Die staatsfilosofiese grondslae van politieke medeseggenskap in die regstaat

Loading...
Thumbnail Image
Date
1977-11
Authors
Joubert, Peter Schalk
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Die studie is toegespits op die politieke vryheidsbegrip; die soeke in die staatsfilosofie na normatief verantwoorde grondslae vir 'n harmonieuse verhouding tussen owerheidsgesag en onderdaanvryheid in die staatsverband. Politieke vryheid impliseer inspraak van die onderdaan by -sy owerheid; sinvolle politieke medeseggenskap. Dit beteken dat aan die burgery die geleenthei d gebied word om met medeverantwoordelikheid aktief, rigtinggewend en medebepalend aan die politieke proses deel te neem. Hierdie staatkundige, burgerlike bevoegdheid kan slegs sinvol wees indien dit juridies gewaarborg en gehandhaaf word in 'n regstaat, waarin owerheidsmagte en -gesag juridies begrens is ten opsigte van die burgery se burgervryhede. Dié standpuntinname is gefundeer op die Christelike staatsfilosofie. Daarvolgens word die unieke individualiteitstruktuur van die staat, as regsverband, en politieke medeseggenskap as onderdaanplig, in gelowige gehoorsaamheid aan die norme van die wet van God, erken. Dit staan in skerp teenstelling tot dié staatsbeskouings, waarvolgens die menslike wil en rede verabsoluteer wad, en politieke vryheid as 'n Inherente burgerlikegesagsreg in en oor die staat beskou word. Oorsigtelik word aangetoon dat daar, weens die innerlike, religieuse dialektiek van hul vorm/materie-motief, in die antiekheidense staatsfilosofie van die Grieke en die Romeine nie 'n regstaat tot stand kom nie. Die Christelike religie besorg aan die mens die grondmotief van skepping, sondeval en verlossing in Christus. Christelike vryheid beteken derhalwe die blymoedige gehoorsaamheid van die vrygekoopte. Omdat die finale oppergesag, ook oor die staat, steeds by God geleë is, sou owerhede daarna ook nie meer eiemagtig op In reg tot absolute owerheidsgesag aanspraak kon maak nie. In die prinsipiële skeiding wat daar tussen die onderskeie gesagsterreine van staat en kerk deur Augustinus getref word, word die begrip van soewereiniteit in eie kring van die menslike samelewingsvorme in beginsel aangedui; die enigste grondslag vir normati ef begrensde owerhe idsgesag. Die middeleeue lewer die sintese tussen die antiek-heidense gedagtegoed en dié van die Christelike, waarvolgens Aquinas sy religieus-dialektiese natuur/genade-motief poneer. Die staat word beskou as In veelomvattende lewensorganisme en aan die oppergesag van die kerk ondergeskik gestel. Dit bied geen grondslag vir In regstaat nie. Hierdie tydperk levier ook die opkoms van die moderne humanistiese staatsbeskouing, waarvolgens Marsilius van Padua die·begripppe volksverteenwoordiging en volksoewereiniteit aanvoor. Tydens die Hervorming word deur Luther en Calvyn die riglyne neergelê waarop In Protestants-Christelike staatsfilosofie sou verrys. Dit dui opnuut op die enkelvoudige Christelik-religieuse grondmotief, waardeur die waardigheid van die menslike persoonlikheid, as beelddraer van God, in ere herstel word, Calvyn beklemtoon die beginsel dat owerheidsgesag Goddelik verleende gesag is, dat eerbied die owerheidsamp toekom, en dat sowel owerheidstaak as onderdaanplig In dure verantwoording van die Christelike norme beteken. Daarna word die wysbegeerte deur die humanistiese vryheidsen wetenskapsideaal oorheers. Locke, de Montesquieu en Rousseau bou die humanisties-liberalistiese regstaatsgedagte - met die numeriese meerderheidsbeginsel, volksoewereiniteit en die gelykheidspostulaat as tiperend daarvan - in besonderhede uit. Op hierdie grondslag verrys die moderne, radikaal-liberale demokrasie. Die owerheid word steeds diensbaar en ondergeskik gestel aan die willekeurige oppergesag van die soewereine staatsvolk; bloot ter menslike behoeftebevrediging. Die staat word afgetakel tot In soort nutsmaatskappy, wat veral by Paine lei tot die logiese konsekwensie - staatsnihilisme. De Tocqueville en John Stuart Mill wys op die gebrek aan materiële waarborge in die demokrasie teen die sielsverslawende meerderheidsoorwig, wat tot meerderheidstirannie aanleiding kan gee. Weens die toenemende aandrang op maatskaplike en ekonomiese gelykheid, wys hulle ook op die gevaar van In toenemende magskonsentrasie in owerheidshande, wat moet lei na staatstotalitarisme. Martiain beleef die opkoms van die twintigste eeuse totalitarisme. Hy stel In terugkeer na In Christelike grondslag vir In hernieude demokrasie voor, maar slaag nie daarin om te ontkom aan die dualisme in sy Thomistiese religieuse grondmotief nie. Sy 'sedelike oktrooi' - bloot 'n samevatting van die humanisties-liberalistiese staatsbeskouings - as grondslag vir sy "nuwe" demokrasie ten spyt, lewer hy nogtans die staat uit aan die oppergesag van die kerk. Die Protestants-Christelike staatsbeskouing, soos vergestalt in die Wysbegeerte van die Wetsidee van Herman Dooyeweerd, word die grondslag vir 'n suiwer Christelike staatsfilosofie. Slegs op hierdie grondslag kan 'n volwaardige regstaat, met sinvolle politieke medeseggenskap daarin, tot stand kom. Alleen in 'n Christelike burgerstaat sal die harmonieuse owerheidsonderdaan- verhouding juridies gewaarborg en gehandhaaf kan word, omdat die staatsfilosofiese grondslae daarvan in die skeppingsorde verankerd is. Die idee van politieke medeseggenskap vind derhalwe slegs in die Protestants-Christelike staatsfilosofie sy allesdekkende en normatief verantwoorde staatsfilosofiese fundering.
Description
Keywords
Political science -- Philosophy, Liberty, Thesis (Ph.D. (Political Science))--University of the Free State, 1977
Citation