The non-pharmacologic methods of pain management used by midwives during the first stage of labor

Loading...
Thumbnail Image
Date
2002-11
Authors
Moru, Mmasechaba Moleboheng
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: Many of the non-pharmacologic methods of pain management are closed related to many common nursing comfort and support strategies and may be potentially as effective as narcotics in providing adequate pain relief to a well supported mother who is experiencing a reasonably normal labor. There is ample opportunity for midwives to use non-pharmacologic methods and discover the best modifications for their use during labor since they are the professionals responsible for providing care and support throughout the entire childbirth process. It is also necessary for the midwives and the expectant parents to explore various strategies of managing the pain of labor; in order that informed choices can be made regarding the desired pain relief measures. However,there is a scarcity of literature dealing with exploration and evaluation of the use of these methods by midwives during labor and therefore, additional research is needed. The purpose of this study was to determine the use of non-pharmacologic methods of pain management by the midwives during the first stage of labor. The research design was non-experimental and of a descriptive nature. The survey method was used to obtain the necessary data. The data was obtained by the use of a structured questionnaire which was completed by the midwives working in the maternity wards of the Christian Hospital Association of Lesotho and government hospitals in Lesotho. All data was analysed on a nominal descriptive level. According to the results, the midwives indicated that they were taught nonpharmacologic methods of pain management during basic and advanced midwifery training however, they expressed that they inadequately use these methods during the first stage of labor due to shortage of staff, lack of privacy and space, a high midwife-mother ratio, culture and hospital policies. In the light of these findings, the recommendations were made for maximizing the use of non-pharmacologic methods by midwives during the first stage of labor. Further research in the use of different non-pharmacologic methods was also recommended.
Afrikaans: Heelwat van die nie-farmakologiese metodes vir pynbeheer is naby verwant aan baie algemene gerusstellende en ondersteunende verplegingstrategieë en kan potensieel net so effektief as narkotikums wees in die verskaffing van voldoende pynverligting aan 'n goedondersteunde moeder wat 'n relatief normale bevalling ondervind. Daar is ruim geleentheid vir vroedvroue om nie-farmakologiese metodes te gebruik en om die beste modifikasies vir die gebruik daarvan te ontdek, aangesien hulle die professionele persone is wat verantwoordelik is vir die voorsiening van sorg en ondersteuning gedurende die hele geboorteproses. Dit is ook nodig dat die vroedvroue en verwagtende ouers die verskeie strategieë vir die vermindering en beheer van pyn tydens die kraamproses ondersoek om sodoende ingeligte besluite te kan neem met betrekking tot die gewenste pynverligtingsmetodes. Daar is egter 'n tekort aan literatuur wat handeloor die ondersoek en evaluering van die gebruik van hierdie metodes deur vroedvroue gedurende die kraamproses, en derhalwe is bykomstige navorsing nodig. Die doel van hierdie studie was om die gebruik van nie-farmakologiese metodes van pynbeheer deur vroedvroue gedurende die eerste stadium van kraam te bepaal. Die navorsingsontwerp was nie-eksperimenteel en van 'n beskrywende aard. Die ondersoekmetode is gebruik om die nodige data te bekom. Die data is bekom deur die gebruik van 'n gestruktureerde vraelys wat deur vroedvroue werksaam by die kraamsale in die Christian Hospital Association in Lesotho en staatshospitale in Lesotho voltooi is. Alle data is op 'n nominale beskrywende vlak geanaliseer. Volgens die resultate het die vroedvroue aangedui dat hulle onderrig ontvang het in nie-farmakologiese pynbeheermetodes gedurende basiese en gevorderde verloskunde-opleiding. Hulle het aangedui dat hulle die nie-farmakologiese pynbeheermetodes nie voldoende tydens die eerste stadium van kraam gebruik nie weens faktore wat 'n tekort aan personeel, gebrek aan privaatheid en ruimte, 'n hoë vroedvrou-moeder verhouding, kultuur en hospitaalbeleid insluit. In die lig van hierdie bevindinge is aanbeveel dat die gebruik van nie-farmakologiese metodes deur vroedvroue tydens die eerste stadium van kraam gemaksimaliseer moet word. Verdere navorsing oor die gebruik van verskillende niefarmakologiese metodes en die doeltreffendheid daarvan vir die vermindering of verligting van kraampyne is ook aanbeveel.
Description
Keywords
Childbirth, Pain -- Treatment, Labor (Obstetrics), Midwives -- Lesotho, Dissertation (M.Soc.Sc. (Nursing))--University of the Free State, 2002
Citation