Die Ou-Testamentiese Messiasverwagting in die lig van die profesie van Jesaja

Loading...
Thumbnail Image
Date
1980-01
Authors
Meyer, Frederik
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Uit die Bybel word dit duidelik dat die breë begrip 'Verlosser' reeds baie vroeg by die mens aanwesig was omdat hy altyd blootgestel was aan onderdrukking en onderwerping en dat hy gesmag het om uit hierdie staat te kom. Hierdie gedagte van verlossing uit die vyand se hande word egter onderlê deur TI groter verlossingsdaad, waaraan die mens geen aandeel sou gehad het nie, omdat dit TIverlossing moes wees uit die hand van iemand wat sterker as hy was. Hierdie vyand, Satan, sou die mens nie net liggaamlike ongerief aandoen nie, maar hom ook geestelik knel, waaruit hy ook graag verlos sou wou word (Ps. 6:5), maar waarin hy magteloos was. Hierdie verlossingsdaad kon alleen plaasvind deur TI Persoon groter as die mens en dus TI Goddelike Wese. Dit was dan ook die doel van hierdie studie om in te gaan op die belofte van TIVerlosser, hoe dit die mens bygebly het deur die eeue en wat die mens se siening was van die beloofde Verlosser met sy koms na die aarde. Reeds in Gen. 3:15 sê die HERE Satan die stryd aan en gee Hy die eerste belofte van TIVerlosser wat Satan sou oorwin (kop vermorsel). Hierdie gedagte van verlossing strek soos TI goue draad dwarsdeur die Ou Testament, alhoewel dit nie altyd ewe duidelik in woorde uitgespel is nie (Gen. 49:10; Num. 24:17; Esegiël 17:22-24; Daniël 2:31-41), tot en met die geboorte van Jesus as Messias. In die Openbaringsgeskiedenis word die Messias aan die mens bekendgestel as onder meer TIKoning (wat kom uit die geslag van Dawid), TI priester, TIProfeet en die Seun van God. Dit is beelde wat almal verband gehou het met sy taak as Verlosser. Die profeet Jesaja gee egter TIbaie duidelike beeld van die Messias wat korrespondeer met Jesus Christus se Persoon en optrede. Die profeet beskrywe Hom as mens, maar welook as TIbuitengewone mens wat deur TImaagdelike geboorte die aarde betree het. Sonder groot omhaal van woorde stel Jesaja die Verlosser se taak, sy lyding en sy bo-menslike vermoëns. Hy sou God (Immanuel) (7:14), Raadgewer (40:13), Regeerder (9:6) en Vader van sy volk wees. Waar die aardse konings misluk het, sal Hy hiervoor vergoed as die sagmoedige en regverdige in sy oordele. Hy sou Homself as TIKneg (53:11) oorlewer om deurboor en gedood te word en om daardeur vir die mens redding te bring. Hierdie profesie van Jesaja is dan ook, soos reeds genoem, vervul met die koms van Jesus Christus na die aarde, toe Hy uit die geslag van Dawid (Luk. 1:31), uit TImaagd gebore is. In sy optrede was Hy die mens se Raadgewer (Ef. 1:11), Sterke God (Luk. 1:49) en Ewige Vader (Joh. 10:38). Uit hierdie optrede van Jesus blyk dit dan ook verder dat Jesaja korrek was in sy profesieë aangaande Jesus as die Regverdige (Rom. 3:25, 26), die Getroue (1 Joh. 5:20), die Nederige (Matt. 11:29), wat Homself verloën het (1 Pet. 2:22-25). Sy prediking was ook in ooreenstemming met die profeet se profesieë omdat Hy heil aan die nasies gebring het (Matt. 12:21) en dat hierdie prediking wonders verrig het (Joh. 2:11). Dit alles kon geskied omdat die Messias gesalf is met die Heilige Gees (Matt. 3:16). Omdat die mens se lewe aangetas is deur Satan, kon hy hierdie gedagte van TIVerlosser nie altyd korrek verwerk nie. Hulle het TIVerlosser gesoek wat hulle kon verlos van aardse vyande. Dit was moontlik die gevolg van die profesieë waarin die Messias voorgestel is as TIKoning uit die geslag van Dawid. Dawid was TIkrygsman, dus moes hierdie Messias ook strydende Messias wees. Die volk het dus vir hulle messiasse geskep wat aangepas het by die behoefte van die tyd en kon of wou hulle nie die ware Messias raaksien toe Hy verskyn nie.
Description
Keywords
Bible, Isaiah -- Commentaries, Bible, Isaiah, Isaiah -- Biblical prophet, Dissertation (M.A. (Bible Studies))--University of the Free State, 1980
Citation