'n Vakdidaktiese ondersoek na fisiologie as deel van voorgraadse geneeskundige opleiding, toegespits op doelformulering vir 'n kursusontwerp in fisiologie

Loading...
Thumbnail Image
Date
1984-12
Authors
Van der Spuy, Hendrik Jacobus
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die onderwys van fisiologie, as 'n basiese mediese wetenskap, word by die meerderheid geneeskunde-fakulteite hier ter lande en elders in die wêreld as deel van die eerste jare van voorgraadse geneeskundige opleiding beskou. Die oogmerk met dié vakdidaktiese ondersoek is om deur kursusontwerp, toegespits hoofsaaklik op die element van doelformulering, te verseker dat die eerste of prekliniese jare sinvol by die kliniese gedeelte van die opleidingsprogram aansluit. Fisiologie-kursusse neem meer as een ontwerp aan, en soorte onderwyssisteme is derhalwe gekategoriseer en ontleed. Hieruit is veral drie grondliggende vakkurrikulêre benaderinge na vore gebring, gebaseer op kontemporêre tendense in voorgraadse mediese kurrikulering. Die aard en volgorde van strategiese stappe in die ontwikkeling van riglyne vir doelformulering moet opnuut vir elke kursus in die kurrikulum beplan word, en wel op die basis van gegewens wat die kursusontwerper wil gebruik. Rigtende onderwysdoelstellings vir 'n kursusontwerp in fisiologie is gevolglik ontwikkel deur agtereenvolgens te fokus op die voorgraadse komponent van geneeskundige opleiding, die prekliniese fase van die tradisionele dissipline-gesentreerde ontwerp, en die vroeë fases van die geïntegreerde ontwerp. Hieruit kon besondere onderwysdoelstellings vir meer as een soort fisiologie-kursus afgelei word, met inagneming van vakbesonderhede en leerinhoudstruktuur. 'n Tweevlakkursus, 'n probleem-gerigte kursus, horisontale integrering, en vertikale koordinering is as die belangrikste kursusvorme aangedui waarmee die formulering van besondere kursusdoelstellings rekening moet hou. Deurgaans is gevind dat reduksie in die hoeveelheid leerinhoud noodsaaklik is, veral met pasiënt-gerigte probleemoplossing as die kriterium vir relevante kursusontwerp. Ten slotte word In klinies-verwante fisiologie-kursus as die mees geskikte ontwerp aanbeveel, met In vertikale strategie tussen vroeë fundamentele (basiese) fisiologie en latere klinies-toepaslike fisiologie. Die vroeë basiese en orgaansisteem-gestruktureerde fisiologie moet dan as In kernkursus hanteer word, met die klinies-toepaslike sisteem-fisiologie of as deel van die kliniese onderwysprogram of geïnkorporeer in In tweevlak-kursusontwerp.
Description
Keywords
Physiology, Didactics, Thesis (D.Ed. (Didactics))--University of the Free State, 1984
Citation