Die opleiding van motorwerktuigkundiges in die RSA: 'n evaluering in die lig van die vereistes vir uitkomsgebaseerde onderwys
Loading...
Date
2001-07
Authors
Klinck, Abel Jacobus
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: This dissertation is an endeavour to establish norms and guidelines for an outcomes based
curriculum for motor mechanics by means of the evaluation and consideration of the
education and training of learners in this field. Empowerment with regard to this
knowledge is regarded as a prerequisite for curriculum design.
The focus is on education in which the following are regarded as key aspects:
total/holistic education;
complete education and training;
integrated education;
equivalent to other qualifications on the same level;
differentiated exit points as requi red.
A historical review briefly describes the development and course of apprenticeship training
in South Africa. Assessment of the training is possible from the comparison of the different
training systems with reference to the course of events. Furthermore, valuable aspects of
the old systems can be transferred to the new curriculum. Emanating from this are the basic
guidelines to be considered for the design of a curriculum for motor mechanics.
In a field survey of social research oral and written responses are the most common methods
of conveying information. Therefore the questionnaire plays an important part and care
must be taken in the design thereof. The entire process, design, distribution, analysis and
evaluation must be carefully planned and executed. The processing of the data determines,
to a large extent, the value and usability of the results.
Curriculum designers must take the laws, regulations and recommendations into
consideration. Structures and accompanying rules are established according to laws and
have a direct influence on approach and proceedings. The objectives of the two relevant
acts portray largely the society-needs which also became evident from conversations with
academic staff of educational institutions. These can also be incorporated in the needs of
society in the situation analysis of the curriculum design.
According to the Skills Development Act the development of learnerships for the motor
industry is primarily the prerogative of the MERSETA.
Unit standards are the fundamental structures of outcomes based education. Related unit
standards are combined to constitute subjects and a specific combination of subjects form
an education programme. The curriculum is the sum total of the intention to educate and
the educational programme which serves to develop and cultivate learners into productive
and responsible citizens.
Curriculum design must be preceded by a thorough study of the essence thereof. This
foundation of curriculum design and the basis of outcomes based education are fundamental
in the design of a curriculum for motor mechanics. The chosen curriculum cycle is the basic
structure for the development of a curricular process. In the regulations and
recommendations of the authorities certain criteria for curriculum composition are
The needs of the various parties involved in education give an indication of the learning
material which should be included in the curriculum. From these needs the outcomes are
formulated and the unit standards composed. Assimilated into the proposed curriculum
structure the needs and reasonable expectations of the various parties may be satisfied.
Evaluation involves two aspects of the curriculum. The achievements of the education and
training must be measured and assessed in the first instance and secondly the curriculum
must be evaluated. The curriculum evaluation includes the education process - the
execution of the "plan".
From this dissertation three needs for further investigation have arisen. The first is an
outcomes based curriculum for motor mechanics which can meet the reasonable
expectations of various parties; the second is the determination of the value of credits, and
the third is the development of a career guidance programme.
Fundamental to all education is the development and cultivation of the learners which
cannot be ignored. Total education is possible in outcomes based education despite the
differentiated exit points.
