Publieke pastorale sorg aan persone geïnfekteer met en geaffekteer deur MIV en/of VIGS in die bruin gemeenskap van Oudtshoorn

Loading...
Thumbnail Image
Date
2008-11
Authors
Fourie, Jerry
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: Chapter 1 forms the base of the study in which the whole action plan is provided. The schematic exposition for the research journey expresses a reconnisance route for theory and practice. This journey takes place in the Brown community of Oudtshoorn. Public care as embodiment of interlinked social constructs is being managed by means of the ARV Clinic’s programme. Qualitative research in the form of Participatory Action Research takes into service the narrators’ stories in a participatory way. The narrative study crystallises in the ABCDE formula (Action, Background, Development, Climax, Ending) that strengthens the circular movement between practice and theory. Practical Theology and Pastoral Theology facilitate a meeting between co-researchers and the narrative of Jesus. Chapter two forms part of the background in which epistemological and theological presuppositions are discussed. Social constructionist discourse, as perspective according to which the truth in a postmodern society is understood, interacts with Practical Theology. The paradigm shifts within Practical Theology form part of the background and contributes towards understanding the process of theory formation and praxis within a social context. The aspects that are handled are the confessional approach and the correlative and communicative approach with the emphasis on praxis in the contextual approach. The ecological foundation of Practical Theology, together with postfoundationalism and public theology, form an integral part of the understanding of reality. Practical Theology accepts the challenge, with methodical skill, to facilitate dialogue between the knowledge of spirituality and the world within which it is practiced. Chapter 3 discusses the development of Pastoral Theology and the care models for journeying together. The three base approaches under discussion are the eductive-relational approach, the kerugmatic approach, and the phenomenological approach. The researcher’s anthropology forms part of his epistemology. The dualism and the impact of this on anthropological perspectives are explained. This research is based on the narrative approach. Collecting data, journeying together, and mutual care is done by means of the narrative conversational method. The circular movement between practice and theory is being strengthened with the use of verbatim quotations and reflection on it. The literary study in Chapter 4 forms the climax and enhances the knowledge and information regarding HIV and/or AIDS. The social aspects of the epidemic and its impact on local communities are explained. Poverty is a factor that accelerates the spread of the disease. The role of the church in bringing pastoral care to the community, in co-operation with the ubuntu principle, is essential for pastoral care. The South African National Strategic Plan for 2007 to 2011 is expounded as part of the action steps to bring hop and make a difference. Chapter 5 relates the homecoming of the travellers and writing an alternative narrative. The relationship between pastor and partners is discussed by means of fragments from the expressed lives of co-travellers. The practical part of the research at the ARV Clinic in Oudtshoorn becomes public by creating an audience for it. The end is open to provide space for themes and questions that are able to enrich and develop the research further.
Afrikaans: Hoofstuk 1 vorm die basis vir die studie waarin die hele aksieplan verskaf word. Die skematiese uiteensetting vir die navorsingsreis verwoord ‘n teorie-praktyk verkenningsroete. Hierdie reis vind plaas in die bruin gemeenskap van Oudtshoorn. Publieke sorg as beliggaming van verweefde sosiale konstrukte word aan die hand van die ARV-Kliniek se program bestuur. Kwalitatiewe navorsing in die vorm van Deelnemende Aksienavorsing wil deelnemend die vertellers van verhale as vennote in diens neem. Die verhale-studie kristaliseer in die ABDCE-formule (Action, Background, Development, Climax, Ending) wat die sirkulêre beweging tussen praktyk en teorie versterk. Die Praktiese Teologie en Pastorale Teologie bring ‘n ontmoeting tot stand tussen mede-navorsers en Jesus Christus se narratief tot stand. Hoofstuk 2 vorm deel van die agtergrond waarin die epistemologiese- en teologiese vertrekpunte bespreek word. Sosiale konstruksiediskoers as perspektief waarvolgens waarheid in die postmoderne samelewing verstaan word, kom in interaksie met Praktiese Teologie. Die paradigmaskuiwe in Praktiese Teologie is deel van die agtergrond en dra by om die proses van teorievorming en praxis binne die sosiale konteks te verstaan. Die aspekte wat hanteer word, is die konfessionele benadering en die korrelatiewe en kommunikatiewe benadering met klem op die praxis in die kontekstuele benadering. Praktiese Teologie se ekologiese onderbou, saam met postfoundationalism en publieke teologie, vorm ‘n integrale deel van die verstaan van werklikheid. Die Praktiese Teologie aanvaar die uitdaging om met metodiese kundigheid die kennis van spiritualiteit in gesprek te bring met die wêreld waarin dit beoefen word. Hoofstuk 3 bespreek die ontwikkeling van die Pastorale Teologie en die sorgbenaderings vir die saamreis. Die drie basisbenaderings aan die orde is die eduktief relasionele-benadering, die kerugmatiese benadering en die fenomenologiese benadering. Die navorser se antropologie vorm deel van sy epistemologie. Die dualisme en die impak daarvan op antropologiese perspektiewe word verduidelik. Hierdie navorsing is gebaseer op die narratiewe benadering. Dataversameling, saamreis en onderlinge sorg is gedoen aan die hand van die narratiewe gespreksbenadering. Die sirkulêre beweging tussen praktyk en teorie word versterk met die gebruik van fragmente uit die verbatimaanhalings en refleksie daarop. Die literatuurstudie van Hoofstuk 4 vorm die klimaks en vermeerder kennis en inligting ten opsigte van MIV en/of VIGS. Die sosiale aspekte van die epidemie en die impak daarvan op die plaaslike gemeenskappe word verduidelik. Armoede is ‘n aspek wat die oordrag van die siekte versnel. Die rol van die kerk om pastorale versorging na die gemeenskap te bring, in samewerking met die ubuntu-beginsel is essensieel vir pastorale sorg. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Strategiese Plan vir 2007-2011 word weergegee as deel van die aksiestappe om hoop te bring en ‘n verskil te maak. Hoofstuk 5 verhaal die tuiskoms van die reisigers en die skryf van ‘n alternatiewe verhaal. Die verhouding tussen pastor en vennote word aan die hand van fragmente uit die verwoorde lewens van die medereisigers beskryf. Die praktiese deel van die navorsing wat by die ARV-Kliniek op Oudtshoorn geskied het, word publiek met die skep van ‘n gehoor. Die einde is oop om ruimte te bied vir temas en vrae wat die navorsing verder kan verryk en ontwikkel.
Description
Keywords
Thesis (Ph.D. (Practical Theology))--University of the Free State, Pastoral counseling, AIDS (Disease) -- Patients -- Pastoral counseling of -- South Africa -- Oudtshoorn, Church work with the sick -- South Africa -- Oudtshoorn, Social construction, Participatory action research, Practical theology, Pastoral theology, Postmodern, Narrative research, Hermeneutic, HIV/AIDS, Epistemology, Contextual relations, Anthropology, ABDCE
Citation