Die ontwerp van Skrifgetroue en tyd-ruimtelik relevante eredienste binne die huidige konteks van die Nederduitse Gereformeerde Kerk

Loading...
Thumbnail Image
Date
2001-05
Authors
Janse van Rensburg, Johan
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: The question may be asked whether the church worship meeting could, at the same time, be relevant in regard to its spatial and time frame as well as faithful to Scripture. This question highlights the problemalique of Reformed tradition and the requirements pertinent to the ministry of the Dutch Reformed Church within its present context. Even though Scripture does not contain a blueprint for the worship meeting, there are in fact clear indications in regard to the broader concept of "worship-andservice". From these indications the fundamentally necessary elements may be deduced for the worship meeting, seen as a concrete manifestation of the broader concept of worship-and-service. In the historical investigation five nodal points were identified at which the structuring of the Biblical theology of worship was decisively influenced. During the historical development of the worship meeting certain elements were misunderstood and were structured in an obstructive manner. At some points, however, there was indeed a Scriptural and dynamic actualisation of the fundamental elements of worship. In any event, it was found that the term "Reformed" in itself implies time and spatial relevance of the worship meeting. Emanating from the investigation of Scripture and Reformed tradition the requirement of time and spatial relevance became clear either explicitly or by inference. The time and spatial context of the worship meeting alters because of identifiable variables in a given context. While the fundamentals of the worship meeting must remain unchanged for all time and circumstances, it must also be dynamically relevant for its time-spatial context. Therefore, if the Dutch Reformed Church wants its worship meeting to be true to both Scripture and Reformed tradition, it must also be time and spatially relevant. The present context of the Dutch Reformed Church contains disconcerting and confusing challenges, which must be taken into consideration in the structuring of the worship meeting. The conclusion is inescapable that certain changes must be made in order for the worship meeting to be contextually relevant. In conclusion a number of possible directives are suggested for a Dutch Reformed Church worship meeting, in order to be Scriptural and time-spacially relevant. These directives are included in a model which offers five points of focus or lenses which determine the structuring of the worship meeting. These are • the pre-scientific point of departure • Scriptural theology of worship (redemptive-historical perspective) • reformed tradition • time-spatial context (historical-cultural perspective) and • types of spirituality.
Afrikaans: Die vraag word gestelof 'n erediens tegelyk Skrifgetrou én tyd-ruimtelik relevant kan wees? Hierdie vraag plaas die problematiek van die gereformeerde tradisie en die kontekstuele bedieningsbehoeftes voorop, in die ontwerp van riglyne vir die erediens binne die huidige konteks van die Nederduitse Gereformeerde Kerk. Alhoewel die Skrif geen bloudruk vir die erediens gee nie, is daar duidelike aanwysings aangaande eer-en-diens in die Skrif. Hieruit kan aanwysings van fundamentele elemente afgelei word vir 'n erediens, as spesifieke konkretisering van die meer omvallende eer-en-diens. In die historiese ondersoek is vyf knooppunte geïdentifiseer, waar die Bybelse teologie van eer-en-diens in die vormgewing van die erediens, beslissend beïnvloed is. Sekere elemente van die erediens is in die verloop van die geskiedenis soms misverstaan en belemmerend gestruktureer. Tog was daar ook momente waar hierdie elemente Skrifgetrou en dinamies gerealiseer is. Vanuit die historiese ondersoek is gevind dat die begrip "gereformeerd" juis ook tyd-ruimtelike relevansie impliseer. Uit die ondersoek van die Skrif en die Gereformeerde tradisie het die vereiste van tyd-ruimtelike relevansie óf eksplisiet óf implisiet duidelik geblyk. Die tydruimtelike konteks van die erediens wissel aan die hand van identifiseerbare veranderlikes in 'n gegewe konteks. Terwyl die erediens dus fundamenteel dieselfde bly in alle omstandighede en tye, moet dit dinamies-relevant bly tot die konteks waarin dit plaasvind. Dus, indien die Nederduitse Gereformeerde Kerk sy eredienste Skrifgetrou en gereformeerd wil inrig, moet dit onder andere ook tyd-ruimtelik relevant wees. Die huidige konteks van die Nederduitse Gereformeerde Kerk bied 'n warboel van uitdagings. Hierdie uitdagings moet in die vormgewing van die erediens in ag geneem word. Dit blyk dus noodsaak dat sekere veranderings in die erediens aangebring moet word, ten einde die veranderende konteks te verreken. Ten slotte is daar dan beginsel-riglyne aan die hand gedoen vir Skrifgetroue, gereformeerde en tyd-ruimtelik relevante eredienste van die Nederduitse Gereformeerde Kerk. Hierdie riglyne is gesistematiseer as 'n model. Die model bied vyf fokuspunte of lense, wat die vormgewing van 'n erediens bepaal, naamlik • die voor-wetenskaplike vertrekpunt, • die Bybelse teologie van eer-en-diens (heils-historiese perspektief) • die gereformeerde tradisie, • die tyd-ruimtelike konteks (histories-kulturele perspektief) en • spiritualiteits-tipes.
Description
Keywords
Worship, Worship service, Order of worship, Scriptural, Reformed, Time-spatial relevant, Contextual, Cultural relevant, Inculturation, Public worship, Liturgics, Thesis (Ph.D. (Practical Theology))--University of the Free State, 2001
Citation