Leierskap by hoërskool-leerlinge: 'n longitudinale ondersoek
Loading...
Date
1999-11
Authors
Van der Merwe, Johanna Joubert
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Dit blyk uit die literatuur dat onvoldoende inligting beskikbaar is rakende die adolessent en
leierskap, veral binne die Suid-Afrikaanse konteks. Toekomsgerigte leierskap vereis die
doeltreffende deelname van alle samelewingslede op die spesifieke vlak waarop en binne die
sosiale milieu waarin elke individu beweeg (Pretorius, 1995). Dit volg logies dat die jeug
hierby ingesluit is leiers, sowel as nie-leiers.
Die ontwikkeling en slyping van persoonlike potensiaal, begin reeds in die opvoedingsproses
van die kind, om hom voor te berei vir 'n snel-veranderende omgewing. Hierdie inslag
behoort 'n prioriteit te wees vir alle rolspelers wat gemoeid is met die opvoedingsproses van
die kind en jeug (Toffier, 1979). Slegs dan sal die kind sy volle potensiaal verwesenlik,
sodat hy sy regmatige plek in die samelewing kan inneem. Die opvoedkundige instansies,
met inbegrip van die skool, het hier 'n belangrike rol te speel, as in ag geneem word dat die
skool. 'n groot behoefte vervul ten opsigte van leierskapontwikkeling van die jeug op
verskillende terreine, Navorsingsinligting skiet egter tekort rakende die identifisering van
leerlinge met leierspotensiaal, sowel as die eienskappe wat leiers van nie-leiers onderskei.
Die veranderlikes wat as moontlike voorspellers sou kon dien vir vroeë identifisering van
leierpotensiaal, is ook nie bekend nie. Om momentum te verleen aan die navorsingsproses,
het die Departement van Onderwys van die Vrystaat 'n omvattende ondersoek van stapel
gestuur, waarvan hierdie longitudinale ondersoek 'n deel uitmaak.
Dit blyk uit die navorsingsliteratuur dat leierskap geassosieer word met die
persoonlikheidsfunksionering in totaliteit. Die doelwitte van die studie sou soos volg
uitgestippel kon word:
• om 'n literatuuroorsig rakende leierskap te bied volgens die verskillende teoretiese
uitgangspunte.
• om 'n begrip te verkry van die verband tussen leierskap by die adolessent en die volgende
faktore: intellektuele funksionering, persoonlikheidsfunksionering, sosiale
verhoudingsvaardigheid en verskeie biografiese faktore.
• die identifisering van veranderlikes met betrekking tot bogenoemde faktore wat verband
hou met leierskap by die matriekleerling ten opsigte van verskillende leierskapsgebiede,
naamlik akademies, sosiaallkultureel en sport.
Deur die beginsels van Cattell se trekbenadering en die ontwikkelingsielkunde te kombineer,
is 'n tweeledige ondersoek gedoen aan die hand van die ingesamelde gegewens. Eerstens is
gepoog om te bepaal of matrikulante wat as leiers na vore tree op die verskillende
leierskapsgebiede (akademies, sosiaal/kultureel, sport) onderling van mekaar verskil, sowel
as van hul nie-leier eweknieë met betrekking tot persoonlikheidstrekke, interpersoonlike
verhoudinge, intelligensie en verskeie biografiese faktore. Tweedens is 'n vergelyking getref
tussen die matrikulante leiers en nie-leiers aan die hand van hul psigometriese gegewens om
moontlike konstrukte te identifiseer wat as voorspellers sou kon optree vir die vroeë
identifisering van potensiële leiers. Sodoende sou toepaslike leieropleiding vroegtydig begin
kon word. Die Hoërskoolpersoonlikheidsvraelys, die Interpersoonlike Verhoudingsvraelys,
die Nuwe Suid-Afrikaanse Groeptoets en 'n biografiese vraelys is as meetinstrumente gebruik
om data te bekom.
Wat die navorsingsontwerp van die projek aanbetref, is die kriteriumgroepontwerp as
toepaslike ex post facto-navorsingsontwerp gebruik. Leierskap, as kwalitatiewe klassifikasie
faktor, is die onafhanklike veranderlike. Die kategorieë van die onafhanklike veranderlike,
wat die onderskeie vlakke vorm waarvolgens die proefpersone in groepe ingedeel is, is die
volgende:akademiese leiers, sosiale leiers, sportleiers en geen leiers. Ooreenkomstig die
vereistes van 'n kriteriumontwerp, kon proefpersone slegs aan 'n enkele vlak van die
onafhanklike veranderlike behoort. Matriekleerlinge wat dus aan net een leiergroep behoort
het, deur slegs 'n akademiese, sosiale, sport of geen leierposisie te beklee, is in die
ondersoek betrek.
