Aanspreeklikheid van geneeshere op grond van nalatige wanpraktyk

Loading...
Thumbnail Image
Date
1990-11
Authors
Claassen, Nicolaas Johannes Brand
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Daar is gedurende die afgelope paar dekades geweldige voorvooruitgang hou egter nie net voordele in vir pasiënte nie, dit plaas ook bykomende verantwoordelikhede op die mediese professie. Die moderne gemeenskap stel veel hoër verwagtinge aan geneeshere as vroeër en 'n onrusbarende toename in siviele gedingvoering teen medici is dan ook inderdaad wêreldwyd te bespeur. Hierdie verskynsel kan nie aan die hand van 'n enkele faktor verklaar word nie, maar is eerder te wyte aan 'n aantal uiteenlopende redes. Veral in 'n land soos die Verenigde State van Amerika het die toename in eise teen geneeshere krisisafmetings begin aanneem, wat 'n geweldige spanning geplaas het op die bestaande reg- en versekeringstelsels. Op kort kennisgewing moes daar na alternatiewe metodes gesoek word om die probleem te help oplos. Skuld is 'n onontbeerlike vereiste vir sowel die strafregtelike as deliktuele aanspreeklikheid van 'n geneesheer. Daar word in ons reg 'onderskei tussen twee "skuldvorme", naamlik opset en nalatigheid. Ten einde vas te stelof nalatigheid aanwesig is, word van 'n objektiewe redelike man-toets gebruik gemaak. Hierdie tradisionele standaard word verhoog tot die standaard van die "redelike deskundige" wanneer getoets word of 'n geneesheer nalatig opgetree het. 'n Geneesheer moet tydens die behandeling van sy pasiënt redelike sorg en vaardigheid aan die dag lê. Wanpraktyk kom neer op behandelin9 wat verleen is sonder die behoorlike sorg, vaardigheid en bevoegdheid wat van die mediese professie verwag word. Wanpraktyk kan omskryf word as 'n vorm van nalatigheid wat op professionele persone van toepassing is. Alvorens 'n pasient aan behandeling onderwerp word , hetsy van terapeutiese of diagnostiese aard, moet sy toestemming daartoe verkry word. Toestemming sal alleenlik geldig wees indien daar voldoen word aan 'n verskeidenheid vereistes wat van regsweë gestel word. 'n Geneesheer wat 'n pasiënt behandel sonder dat laasgenoemde daartoe toegestem het, kan strafregtelik op 'n aanklag van aanranding vervolg word. In die VSA is daar onlangs met 'n nuwe gedingoorsaak teen geneeshere vorendag gekom wat gebaseer is op die geneeskunde se voorgeboortelike diagnostiese vermoëns, naamlik die sogenaamde "wrongful life"-aksie. Hierdie eis word deur 'n gestremde kind teen 'n geneesheer of ander genetiese raadgewer ingestel en het tot inhoud dat die verweerder op ~ nalatige wyse versuim het om die genetiese defek wat die kind se gebrek veroorsaak het, voor sy geboorte te diagnoseer en as gevolg daarvan is sy ouers die geleentheid ontneem om sy geboorte te voorkom. 'n Aantal verwere is tot beskikking van die geneesheer indien hy vir nalatige wanpraktyk aangespreek word, byvoorbeeld toestemming tot benadeling en verjaring. Na die beslissing in Mtetwa v Minister of Health1 wil dit voorkom of 'n hospitaalowerheid middellik aanspreeklik gehou kan word vir die nalatige handelinge van sy werknemers wat in die uitvoering van hul administratiewe sowel as professionele pligte uitgevoer is. Hoewel die verhouding tussen geneesheer en pasiënt tradisioneel as kontraktueel beskryf word, maak 'n geneesheer wat sy pasiënt deur nalatige behandeling benadeel hom skuldig aan kontrakbreuk of delik. Die pasiënt het in so 'n geval 'n eis om skadevergoeding op grond van of kontrakbreuk of delik: hy het die keuse van 'n aksie. Die benadeelde kan die twee eise ook as alternatiewe instel. Daar bestaan tans geen gevaar dat Suid-Afrika 'n "wanpraktykkrisis" sal beleef soos wat in die VSA voorgekom het nie. Ons reg in soverre dit geneeskundige aanspreeklikheid aangaan, kan as gebalanseerd beskryf word. Gesien in die lig van die probleme wat deur benadeelde pasiënte ondervind word om die nalatigheid van geneeshere in 'n geding te bewys, kan met vrug gekyk word na lande soos Swede en Nieu-Seeland se stelsels van buitegeregtelike pasiënte-vergoeding waarin skuld geen rol speel nie.
Description
Keywords
Physicians -- Malpractice, Physicians' liability insurance, Dissertation (LL.M. (Criminal Law))--University of the Free State, 1990
Citation