'n Gestaltgroepwerkprogram in maatskaplike werk vir toesighoudende, geskeide ouer

Loading...
Thumbnail Image
Date
2005-04
Authors
Viljoen, Alma
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: Divorce is an increasing problem which influences the lives of a great number of parents and children in South Africa. The increasing number of divorce cases in South Africa and the impact which custodian, divorced parents have on the adjustment of their children to the divorce situation, serve as the main motivation for this study. The research problem which is the focus of this study is the design and development of a gestalt group work programme for custodian, divorced parents in the early adult phases’ awareness, self-support and integration. The first four phases of the intervention research design and development model are used as the research design. Intervention research is regarded as suitable because as applied research, it focuses on guiding researchers and practitioners to develop effective interventions to address existing human and social problems. To develop a gestalt group work programme, a literature study is undertaken during which the focus is on a theoretical perspective of gestalt therapy as conceptual framework, gestalt group work as therapeutic intervention form and gestalt group work activities and – techniques. A literature review is given next in regard to divorce and potential factors which can influence custodian, divorced parents’ adjustment to the divorce situation in the early adult phase. Although other therapeutic approaches may also be relevant, gestalt therapy is seen as the appropriate conceptual framework for the design and development of a group work programme for custodian, divorced parents on account of the holistic element, theoretical point of departure and objectives which are upheld. To complement the literature study, an empirical study is undertaken in the form of a qualitative study. For the purposes of this study six Afrikaans speaking custodian, divorced parents (both genders), between 20 and 40 years old, are involved. Non-probability selection, namely purposeful test sample out of the universe of participants were chosen for one gestalt group work session (120 minutes) per week, over a period of ten weeks with a concept-gestalt group programme for their awareness, self-support and integration. During programme implementation qualitative data in regard to participants’ experiences and reactions are collected by means of direct, systematical and participatory observation where after research data is observed and judged by an independent observer – an expert in the field of gestalt therapy. Qualitative observations which is made during the implementation of the concept programme, is described by means of case studies, through a comprehensive explanation of each participant as well as the group’s reaction during each gestalt group work session. The results and assessment of the information of the six participants which is obtained from the case studies, is done by means of aims and goals of each gestalt group work session, the covering objectives of gestalt therapy and -group work, objectives in regard to each group member, objectives in regard to group level and gestalt moments. The group process as well as each group member (participant) is assessed continiously by means of the five levels of neurosis. As a result of the study the conclusion is reached that gestalt therapy offers a suitable framework for a group work programme for custodian, divorced parents’ awareness, selfsupport and integration. Because of the holistic outlook and objectives of the programme, participants are equipped to move through the levels of neurosis at group level as well as individually to function as conscious, self-supporting and integrated units. Recommendations with regard to the content and course of the programme, as well as to training and further research, are formulated as a result of the conclusions.
Afrikaans: Egskeiding is ‘n groeiende probleemverskynsel in Suid-Afrika waardeur talle ouers en kinders se lewens beïnvloed word. Die toenemende egskeidings in Suid-Afrika en die impak wat toesighoudende, geskeide ouers op hulle kinders se aanpassing by egskeidingsituasies het, dien as hoofmotivering vir die studie. Die navorsingsprobleem wat hierdie studie rig, is die ontwerp en ontwikkeling van ‘n gestaltgroepwerkprogram vir toesighoudende, geskeide ouers in die vroeë volwasse fase se bewustheid, selfondersteuning en integrasie. Die intervensienavorsingsontwerp en -ontwikkelingsmodel se eerste vier fases word as navorsingsontwerp benut. Intervensienavorsing word as gepas beskou, aangesien dit as toegepaste navorsing daarop gerig is om navorsers en praktisyns te lei om effektiewe intervensies te ontwikkel, ten einde as ‘n probleemoplossingsproses bestaande menslike en maatskaplike probleme aan te spreek. ‘n Literatuurstudie word gedoen, waartydens gefokus word op die teoretiese fundering van gestaltterapie as konseptuele raamwerk, gestaltgroepwerk as terapeutiese intervensievorm en gestaltgroepwerkaktiwiteite en -tegnieke wat ten opsigte van hierdie navorsing vir die ontwikkeling van ‘n gestaltgroepwerkprogram geselekteer is. Daarna word ‘n literatuuroorsig gegee ten opsigte van egskeiding en potensiële faktore wat toesighoudende, geskeide ouers se aanpassing by egskeidingsituasies in die vroeë volwasse fase kan beïnvloed. Alhoewel ander terapeutiese benaderings ook toepaslik kon wees, word gestaltterapie vir die ontwerp en ontwikkeling van ‘n groepwerkprogram vir toesighoudende, geskeide ouers in die vroeë volwasse fase as geskikte konseptuele raamwerk beskou vanweë die holistiese inslag, teoretiese uitgangspunte en doelstellings wat gehandhaaf word. Ter aanvulling van die literatuurstudie, word ‘n empiriese ondersoek aan die hand van ‘n kwalitatiewe ondersoek onderneem. Vir die doeleindes van dié ondersoek word ses Afrikaanssprekende toesighoudende, geskeide ouers (beide geslagte) tussen 20 en 40 jaar deur middel van niewaarskynlikheidseleksie, naamlik doelgerigte steekproefneming uit die universum as deelnemers gekies en vir een gestaltgroepwerksessie (120 minute) per week, oor ‘n tydperk van tien weke by ‘n konsep-gestaltgroepwerkprogram vir hulle bewustheid, selfondersteuning en integrasie betrek. Tydens programimplementering word kwalitatiewe data ten opsigte van deelnemers se belewenisse en reaksies met behulp van regstreekse stelselmatige en deelnemende waarneming ingesamel waarna navorsingsdata deur ‘n onafhanklike waarnemer, ‘n kundige op die gebied van gestaltterapie, waargeneem en beoordeel word. Kwalitatiewe waarnemings wat tydens die implementering van die konsepprogram gemaak word, word by wyse van gevallestudies beskryf, deurdat ‘n volledige uiteensetting gegee word van sowel elke deelnemer as die groep se reaksie tydens elke gestaltgroepwerksessie. Die resultate en assessering van die gegewens van die ses deelnemers wat vanuit die gevallestudies verkry word, word aan die hand van doelstellings en doelwitte van elke gestaltgroepwerksessie, die oorkoepelende doelstellings van gestaltterapie en -groepwerk, doelstellings ten opsigte van elke groeplid, doelstellings ten opsigte van groepvlak en gestaltmomente gedoen. Sowel die groepproses as die proses van elke groeplid (deelnemer) word deurentyd op grond van die vyf lae van neurose geassesseer. Na aanleiding van die studie word tot die gevolgtrekking gekom dat gestaltterapie ‘n toepaslike raamwerk bied ten opsigte van ‘n groepwerkprogram vir toesighoudende, geskeide ouers se bewustheid, selfondersteuning en integrasie. Vanweë dié program se holistiese uitgangspunt en doelstellings word deelnemers in staat gestel om sowel op groepvlak as individueel deur die lae van neurose te beweeg, ten einde as bewuste, selfondersteunende en geïntegreerde eenhede te funksioneer. Aanbevelings met betrekking tot die programinhoud en verloop, opleiding en verdere navorsing word na aanleiding van die gevolgtrekkings geformuleer.
Description
Keywords
Awareness, Custodial divorced parent, Divorce, Early adult phase, Gestalt group work, Gestalt therapy, Holism, Integration, Self-support, Social work, Gestalt therapy, Group psychotherapy, Single-parent families, Thesis (Ph.D. (Social Work))--University of the Free State, 2005
Citation