'n Didakties-pedagogiese ondersoek na die rol van die atletiekafrigter as jeugleier
Loading...
Date
1982-12
Authors
Ludik, Izak Johannes Guillaume
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: In die Suid-Afrikaanse atletiekopset speel die atletiekafrigter
'n besondere rol as opvoeder en rigtinggewer in die volwassewording van
ons jeug. Ongelukkig is daar 'n neiging binne die atletiekafrigtingsisteem dat die afrigter op skool, aan universiteite en klubs alleenlik
beskouword as 'n persoon wat slaafs sy gespesial iseerde tegniese
kennis van sy item moet oordra aan die atleet-in-opvoeding. Die
suksesvol le afrigter word slegs beoordeel volgens die resultate
wat sy atlete benaal tydens kampioenskapsbyeenkomste. Die totale
mensvorming en persoonl ikheidsontwikkel ing van die jong atleet is
van sekondêre belang in sodanige afrigtingsisteem. Die doel is
slegs gerig op die voorbereiding vir topprestasie.
Die atletiekafrigter is die volwasse vennoot in die afrigter-atleetverhouding
en is verantwoordelik vir die koers wat in die afrigtingsituasie ingeslaan word. Elke afrigter moet altyd bewus wees van
die groot verantwoordelikheid wat volg op die aanvaarding van hierdie
opdrag. Hy is in 'n posisie waar hy die jong atleet kan opvoed tot
volwaardige volwassedom deur atletiekafrigting te benut as potensiêle
opvoedingskrag óf onherstelbare skade te berokken deur die eensydige
oorbeklemtoning van die prestasie-ten-alle-koste doelwit.
Die atletiekafrigter wat hom ten doel stel die ideaal van
"atletiek-opvoeding" in plaas van "atletiek-afrigting" is 'n ware
jeugleier wat besef dat atletiek as vormingsmiddel in die kinderopvoeding 'n belangrike rol speel om die jong atleet se potensiaal
optimaal te ontwikkel. Die atletiekafrigter as jeugleier se besondere
taak is geleê in die opvoed van die atlete tot sinvolle volwassenheid,
die ontwikkel ing van gebalanseerde persoonl ikhede met positiewe
eienskappe wat deur 'n korrekte oefenpatroon ontwikkel word, soos
ware sportmanskap, eerlikheid, regverdigheid, selfdissipline,
leierskap en 'n Iiefde vir sy naaste en sy God.
Die waarde van atletiek as Iiggaamsaktiwiteit moet nie onderskat
word nie. Deelname en algemene kondisionering, wat inherente
komponente is van 'n goedbeplande atletiekprogram stimuleer die
Iiggaamsfunksie van die sogenaamde groot spiergroepe en Iiggaamsorganismes tot meer effektiewe werking en gevolglik meer doeltreffende arbeidsvermoë. Die atletiekafrigter moet hom beywer
om soveel moontlik skoliere of studente te betrek by aktiewe
deelname aan atletiek as sport. Massadeelname vorm die basis
van 'n suksesvol le afrigtingsprogram.
Die atletiekafrigter moet die atletieksituasie benut as 'n ontspanningsmiddeI , as n middel tot vryetydsbesteding, ontwikkeling van
etiese gedrag, bevordering van sosiale status, kultuurontwikkeling,
as 'n middel tot sportopvoeding, ontwikkeling van Iiggaamlike- en
geestelike weerbaarheid, verbetering van aanpasbaarheid, en verbetering van akademiese prestasie. Die atletiekafrigter se groot
toets as opvoeder van die jeug is juis in die ontwikkeling van die
menslike kragte wat die individu opvoed tot hoër lewensvervulIing.
Atletiekafrigting en die begeleiding van die jeug verg 'n uitgebreide
kennis van die algemene didaktiek, met ander woorde die vereistes
vir die goeie verloop van die hele afrigtingproses asook die basiese
beginsels wat toegepas moet word vir suksesvolle afrigting om sodoende
die kind-in-opvoeding sinvol te begelei tot volwassewording. Die
bemoeienis van die afrigter-as-volwassene in die hele proses van
opvoeding van die jeug maak van atletiekafrigting n pedagogiese
aangeleentheid wat in 'n meerdere mate as die formele onderwyssituasie die kind ontmoet en sodoende bepaalde waardes inskerp.
