Jeugleierskap met spesifieke verwysing na die rol van die rugbyafrigter

Loading...
Thumbnail Image
Date
1981-12
Authors
Blomerus, Frederick Jacobus
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Om 'n totaalbeeld van die rugbyafrigter in sy sportmilieu op skool te verkry, is dit nodig om die besondere sportsituasie van die kontemporêre tydvak van naderby te beskou. Hierin blyk dit dat jeugsport geweldige afmetings aangeneem het gedurende die afgelope dekades en dat dit as 'n massa fenomeen ontstaan het. Dit het meegebring dat sportleiers op skoolopnuut moet kyk na die opvoedingswaarde en -moontlikhede wat sport vir die jeug inhou. Leierskap speel hier 'n baie belangrike rol en dit is noodsaaklik dat die sportafrigter op skool deeglik bekend sal ,wees met die basiese beginsels van leierskap. Daar bestaan ook In definitiewe korrelasie tussen sportdeelname en leierskap. Gesien in hierdie lig is rugby 'n uiters gunstige teelaarde vir die aankweek van leierskapswaardes.en verder is dit ook 'n gebied waarin leierskapspotensiaal opgemerk en tot die optimum vrygestel kan word. Te midde van sy sportbemoeienis, tree die rugbyafrigter ook op as Jeugleier teenoor sy deelnemers. Sy eie toerusting en lewensbeskouing is hier van kardinale belang en hyself moet oor 'n ewewigtige sportperspektief beskik. Daarby moet hy die kind en sy behoeftes, verwagtings en ideale ken. Vanuit hierdie basis kan die rugbyafrigter dan bydra tot positiewe karakterontwikkeling by die kind en hom opvoed na die hoogste doel, naamlik tot liefde vir God en sy naaste. Sport is ook In aanvullende deel van die Jeugweerbaarheidsprogram op skool. As sodanig bied rugby geleentheid om die jong speler as totaal weerbare mens op te voed en voor te berei vir sy rol in die volwasse samelewing. Die rugbyafrigter mag dan nooit sy.taak as losstaande van die opvoedingsproses sien nie. Ten einde sy doel te bereik, moet die rugbyafrigter oor 'n korrekte afrigtingsfilosofie beskik, met hoofmomente soos sy eie persoonlikheid, emosionele volwassenheid, leierskap, kennis en gesag op die voorgrond. Sy taak moet vir hom by uitnemendheid 'n geloofsaak wees. Dit is ook belangrik dat die rugbyafrigter sekere opvoedingsmiddele en -metodes, wat tot sy beskikking is, ken en dit aanwend. Derhalwe sal hy sy afrigtingsfilosofie toets aan algemene didaktiese beginsels. Daar bestaan egter bepaalde probleme waarmee die afrigter te doene kry tydens die sportsituasie. In die eerste plek het die huidige samelewing veroorsaak dat daar In toenemende bewuswording ten opsigte van individualiteit ontstaan het, asook In felle wen-ten-alle-koste neiging. Tesame met bogenoemde het daar ook In gesagskrisis ontstaan. Die rugbyafrigter op skool staan egter in In professionele hoedanigheid en hyself moet daardie beeld handhaaf. Deur middel van In steekproefopname is die siening van rugbyspelers op skool ten opsigte van hul afrigter getoets. Menings wat in hierdie verband ingewin is, staaf die feit dat rugby 'n bydrae kan lewer tot die persoonlikheidsontwikkeling van die kind. Daar is ook aangetoon wat spelers in die besonder van hul afrigter verwag en hoedanig laasgenoemde se optrede en beeld daartoe aanleiding sal gee dat spelers gunstige lewenswaardes aankweek. Dit lê veralop die rugbyleier se weg om opvoedende-afrigting aan spelers op skool te verskaf en aan die hand van In praktiese illustrasie, sonder om na gespesialiseerde metodes of tegnieke in spelverband te verwys, word daar gepoog om opvoedkundige riglyne tydens aanbieding aan te dui. Hierin word die didaktiese beginsels van naderby toegelig en veral die rugbyafrigter se betrokkenheid ten opsigte van sy spelers kom hier ter sprake. Na aanleiding van bogenoemde word sekere aanbevelings gemaak.
Description
Keywords
Rugby football -- Training, Dissertation (M.Ed. (Didactic Pedagogics))--University of the Free State, 1981
Citation