Die verband tussen persepsie van ondersteuningsnetwerke en psigologiese weerbaarheid by kinders in hul laat middelkinderjare uit enkelouergesinne

Loading...
Thumbnail Image
Date
2000-11
Authors
Venter, Miemie Elizabeth
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: Due to South Africa's history, a South African child must adjust to a variety of experiences that confront them. A large number of children are exposed to family break ups and divorce, which results in single parent families. Some children will develop stable and healthy personalities while other children will not. The quality that enables a child to cope with these circumstances, is called resilience. In this study the concept of resilience will be discussed under the concept of psychofortology, which is the opposite of psychopathology. Resilience can be defined as the result of a dynamic, interactional process between the individual, with their own strengths and interpersonal and social competence, and the individual's perception of their own support system. Resilience manifests in the individual who remains psychologically healthy in the midst of a stressful or traumatic life experience. The question that must be asked is, ho do children manage to stay psychologically healthy in the current situation in South Africa. The situation in South Africa is characterized by an increase in poverty, unemployment, Aids, disintegration of the education system and the break down of the family system. In this study, the changing circumstances that occur in families with single parents are discussed as risk factors. Changes that occur in single parent families are: financial implications, changed parenting styles, limited support systems and the loss of an established support network. The aim of the research was to determine the relationship between perception of support networks and the other constructs of resilience in children from single parent families. The perception of support networks was used as a variable because limited support networks seem to be a stressor in single parent families. This research forms the foundation for future research on resilience in children in the South African context. The sample group consisted of children who were radomly selected out of five provinces of South Africa. A correlational design was used to determine the relationship between the perception of support networks and resilience scores. There was no available test to measure resilience, so the tests that were used was: Personality for Children, which measured the following constructs: outonomy, temperament, self-confidence, ego strength, impulse control, morality, empathy; Nowicki-Strickland Locus-of-Control Scale for Children measuring the internal locus of control of the child; Torrance Test of Creative Thinking measuring creativity; Piers-Harris Children's Self-Concept Scale measuring self esteem and the Survey of Children's Social Support measuring children's perception of social networks. The parents completed the Child Symptom Inventory- 4/Parent Checklist, to indicate behaviour obe served as by them as parents. ,I V r A analysis of the research results show no relationship between perception of support networks and the other constructs of resilience. There is negative relationship between self-esteem and the child's perception of their support networks. The results of this study does not correlate with the findings in the literature. It is evident that there is still uncertainty about the concept and measurement of resilience in children in South Africa. The conclusion that can be made is that more research and information should be gathered in South Africa on the resilience of children in the South African context. This research has laid the foundation for further exploration about the constructs of resilience in the South African child.