Die afhanklike veranderlikes in hierdie ondersoek, is persoonlikheid, interpersoonlike
verhoudinge, intellektuele vermoë, asook biografiese veranderlikes. Ten opsigte van drie
afhanklike veranderlikes, te wete persoonlikheid, interpersoonlike verhoudinge en
intellektuele vermoë, is meetinstrumente gebruik wat gestandaardiseer is vir die populasie
wat in die navorsingshipoteses figureer, naamlik adolessente hoërskoolleerlinge. Hierdie
gegewens is ingesamel tydens leerlinge se Graad 9 (Standerd 7) akademiese jaar. Die
biografiese veranderlikes is met behulp van 'n Biografiese Vraelys (Bylae C) bepaal, wat
leerlinge tydens hul matriekjaar voltooi het.
Die steekproef het uit 605 proefpersone bestaan, wat die Zastron buitelugskool in 1986
bygewoon het. Hiervan was 313 seuns en 292 dogters. Skole waaraan die proefpersone
behoort het, is ewekansig deur die Onderwysdepartement geselekteer, sodat stedelike,
semi-stedelike en plattelandse skole se leerlinge verteenwoordig is in die steekproef Ter
wille van verhoogde homogeniteit van die groepe en dus verhoogde interne geldigheid, is
proefpersone volgens geslag verdeel, sodat die onderskeie leier- en nie-leiergroepe met lede
van dieselfde geslag vergelyk is.
In aansluiting by die doelwitte van die studie, is dit duidelik dat bierdie studie twee primêre
aspekte wil ondersoek, naamlik eerstens of daar verskille voorkom ten opsigte van
persoonlikheidsfunksionering, interpersoonlike verhoudinge, intellektuele vermoëns en
biografiese besonderhede by matrikulante wat wel 'n leiersposisie het, teenoor diegene wat
geen leiersposisie beklee nie. Dit is egter bier ook belangrik om vas te stelof daar vir die
verskillende leiers (akademies, sosiaal, sport) verskille voorkom ten opsigte van die
genoemde afhanklike veranderlikes. Persoonlikheid, interpersoonlike verhoudings en
intelligensie is op intervalvlak gemeet en is 'n eenrigting meerveranderlike variansieontleding
(MANOVA) as statistiese tegniek gebruik. Beduidende resultate is met
eenveranderlike variansie-ontledings opgevolg. Die Scheffê-prosedure is benut om te bepaal
watter van die subgroepe/leiersgroepe se gemiddelde tellings op die afhanklike veranderlikes
statisties beduidend verskil. Ten opsigte van die biografiese veranderlikes (uitgesluit
akademiese prestasie) wat op nominale vlak gemeet is, is die chi-kwadraattoets vir
homogeniteit gebruik. Wat akademiese prestasie aanbetref, is die metingsvlak op
intervalskaal en is 'n eenrigting variansie-ontleding (ANOVA),gedoen. Om te bepaal of die
psigometriese besonderhede (persoonlikheid, interpersoonlike verhoudinge en intellektuele
vermoë) wat in standerd sewe afgeneem is, wel tussen die proefpersone as matrikulante
leiers en nie-leiers kan diskrimineer, is 'n stapsgewyse diskriminantanalise gedoen. Wilks se
Lambda-koëffisiënt is opeenvolgend bereken.
Daar is in die resultate deur die ondersoekgegewens aangetoon dat daar eerstens beduidende
verskille bestaan rakende persoonlikheid, interpersoonlike verhoudings en intelligensie vir
matrikulante dogters wat leiersposisies beklee het en die wat geen leiers is nie, asook tussen
die leiers onderling (akademiese, sosiale en sportleiers). Tweedens is bevind dat daar
beduidende verskille bestaan rakende verskeie biografiese besonderhede tussen die leiers en
nie-leiers, asook tussen leiertipes onderling (akademiese, sosiale en sportleiers) vir seuns en
dogters in matriek. Laastens kan daar tot die slotsom gekom word dat daar redelik suksesvol
tussen matrikulante seuns en dogters wat leiers is en die wat nie leiers is nie, onderskei kan
word op grond van spesifieke aspekte rakende hul persoonlikheid, interpersoonlike
verhoudings en intellektuele vermoë.
Die gebruik van die HSPV, IVV en NSAG sou gebruik kan word om leerlinge met
leierspotensiaal reeds vroeg in adolessensie te onderskei van die nie-leiers, sodat toepaslike
ontwikkelingsprogramme vir leiers en volgelinge aangebied kan word.
Description
Keywords
Leadership, High school students -- Longitudinal studies, Dissertation (M.A. (Psychology))--University of the Free State, 1999