Show simple item record

dc.contributor.advisorBarnard, H. C.
dc.contributor.authorSchoombie, Elsie Maria Susanna Petronella
dc.date.accessioned2018-03-19T08:50:09Z
dc.date.available2018-03-19T08:50:09Z
dc.date.issued1983-01
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/8050
dc.description.abstractAfrikaans: In hierdie studie is daarin geslaag om 'n gestandaardiseerde metode vir die bepaling van AST aktiwiteit op 'n outomatiese analiseerder (Gilford 3500 sisteem) te ontwikkel. 'n Preïnkubasietyd van minstens 10 minute is nodig om die totale AST aktiwiteit in normale plasma te bepaal. 'n Aanvanklike inhibisie van plasma AST aktiwiteit is waargeneem na die in vitro byvoeging van PLP. Hierdie inhibisie kon nie opgehef word deur die PLP konsentrasie of die preïnkubasie-temperatuur te verhoog nie. In teenstelling met normale plasma is 'n preïnkubasietyd van net 2 1/2 minute nodig vir die volle aktivering van die eritrosiet AST aktiwiteit. Die totale aktivering van die AST apoensiem in die plasma van hart en lewerpasiënte vind , soos in die gevalvan eritrosi et AST, ook binne 2i minute plaas. Daar is dus 'n verskil in aktivering van die apoensiem in normale plasma en in die plasma van sekere siek persone. Daar is aangetoon dat piridoksien, wat deur die volwasse eritrosiet opgeneem word en na die aktiewe derivaat, naamlik piridoksaalfosfaat, omgeskakel word, nie beskikbaar is vir die aktivering van die onaktiewe AST in die volwasse eritrosiet nie. Die spesifieke rede hiervoor is nog onbekend en word verder ondersoek. Verskeie Vitamien 86 derivate het egter wel die verlies van ensiem uit die eritrosiete, tot 'n mate beperk. 'n Toename in beide basale sowel as totale AST aktiwiteit is in die eritrosiete na In addisionele daaglikse vitamien B6 innamme oor 'n tydperk van vier weke waargeneem. Die ensiem in die plasma sowel as in die hemolisaatbereidings was tot 'n groter mate versadig met PLP na die addisionele vitamien B6 inname, hoewel die totale AST aktiwiteit in die plasma nie toegeneem het nie. Hieruit blyk dit dat die 'CAS' beginsel vir die bepaling van 'n vitamien status van die liggaam, nie suksesvol in die geval van vitamien B6 toegepas kan word nie.af
dc.language.isoafaf
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectVitamin B6en_ZA
dc.subjectErythrocytesen_ZA
dc.subjectVitamin B6 -- Metabolismen_ZA
dc.subjectDissertation (M.Med.Sc. (Chemical Pathology))--University of the Free State, 1983en_ZA
dc.titleVitamien B6 metabolisme in die eritrosiet met aspartaataminotransferase as biologiese merkeraf
dc.typeDissertationen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record