Deur die intieme afrigter-atleet verhouding ontstaan 'n openheid
by die atleet wat tot gevolg het n ontvanklike gesindheid van
bereidwilIigheid tot ontwikkeling van leefinhoude.
Die atletiekafrigter as jeugleier mag nie neutraal staan nie,
maar sy afrigtingstaak moet gelei en bepaal word deur 'n oortuigde
Christelike lewens- en wêreldbeskouing. Die deurstraling van sy
persoonlike verhouding tot God in die omgang met atlete is dikwels
van groter opvoedkundige betekenis as die oordra van kennis.
Verder word die korrekte opvoedkundige afrigtingsbenadering grootliks
bepaal deur die atletiekafrigter se begeertes, sy behoeftes, sy
filosofie, sy persoonlike voorbeeld, eienskappe en positiewe
leierskap ten opsigte van die atlete waarmee hy werk. Al hierdie
vereistes is die professionele toerusting van die atletiekafrigter
en vorm die grondslag van suksesvolle atletiekopvoeding.
Die atletiekafrigter as jeugleier moet in die toepassing van didaktiese beginsels in 'n praktiese afrigtingsisteem altyd sy doelwitte
korrek formuleer. Die liggaam van die atleet word ontwikkel en
gekondisioneer ter verbetering van prestasie tydens byeenkomste,
maar ook as 'n middelof aanknopingspunt vir die opvoeding van die
totale mens. Die waarde van atletiekoefening en deelname ten opsigte
van jeugleiding lê daarin dat, benewens die feit dat die liggaamlike
ontwikkeling bevorder, soos fiksheid en spierkoërdinasie, dit ook
'n groot bydrae lewer in terme van persoonlikheids- en karakterontwikkeling.
Die afrigter, die atleet en die program vorm die fondamentstene vir
die diaktiese afrigtingsdriehoek. 'n Hegte onderlinge verhouding
van die drie komponente van die didaktiese situasie is van groot
belang vir 'n suksesvolle atletiekonderrigsisteem. Gedurende die
ontmoeting tussen die komponente van die didaktiese situasie vind
ware atletiekonderrig plaas.
Die atletiekafrigter as leier van die didaktiese atletiekonderrigsisteem moet rekenskap kan gee van sy beheer oor die verloop van
die hele atletieksituasie. Die oefenprogram moet op 'n verantwoordelike wyse beplan word vir die hoeveelheid werk wat hy moet afhandel in
vergelyking met die hoeveelheid tyd tot sy beskikking. Die atletiekafrigter moet konsentreer op die verskillende faktore wat vir hom
moontlikhede en weë open om sy hulp te organiseer en bewustelik te
kanaliseer op so 'n wyse dat die atlete die basiese vaardighede en
tegnieke van die atletieksituasie aanleer asook die persoonlike
omstandighede, behoeftes en talente van elke individuele atleet in
berekening bring.
Om die huidige tendense insake die didaktiese en pedagogiese implikasie
van afrigting te bepaal is empiriese vraelyste aan dertig topafrigters
in Suid-Afrika gestuur. Hulle menings aangaande die atletiekafrigter
as jeugleier is in die verhandeling vervat.
In die ondersoek het die klem geval op die korrekte atletiekonderrigsisteem en gesaghebbende atletiekleiding van die atletiekafrigter as
jeugleier, veral ten opsigte van die pedagogies-didaktiese aspekte
daarvan. Deurgaans is die noue geestelike verwantskap tussen die
afrigter en atleet beklemtoon asook die groot invloed wat die atletiekafrigter in die ontwikkeling van die jeug in Suid-Afjika het. Na
aanleiding van bogenoemde word die posisie van die atletiekafrigter
as jeugleier in perspektief geplaas.
Description
Keywords
Leadership, Coaches (Athletics) -- Education, Dissertation (M.Ed. (Didactic Pedagogics))--University of the Free State, 1982