Bewoningsbevrediging in die blanke woonhuissektor binne die munisipaliteit van Bloemfontein: 'n studie van proses, patroon en strategie

Loading...
Thumbnail Image
Date
1988-09
Authors
Lazenby, Jacobus Abraham Adriaan
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die primêre doelstelling met hierdie studie behels die interpretering en geïntegreerde hiêrargiese sone-ordening van sekere gekose wooneenheid- en woonbuurtdimensies waaroor huisbewoners bepaalde vlakke van tevredenheid voorhou. 'n Sekondêre doelstelling omvat die soeke na 'n verwantskap tussen die tevredenheidsvlakke van huisbewoners en bepaalde demografiese sowel as sosio-ekonomiese faktore. Hierdie doelstellings is deurlopend in gedagte gehou en is veral deur middel van hipotese-verifiêring aangespreek. In hoofstuk I is verskeie gepgrafiese benaderings behandel waarna die humanitêr-georiênteerde gedragsbenadering, wat hierdie navorsing sterk aanspreek, as geografiese navorsingsbenadering vir hierdie studie aanvaar is. Konseptualisering van bewoningsbevrediging en die verwantskap daarvan met Omgewingsielkunde is onderskeidelik in hoofstukke 2 en 3 behandel. In hoofstuk 4 is houdings as fundamentele begrip in die metodologie van hierdie navorsing verkonseptualiseer. Nadat die na vorsLnq apro's edu re in hoofstuk 5 behandel is, is algemene beskrywende statistieke van Bloemfontein as navorsingsterrein in hoofstuk 6 verskaf, aangesien hierdie data as beïnvloedend by bewoningsbevrediging as proses beskou is. Die gestelde hipoteses is in hoofstukke 7 tot 9 geverifieer. Die belangrikste bevindinge is soos volg: - Woonhuisbewoners is oor die algemeen positief teenoor hulle gevolglik residensiêle leefruimte en 'n redelike mate ervaar bewoningsbevrediging. - Daar bestaan 'n noue verwantskap tussen fisiese voorkoms, sosiale interaksie, woonbuurtdienste, veiligheid, woonhuis en die erf as komponente van bewoningsbevrediging. - Bewoningsbevrediging toon 'n verband met bepaalde huishoudingskenmerke. Gunstige eienskappe van die huishouding sal 'n groter mate van bewoningsbevredigingin die hand werk. Dit is veral waar wat hoër sosio-ekonomiese status, hoë oudersomstadium, 'n langer residensietydperk by 'n bepaalde adres en eienaarstatus betre. - Daar is verder daarin geslaag om 'n geïntegreerdechorologiese ordegroepering met betrekking tot die bepaalde bewoningsbevredigingskomponente te maak. - Houdingsanalise het ook 'n handige metode geblyk in die bepaling van omgewingsvoorkeure. - In ooreeneenstemming met 'n geverifieerde hipotese is dit ook waar dat huishoudings intrastedelik sal verskuif weens moontlike bewoningsontevredenheid. Die navorsing is afgesluit met die gevolgtrekkings in hoofstuk 11, nadat strategieformulering in hoofstuk 10 aandag geniet het. Dit behels 'n aantal spes ifieke strategieê wat in die vorm van verbeteringsprioriteite geformuleer is. Die strategieê en aanbevelings word aan bepaalde instansies/persone gerig ten einde die tevredenheidsvlak van woonhuisbewoners met hulle behuisings en residensiêle-omgewingsopset te verhoog.
Description
Keywords
Housing -- South Africa -- Bloemfontein -- Resident satisfaction, Environmental psychology, Man -- Influence of environment -- South Africa -- Bloemfontein, Thesis (D.Phil. (Geography))--University of the Free State, 1988
Citation