Afrikaans: Met die historiese ontwikkeling van Suid-Afrika word die Suid-Afrikaanse kind bloot gestel aan 'n verskeidenheid van ervarings wat van die kind vereis om aan te pas. Groot getalle kinders word blootgestel aan 'n hoë' 'voorkoms van gesinsverbrokkeling en word groot in enkelouergesinne. Dit blyk dat sommige kinders, ten spyte van stresvolle gebeure in die gesin, 'n stabiele en gesonde persoonlikheid ontwikkel terwyl dit vir ander kinders nie moontlik is nie. Die kerneienskap wat maak dat kinders die omstandighede kan hanteer is psigologiese weerbaarheid. Psigologiese weerbaarheid word onder die sambreelterm van psigofortologie gekonseptualiseer, psigofortologie is die teenpool van psigopatalogie. Psigologiese weerbaarheid is word gedefinieer as die resultaat van 'n dinamiese, interaksionele proses tussen die belewing van eksterne ondersteuning, innerlike, persoonlike sterktes en interpersoonlike en sosiale bevoegdheid. Psigologiese weerbaarheid manifesteer deurdat die individu ten spyte van blootstelling aan stresvolle en/of traumatiese lewensgebeure steeds psigologies gesond funksioneer. In die huidige konteks van die Suid-Afrikaanse situasie is dit belangrik om te kyk waarom kinders psigologies gesond bly te midde van die stresvolle omstandighede. Die huidige situasie in Suid-Afrika word gekenmerk deur die toename in armoede, werkloosheid, misdaad, vigs en die disentegrasie van die onderwystelsel en die gesinssiteem. In hierdie studie is die veranderde omstandighede wat deur enkelouergesinne veroorsaak word as risikofaktore bespreek. Veranderinge wat in die enkelouergesin veroorsaak word is finansiële implikasies, veranderde ouerskapstyle, verskraalde ondersteuningsnetwerke en die verlies aan 'n gevestigde sisteem. r J Na aanleiding van die bogenoemde uiteensetting was die doel van die navorsing om die verband tussen persepsie van ondersteuningsnetwerke en die ander konstrukte van psigologiese weerbaarheid te bepaal by kinders uit enkelouergesinne. Die persepsie van ondersteuningsnetwerke is gebruik omdat dit blyk dat 'n verskraaIde sosiale netwerk 'n stressor is wat by enkelouergesinne aangetref word. Verder blyk psigologiese weerbaarheid as buffer te dien teen stresvolle gebeure. Hierdie navorsing is die vertrekpunt van navorsing oor die psigologiese weerbaarheid van kinders in die Suid- Afrikaanse konteks. ( r r 'n Ewekansige groep kinders in hullaat-middelkinderjare is uit verskillende provinsies in Suid-Afrika geselekteer. 'n Korrelasionele ontwerp is gebruik om die verbande tussen die persepsie van ondersteuningsnetwerktellings en psigologiese weerbaarheidstellings by kinders uit enkelouergesinne te bereken. Omdat daar nie 'n meetinstrument bestaan vir die meting van psigologiese weerbaarheid nie is die proefpersone geevalueer ten opsigte van die verskillende konstrukte van psigologiese weerbaarheid met die volgende meetinstrumente: Persoonlikheidsvraelys vir Kinders (outonomie, temperament, selfvertroue, egosterkte, impulskontrole, moraliteit, empatie); Nowicki-Strickland Locus-of-Control Scale for Children (interne lokus van kontrole); Torrance Test of Creative Thinking (kreatiwiteit); Piers-Hams Children's Self-Concept Scale (selfbeeld) en Survey of Children's Social Support (persepsie van ondersteuningsnetwerke ). Die ouers het die Child Symptom Inventory-4!Parent Checklist voltooi om die kind se gedrag soos deur die ouers waargeneem te rapporteer 'n Ontleding van die navorsingsresultate dui daarop daar geen verband gevind is tussen die persepsie van ondersteuningsnetwerke en die ander konstrukte van psigologiese weerbaarheid nie. Daar is wel 'n negatiewe korrelasie verkry tussen persepsie van ondersteuningsnetwerke en selfbeeld. Die resultate stem nie ooreen met die aannames wat in die literatuur gevind is nie. Dit dui daarop dat daar nog baie onsekerheid bestaan rondom die konsep van psigologiese weerbaarheid en die meting van die konstrukte by kinders in die Suid-Afrikaanse konteks. Na aanleiding van die resultate kan daar tot die gevolgtrekking gekom word dat daar nog baie navorsing en inligting benodig word oor die psigologiese weerbaarheid van kinders in die Suid-Afrikaanse konteks. Hierdie navorsing het die grondslag gelê vir die verder eksplorasie van die eienskappe wat teenwoordig is by kinders in Suid-Afrika wat as psigologies weerbaar beskou word.
Description
Keywords
Divorce, Middle childhood, Protective factors, Psychofortology, Resilience, Risk factors, Single parent families, Stressors, Support networks, Well-being, Resilience (Personality trait) in children, Children -- Social networks, Social interaction, Dissertation (M.Soc.Sc. (Psychology))--University of the Free State, 2000.
Citation