Die toepassing van kriging in geohidrologie

Loading...
Thumbnail Image
Date
1982-11
Authors
Van Tonder, Gerrit Johannes
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die hoofdoel van hierdie studie is om ondersoek na die toepassing van kriging in die geohidrologie in te stel. Vir hierdie doel was dit nodig om basiese krigingprogramme te ontwikkelom die ondersoek uit te voet. Ondersoek is na die verskeie passingsmodelle vir die eksperimen tele semivariogram ingestel en daar is gevind dat indien die eksperimentele semivariogram 'n holte-effek, soos in die geval van die transmissiwiteite en bergingskoëffisiënte van die Kaapse Vlakte, vertoon, kleinste kwadraat latfunksies met groot vrug toegepas kan word. Hier moet egter sorg gedra word dat geraas (klein lokale variasies in die data) teenwoordig in die semivariogram, wat altyd voorkom weens die metode van berekening, sover as moontlik uitgeskakel word. In die modellering van die watervlak in 'n akwifeer as 'n funksie van tyd, is dit nodig om die transmissiwiteite en bergingskoëffisiënte te varieer. Hierdie variasies kan egter nie willekeurig uitgevoer word nie. Die krigingfout kan hier met groot vrug gebruik word om 'n aanduiding van die toelaatbare variasie te gee. In die studie van die transmissiwiteite en bergingskoëffisiënte van die Kaapse Vlakte is gevind dat deur van kriging gebruik te maak, die hoeveelheid boorgate wat benodig word aansienlik verminder kan word. Daarbenewens kan dit ook gebruik word om die posisies van die boorgate meer optimaal te plaas. Kriging kan dus die oorhoofse kostes van 'n boorprogram aansienlik besnoei. Waar watervlakke geïnterpreteer moet word, is gevind dat universele kriging goeie resultate lewer. Daar is verder gevind dat die metode van Gambolati en Volpi (1979), waar die drywing eers uitgefilter word met 'n versameling goedgekose basisfunksies as 'n voorvereiste vir universele kriging, net sulke goeie waardes as die gewone manier van Matheron lewer. Berekenings uitgevoer met die Toppenish Creek data het getoon dat basisfunksies gekies uit trigoriometriese polinome uiters geskik is vir die doel. 'n In teressan te metode waarop afgekom is en wat ook die onsydige voorwaarde bevredig, is die opbreek van die universele krigingmatriks. Vir hierdie geval hoef geen eksperimentele semi-variogram bereken te word nie. Verder in die studie word aangetoon dat kriging ook heel doeltreffend vir die interpolasie van hidrogeochemiese parameters aangewend kan word. Deur kontoerkaarte van hierdie parameters tot 'n mens se beskikking te hê, kan handige afleidings met betrekking tot verskillende eienskappe van die grondwater in 'n akwifeer gemaak word. Toepassing van kriging op gravimetriese data het getoon dat die volumes van oplossingsholtes in dolomiet met 'n uiters klein hoeveelheid data akkuraat bepaal kan word.
Description
Keywords
Groundwater, Hydrogeology, Thesis (Ph.D. (Geohydrology))--University of the Free State, 1982
Citation