Die lewe en werk van Gabriel Gideon Cillie (1910-2000) in kultuurhistoriese perspektief

Loading...
Thumbnail Image
Date
2006-11
Authors
Erasmus, Joanita
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: This study aims to outline the life and work of Gabriel Gideon Cillié (1910-2000). In his lifetime Cillié was an authority in the fields of Mathematics and Astronomy. He also made a particularly meaningful contribution to the development of the South African culture historical domain, as a choir master and organist, as an arranger of religious choir music and folk songs, and also as a cultural leader. The methodological framework of this project is underpinned by the systematic biographical model. In this respect, the (conservative) point of departure is that the documenting of Cillié’s life and work should be based as accurate a report of the available data as is possible. Although no claim is made to factual infallibility, or to the fact that the construction of Cillié’s persona as presented here is the only, or last, ‘word’ on the topic, this work represents a selective exploration of material not otherwise researched. Two of the appendixes provide a systematisation of his legacy that could serve as a springboard for further research. Concerning the chapters on Cillié's culture-historical contribution, the most important conclusion to be drawn is the fact that, despite certain critical reservations, he significantly contributed to the history of Reformed church music in South Africa. Seen against the background of the economic recession which affected church music in the Afrikaans-speaking Reformed churches during the 1930s, the importance and timeliness of this contribution is particularly evident. By means of extensive research on his part, which resulted in public lectures, letters in journals and newspapers, as well as through numerous popular and popular-scientific publications, Cillié did much to establish an awareness of the necessity to preserve this particular cultural legacy. Related to these activities, it has been found that he contributed much to the building and renovation of pipe organs within the Afrikaans Reformed community. In many churches throughout the country there are organs designed, and, in most cases, also inaugurated by Cillié. This contribution he provided free of charge at a time when there were few other people in the country to take the lead in this regard. As the choir master of the Stellenbosch University Choir and the choir of the DR Mother Church, Stellenbosch, and as the founder of both the choir of the Theological Seminary and of the Stellenbosch Student Song Festivals, Cillié made his mark within South African choral culture. As a composer and arranger he enriched the Afrikaans choral repertoire. With the exception of his seven cantatas, Cillié did not produce large-scale compositions, but, in the arranging of music, he may be regarded as one of the most productive arrangers in our country active during the twentieth century. As a result of his intense interest in things historical, he also collected and notated a substantial collection of ‘liederwysies’ (archaic hymn tunes) – which, in itself constitutes a most valuable cultural legacy: even today, his work on the origins of the Afrikaans hymns is an important reference work. The scope of Cillié’s leadership within the ambit of the Afrikaans cultural organisations is reflected in the fact that, for a considerable time, he held key positions in several committees, and also received an exceptional number of awards and merits for his contributions. On the personal level, too, Cillié lived with great distinction. He was highly respected as a colleague and is remembered with great warmth and appreciation. The members of his immediate family members depict him as a disciplined and hardworking spouse and father whose dedication to his task sometimes involved painful sacrifices – but who, at the same time was firmly committed to family life. Against this background, the image of Cillié, as constructed in this study, is one of having exceptional talent, and of living a life of sustained dedication to the ideals for which he stood. His contribution was influential and formative within his own lifetime, and its importance, even when making allowance for certain critical reservations, cannot be denied.
