Die geohidrologie in die opvanggebied van die Moloporivier in die Noordelike Kalahari

Loading...
Thumbnail Image
Date
1977
Authors
Smit, Petrus Jurgens
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die gebied wat 58 153 km2 beslaan en waarvan ongeveer 75 persent met sand bedek is, is uitsluitlik van ondergrondse water afhankliko Die gesteentes le hoofsaklik in die westelike en suidelike dele blootgele Die Kalaharilae is tot 180 m dik en die geologiese formasies onder die Kalaharilae is volgens boorgatgegewena vasgestel Die diepte van die grondwatervlak varieer tussen 15 m in dagsoomgebiede en 150 m in gebiede waar die Kalaharilae die dikste is. In die westelike dele Is die Kalaharilae waterdraend. In stollingsgesteentes lewer 34 tot 50 persent van die boorgate meer as 450 l/h en in sedimentire geateenteep behalwe die Formasie Dwyka, 50 tot 80 perssnte Boorgate wat wetenskaplik op Voor-Kalaharigeeteentes gekies is lewer 10 persent hoer suksease (lewering meer Ba 450 1/h) 88 boorgate wat op ander metodes gekies is. In 38 boorgate is watervlakakommelinge sedert 1967 gereeld gemeeto Seisoensveranderinge is ongeveer 3 keer groter in boorgate in dagsoomgebiede aa in boorgate waar'die Kalaharilae tussen 0 en 15 m dik is. Waar die Kalaharilae dikker as 15 m is, is geen seisoensveranderinge waarneembaar nie. Die gebied kan volgens die hoogtekontoere van die grondwatervlak in 8 grondwatereenhede r ingedeel word wat elk 'n afsonderlike grondwaterkompartement vorm. Die temperatuur van die grondwater varieer volgens die diepte van die grondwatervlak. Die geotermiese gradient is hiervolgens bereken as 54 m/°C in graniet, 50 m/°C in dolomiet, 35 m/°C in jaspiliet, 30 m/°C in lawa en 45 rn/°C 1n Kalaharilae. In totaal ia 204 grondwatermonsters chemies ontleed en totale opgeloste stowwe ia In 655 monsters bepaelo Die konsentrasie van T.O.S. in die grondwater in Voor-Kalaharigesteentea word progressief hoer met 'n toename in die dikte van die Kalaharilae. Die Kalaharilae veroorsaak nie 'n verhoging in die konsentrasie van totale opgeloste stowwe in die grondwater nie maer ioonuitruiling vind wel plaas waar grondwater deur die kleilae beweeg. Die grondwater in die Voor-Kalaharigesteentes en in die Kaleharilae kan elk in 4 tipes ingedeel word volgens die chemiese samestelling en oorsprong. Die grondwateraanvulling in dagsoomgebiede varieer tussen 2,2 persent in die weste by ‘n reenval van 220 mm per jaar, tot 3,8 persent in die ooste, by ‘n reenval van 550 mm per jaar. In gebiede waar die bedekking tussen 0 en 15 m is, is aanvulling moontlik 0,5 persent van die jaarlikse reenval en waar die Kalaharilae dikker as 15 m is, vind geen direkte aanvulling plaas nie. Die totale jaarlikse aanvulling tot die grondwater in die hele gebied is 227,2 x 106m3• Die totale grondwaterverliese in die gebied is 52,498 x 106m3 per jaar, waarvan 70 persent uit boorgate en 30 persent uit fonteine afkomstig is. Die jaarlikse toename in die waterverbruik word beraam op 1,5 persent in Blanke gebiede en 8 persent in Tuialandgebiede. Die waterverbruik deur mense en diere verteenwobrdig 39 persent van die totale gl'ondwaterverliese, verbruik deur besproeiing 36 persent, deur dorpe en myne 20 persent en deur verdamping en transpirasie 5 persent. Net 62 persent van die totale fonteinvloei word direk benut. Die totale grondwaterverliese in, die gebied verteenwoordig 23 persent van die jaarlikse bruto aanvulling, maar varieer tussen 91 en 17 persent in die verskillende grondwatereenhede. Die totale hoeveelheid water wat uit boorgate onttrek word is 36,856 x 106m3/j of 16 persent van die totale jaarlikse aanvulling. Die toekomstige waterverbruik in die gebied word beraam op 114,l4 x l06m3/j vir die jaar 2000, wat ongeveer 50 persent van die jaarlikse potensiele aanvulling verteenwoordige Die benutting varieer egter tussen 31 en 132 persent in die' verskillende grondwatereenhede. Ten einde die grondwaterpotensiaal beter te bepaal is verdere navorsing nodig op die natuurlike aanvulling tot die grondwater in dagsoomgebiede, die optimale dikte van die bedekking in verhouding tot aanvulling, die ondergrondse vloei deur die dolerietgange in dolomiet en op die ondergrondse vloei uit sommige van die grondwatereenhede. Ondersoek is ook nodig op die ontginningspotensiaal en stoorkapaaiteit van die verskillende formasies insluitende die Kalaharilae wat oor groot gebiede ‘n belangrike akwifeer vorm. Die ontginning van grondwater vernaamlik in granietgelJiede is 'n wesenlike probleem en navorsing op metodes en tegnieke van boorplek aanwysing sowel as boorgatontwikkellng is nodig. In groot gebiede in die noordweste is die grondwater onbruikbaar sout en ontsouting van grondwater is ‘n baie belangrike aspek vir toekomstige benutting. Navorsing behoort ook gedoen te word op die ontwerp en beplanning van kunsmatige opvanggebiede ten einde reenwater in sekere gebiede direk te benut.
Description
Keywords
Groundwater -- South Africa --Molopo River, Thesis (Ph.D. (Geohydrology))--University of the Free State, 1977
Citation