A comparative study on users’ responses to graphics, text and language in a word processor interface

Loading...
Thumbnail Image
Date
2006
Authors
Beelders, René Tanya
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: The word processor or some form of editor-based application has become an integral tool for the many people who rely on computers on a daily basis. As such it has a wide and varied user base and must cater for a very diverse user group. Due to the heavy reliance on the word processor it is essential that it delivers pleasurable and efficient interaction to its users. Since its inception, the word processor has displayed the ability to evolve to continually exploit the increasing capabilities of technology. This study focused on furthering the improvement of the word processor usability for a subset of South African word processor users. Specifically, it concentrated on the impact of graphics, text and language on the usability of a word processor. Graphics were incorporated into the interface by means of inclusion of the icons currently found in the Microsoft Office package, which have been accepted as the industry standard, and the development of an alternative set of icons whose usability could be compared to that of the standard icons. Text was included in the interfaces in the form of menus and tooltips as well as text buttons which replaced the afore-mentioned pictorial icons and contained no graphical depiction of the associated function. The impact of language on the usability of a word processor was viewed strictly in terms of bilingual users and was achieved through translation of the text buttons, menus and tooltips into the predominant languages of the area. Comparative user testing was conducted through implementation of a scaled-down word processor application which could accommodate interchangeable interfaces and easy administration of preset tasks. Representative users were then required to complete a series of tasks on their respective pre-assigned interface, which conformed to one of the following general interface configurations: a. An interface using either set of pictorial icons and excluding both menus and tooltips, thus containing no language component. b. An interface in their first language, achieved through use of the text buttons, menus and/or tooltips. c. An English interface, where English was not their first language. A set of usability measures was identified which allowed for the effectiveness, efficiency and satisfaction of the users to be compared between the different user interface configurations. These measurements were: a. the score achieved for the test, based on a built-in difficulty index assigned to each task; b. the satisfaction experienced during interaction with the application; and c. for each task, the: i.time, ii.number of actions, iii.number of errors and iv.ratio of correct and incorrect answers Analysis of the user testing found that no particular interface configuration exhibited increased efficiency, effectiveness, learnability or satisfaction and that users were able to adapt to a changed interface with ease once they had become accustomed to the word processor environment. Therefore, the final finding of the study was that provision of an interface in a bilingual user’s first language neither significantly contributed nor detracted from the application’s usability. Similarly, neither of the pictorial icon sets nor the text buttons exhibited a significantly heightened level of usability. Therefore, none of the interface configurations could be recommended as the most usable. However, a number of recommendations concerning the usability of a word processor were proposed based on both the analysis of the tasks and observation of user interaction. Finally, based on user performance for each individual task, an icon was identified which appeared to be the best and most applicable for that function. The final recommended interface, the usability of which must still be empirically established, consisted of a combination of standard icons, alternative icons and text buttons.
Afrikaans: Die woordverwerker of enige soortgelyke program het ’n integrale stuk gereedskap geword in die lewe van baie mense wat rekenaars op ’n daaglikse basis gebruik. As sulks word dit deur ʼn uiteenlopende en diverse groep gebruikers gebruik. Gevolglik is dit noodsaaklik dat die woordverwerker genotvolle en effektiewe interaksie aan gebruikers bied. Oor die jare het die woordverwerker die vermoë getoon om die groeiende tegnologiese vooruitgang tot voordeel te gebruik. Hierdie studie het op die verbetering van die bruikbaarheid van die woordverwerker vir ʼn gedeelte van Suid-Afrikaanse woordverwerker-gebruikers gefokus. Sodoende het dit spesifiek op die impak wat grafika, teks en taal op die bruikbaarheid van woordverwerkers het, gekonsentreer. Grafiese elemente is in die vorm van ikone in die koppelvlak ingesluit. Die ikone, soos dit tans in die Microsoft Office pakket gevind word, is ingesluit in die studie as gevolg van hulle aanvaarding as die standaard ikone vir gebruik in die industrie. ʼn Alternatiewe stel ikone is deur middel van vraelyste en aanvaarde riglyne ontwerp. Die bruikbaarheid van die alternatiewe ikone kon dan met dié van die standaard ikone vergelyk word. Teks is in die vorm van keuselyste en wenke (tooltips) in die koppelvlak ingesluit, sowel as knoppies wat die funksienaam, in plaas van ʼn grafiese afbeelding van die funksie vertoon. Die impak van taal op die bruikbaarheid van ʼn woordverwerker is streng ten opsigte van tweetalige gebruikers bestudeer en is bereik deur die teksknoppies, keuselyste en wenke in die mees algemene tale van die area te vertaal. Vergelykende gebruikerstoetse is deur middel van die implementasie van ʼn afgeskaalde woordverwerkingsprogram gedoen. Die program kon die wisseling van koppelvlakke sowel as die maklike aflê van voorgeskrewe take hanteer. Verteenwoordigende gebruikers het die take op een van die volgende algemene koppelvlakke voltooi: a. ʼn Koppelvlak wat een van die twee stelle van prentjie-ikone gebruik en geen keuselyste of wenke gebruik nie. b. ʼn Koppelvlak wat in hul moedertaal verskaf word deur gebruik te maak van die teksknoppies, keuselyste en/of die wenke. c. ʼn Engelse koppelvlak, waar Engels nie die moedertaal van die gebruiker is nie. ʼn Stel bruikbaarheidsmetings is geïdentifiseer waardeur die effektiwiteit, produktiwiteit en tevredenheid van die gebruikers van die verskillende koppelvlakkonfigurasies vergelyk kon word. Hierdie metings was: a. die punt vir die toets, gebaseer op ʼn ingeboude moeilikheidsgraad wat aan elke taak toegeken is; b. die tevredenheid ondervind tydens interaksie met die woordverwerker; en c. vir elke taak: i.tyd, ii.aantal aksies, iii.aantal foute en iv.die verhouding tussen die aantal korrekte en verkeerde antwoorde. Ontleding van die gebruikerstoetse het getoon dat nie een van die koppelvlakkonfigurasies groter effektiwiteit, produktiwiteit, leerbaarheid of tevredenheid verleen nie. Gebruikers kon ook maklik by ʼn veranderde koppelvlak aanpas indien hulle alreeds aan ʼn woordverwerkingsprogram gewoond was. Dus, die finale bevinding van die studie is dat die vertaling van die koppelvlak na die moedertaal van ʼn tweetalige gebruiker nie ʼn positiewe of ʼn negatiewe uitwerking op die bruikbaarheid van ʼn woordverwerker het nie. Net so, het nie een van die ikoonstelle beter bruikbaarheid tot gevolg gehad nie en sodoende kon nie een van die koppelvlakke as die mees bruikbare koppelvlak vir ʼn woordverwerker aanbeveel word nie. Sekere aanbevelings, gebaseer op beide die ontleding van die take en die waarneming van die gebruikers-interaksie met die woordverwerker is egter oor die bruikbaarheid van ʼn woordverwerker voorgestel. Laastens, gebaseer op die ontleding van die gebruikers se werkverrigting vir elke taak, is die beste en mees aanvaarbare ikoon vir elke funksie geïdentifiseer. Die bruikbaarheid van die finale aanbevole koppelvlak, bestaande uit ʼn kombinasie van standaard ikone, alternatiewe ikone en teksknoppies, moet nog empiries getoets word.
Description
Keywords
Human-computer interaction, User interfaces (Computer systems), Icons, Text, Bilingualism, Word processor, Usability, Dissertation (M.Sc. (Computer Science and Informatics))--University of the Free State, 2006
Citation