Afrikaans: In hierdie studie word daar getrag om 'n oorsigtelike blik te bied op die lewe en werk van Gabriel Gideon Cillié (1910-2000). Binne die tydvak van sy lewe was hy 'n deskundige op die gebied van die wiskunde en sterrekunde. Daarbenewens het hy ook op die terrein van kerkmusiek en as koorleier, orrelis, verwerker van gewyde koormusiek en volksliedere, asook as kultuurleier 'n uiters beduidende bydrae tot die ontwikkeling van die kultuurhistoriese terrein in Suid-Afrika gelewer. Die metodologiese raamwerk waarbinne die projek onderneem word, berus op die werksteorie van die biografie. In hierdie opsig is die (konserwatiewe) uitgangspunt dat die optekening van Cillié se lewe en werk deur middel van so 'n betroubaar as moontlike verslaggewing van beskikbare gegewens geskied. Ofskoon daar geen aanspraak gemaak word op feitelike onfeilbaarheid, of dat die beeld van Cillié wat hier gekonstrueer word, die enigste en laaste “waarheid” of woord oor hom is nie, verteenwoordig hierdie werk nietemin 'n selektiewe ontginning van materiaal wat nog nie andersins ontsluit is nie, asook 'n belangrike stap in die rigting van 'n meer omvattende optekening van sy lewe en bydrae as wat tans bestaan. Twee van die bylaes het gevolglik ten doel om te dien as 'n sistematisering van sy nalatenskap, waardeur verdere navorsing bevorder sou kon word. Wat betref die hoofstukke oor Cillié se kultuurhistoriese bydrae is een van die belangrikste gevolgtrekkings waartoe daar gekom word, die feit dat, ten spyte van bepaalde kritiese voorbehoud, hy 'n uiters betekenisvolle rol ten opsigte van die ontwikkeling van die Gereformeerde kerkmusiekgeskiedenis in Suid-Afrika gespeel het. Die belangrikheid en tydigheid van hierdie bydrae is veral beduidend in die lig van die periode van insinking wat gedurende die 1930’s op die terrein van die Afrikaanse Gereformeerde kerksang ingetree het. Deur middel van intensiewe navorsing en daaruitspruitende openbare lesings, briewe in tydskrifte en dagblaaie, asook talle populêre en populêr wetenskaplike publikasies, het Cillié veel gedoen om mense bewus te maak van die skoonheid van die Protestantse kerklied en die noodsaaklikheid daarvan om hierdie erfenis te bewaar. In terme van Cillié se bydrae tot die hersiening van sangbundels binne die Afrikaanse Gereformeerde kerke moet daar wel gelet word op die feit dat, in die lig van meer onlangse standpunte betreffende die Afrikaanse Gereformeerde kerklied, sy sienings oor die algemeen minder akkommoderend en enger was as standpunte wat tans heers. Aansluitend hierby is daar bevind dat hy ook, wat betref die oprigting en bewaring van pyporrels binne die Afrikaanse Gereformeerde kerkgemeenskap, 'n groot bydrae gelewer het. In talle kerke dwarsoor die land is daar vandag orrels in gebruik wat deur Cillié ontwerp en in die meeste gevalle ook deur hom ingewy is. Hierdie arbeid, wat vanuit huidige heersende standpunte weereens aan bepaalde punte van kritiek onderworpe mag wees, het hy kosteloos verrig in 'n tyd toe daar min ander persone in die land was om in dié verband leiding te verskaf. As leier van die Universiteitskoor van Stellenbosch en die kerkkoor van die NG Moedergemeente, Stellenbosch, en as stigter van die Kweekskoolkoor en die Stellenbosse Studentesangfeeste, het Cillié ook diep spore in die Suid-Afrikaanse koorkultuur getrap. As komponis en verwerker het hy die Afrikaanse koorrepertorium verryk. Alhoewel hy, met die uitsondering van sewe kantates, min omvangryke komposisies gelewer het, was hy gedurende die vorige eeu moontlik een van die mees produktiewe verwerkers binne die Afrikaanse gemeenskap. Voortspruitend uit sy intense belangstelling in geskiedskrywing het hy ook oor jare heen 'n aansienlike versameling liederwysies opgeteken – op sigself 'n waardevolle kulturele nalatenskap. Sy boekpublikasie oor die herkoms van die Afrikaanse gesange is tot op hede steeds 'n gesaghebbende naslaanwerk. Die leierskap wat Cillié binne Afrikaanse kultuurorganisasies uitgeoefen het, word weerspieël deur die feit dat hy vir 'n aansienlike tydperk sleutelposisies in verskeie kulturele komitees beklee het en 'n uitsonderlike aantal toekennings en vererings vir sy bydraes ontvang het. Ook op die persoonlike vlak het Cillié met groot onderskeiding geleef. As kollega was hy uiters gerespekteerd, en word hy met groot warmte en waardering onthou. Sy gesinslede teken hom as 'n gedissiplineerde en hardwerkende eggenoot en vader wie se toewyding aan sy taak soms pynlike opofferinge meegebring het – maar as iemand wat terselfdertyd sterk verbonde was aan sy gesinslewe. Vanuit hierdie agtergrond is die beeld van Cillié wat in hierdie studie na vore tree, een van uitsonderlike begaafheid en van 'n lewe van ononderbroke toewyding aan die ideale waarvoor hy hom beywer het. Binne die tydvak van sy lewe was sy arbeid invloedryk en vormend en kan die belang daarvan, selfs binne die konteks van bepaalde kritiese voorbehoud, nie ontken word nie.
Description
Keywords
Gabriel Gideon Cillie, Biography, Publications, Contribution church music, Contribution choral directing, Contribution organ building, Contribution folk music, Contribution arrangements, Contribution writing of history, Documents, Cillié, G. G., Church music -- South Africa, Composers -- South Africa -- Biography, Dissertation (M.Mus. (Music))--University of the Free State, 2006
Citation