, P. McLachlan, H.J. Moolman, Rosa Nepgen, J.J. Pauw, M.C. Roode, C. Swanepoel, H.B. Thorn, J. van Rensburg, J.C. van Rooy, H. Pieter van der Westhuizen.
Description
Keywords
Folk music -- South Africa, Music, Afrikaans music, Dissertation (M.Mus. (Music))--University of the Free State, 1986
Citation