Afrikaans: Hierdie studie is 'n strewe na norme en riglyne vir die ontwerp van 'n uitkomsgebaseerde kurrikulum vir motorwerktuigkunde deur die evaluering van en besinning oor die onderwys en opleiding van leerders in hierdie beroep. Bemagtiging met hierdie kennis word as voorvereiste beskou vir hierdie kurrikulumontwerp. Die fokus daarvan is op opvoeding waarin aandag gegee word aan sleutelaspekte soos » volwaardige onderwys, » volledige onderwys en opleiding, » geïntegreerde onderwys, » gelykwaardigheid van kwalifikasies op dieselfde NKR-vlakke en » gedifferensieerde uittreevlakke na gelang van behoeftes. 'n Historiese oorsig skets kortliks die ontwikkeling en verloop van vakleerlingopleiding in Suid-Afrika. Die vergelyking van die drie opleidingstelsels verskaf 'n elementêre basis vir beoordeling van die opleiding van motorwerktuigkundiges na aanleiding van die wendinge wat dit geneem het. Bestudering van die vorige stelsels skep die geleentheid om die goeie daaruit te neem en in die nuwe in te bou. Hieruit vloei dan ook basiese riglyne voort waarmee rekening gehou behoort te word in die ontwerp van die uitkomsgebaseerde kurrikulum vir motorwerktuigkunde. In die terreinondersoek vir sosiale navorsing word hoofsaaklik gebruik gemaak van mondelinge en skriftelike response vir die insameling van data. Die ontwerp van 'n vraelys is daarom 'n saak wat met groot omsigtigheid benader moet word. Van die , eerste besinning oor die ondersoek tot met die interpretasie en beoordeling van die resultate moet die hele proses deeglik beplan word en volgens die program verloop. Die verwerking van die resultate bepaal in 'n groot mate die waarde van die gevolgtrekkings wat daaruit gemaak kan word. Kurrikulumontwerpers moet rekening hou met die relevante wette, regulasies, voorskrifte en aanbevelings. Die wette skep strukture en gepaardgaande regspligte en -reëlings waarvan deeglik kennis geneem moet word. Die doelwitte van die twee wette spreek in 'n groot mate die behoeftes van die samelewing uit. Daarvan kan kennis geneem word in die behoeftepeiling van die gemeenskap as deel van die situasie-analise in kurrikulumontwerp. Volgens die Wet op Vaardigheidsontwikkeling is die ontwikkelingvan leerderskappe in die motornywerheid primêr die verantwoordelikheid van die MERSETA. Eenheidstandaarde is die grondstrukture van uitkomsgebaseerde onderwys. Verwante eenheidstandaardevorm saam 'nvak en 'n spesifieke kombinasievan vakke maak die totaal uit van 'n onderrigprogram. Die kurrikulum is somtotaal van die onderrigprogram en die voorneme van vorming van die leerders tot produktiewe en verantwoordelike landsburgers. Kurrikul umon twerp behoort voorafgegaan te word deur 'n studie van die wese daarvan. Hierdie studie en die grondslae van uitkomsgebaseerde onderwys vorm saam die noodsaaklike onderbou vir die ontwerp van 'n kurrikulum vir motorwerktuigkunde. Die gekose kurrikuleringsiklus is die fondament waarop die struktuur van die kurrikuleringsproses gebou word. Bepaalde reëls vir die samestelling van 'n kurrikulum word in die regulasies, voorskrifte en aanbevelings van die owerhede saamgevat. Die behoeftes van die onderskeie partye gee 'n aand uiding van die inhoud wat in die kurrikulum opgeneem behoort te word. Die eenheidstandaarde word saamgestel uit die behoeftes van die betrokke partye soos gedefinieer in die ui tkomste. 'n Voorgestelde kurrikulumstruktuurvoltooi die plan waarmee die redelikeverwagtinge van die onderskeie partye bevredig kan word. Evaluering word op twee aspekte toegespits. In die eerste plek word die sukses wat met die aanbiedinge behaal word, gemeet en beoordeel en tweedens kom die kurrikulum onder die soeklig. Die kurrikulumevaluasie sluit dan ook die uitvoering van die voorneme van onderwys in. Uit hierdie studie kristalliseer drie behoeftes wat verdere aandag verdien: eerstens 'n kurrikulum vir motorwerktuigkunde om aan die redelike verwagtinge van die onderskeie partye te voldoen. Die tweede aspek spruit voort uit 'n kommer oor die waarde van 'n krediet waarmee die standaarde bepaal word. Die derde aspek wat verdere aandag verdien is beroepsvoorligting. Onderliggend aan die strewes is die algemene vormingswaarde van die onderwys wat nie negeer mag word nie. Volwaardige onderwys is moontlik met 'n uitkomsgebaseerde kurrikulum vir motorwerktuigkunde terwyl die verwagtinge ook aangespreek kan word.

Description
Keywords
Evaluation/consideration, Norms, Motor mechanic education and training, Curriculum cycle, Outcomes based curriculum, Social research, Total/holistic education/cultivation, Competence, Skills development, Learning and discovery opportunities, Assessment, Automobile mechanics -- Study and teaching, Competency-based education -- South Africa, Dissertation (M.Ed. (Technological Education))--University of the Free State, 2001