The influence of feeding on Apis mellifera scutellata queen rearing and brood production

Loading...
Thumbnail Image
Date
2002-11
Authors
Van den Heever, C. H.
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: After vast numbers of Apis mellifera scufellafa colonies had to be destroyed as a result of Apis mellifera capensis infestations, the so-called Capensis problem, it became clear that there was a great need for efficient queen rearing in South Africa. A queen rearing programme in a commercial beekeeping business at Douglas was implemented to replace the large number of lost scufellafa colonies. Within the first week of queen rearing having started, large numbers of eggs were noticed in the queen cells, indicating capensis laying workers. The acceptance of grafted queen cell cups was very low in general, the highest percentage being 48 %. The percentage emergence of queen cells introduced into mating nucleus colonies was high, namely 95 %. However, only 44 % of these queens mated successfully, and had a normal brood pattern. This gave an overall success rate of 20 % maximally in the presence of Cape laying workers. A number of factors that influence queen rearing, excluding Cape laying workers, were investigated, namely different queen cup lengths, dry and wet grafting, and the interval between dequeening and grafting on acceptance on the grafted larvae. The bees preferred queen cell cups with a length of 9 mm (73,3 %) to other lengths of 7 mm (0,0 %), 8 mm (52,5 %) and 11,5 mm (33,4 %). Acceptance of queen cells was higher when larvae were grafted into a droplet afwater (72 %), compared to dry grafts (57 %). Acceptance of grafted queen cells was 73,3 % after a 24 hour queen less period, compared to 7,2 % after 8,5 hours without a queen. A 60 % sugar solution is recommended for feeding honeybees before a honeyflow or during queen rearing, because it was found not to ferment easily, thus necessitating feeding once a week only. Different pollen supplements and substitutes were tested for preference and brood production. On dry substitutes outside the hives, most bees were counted on the mixture of sifted maize and Lotmix ® (a cattle feed), to which dry powdered sugar had been added. The other substitutes that contained no maize meal, namely yeast and mixtures of yeast, soy and powder milk, were not collected. When natural pollen became more freely available, pollen substitutes were generally ignored. The following substitutes/supplements, in decreasing order of preference, were tested as moist patties inside hives: Beltsville substitute, fine maize meal, soy + pollen (3: 1), yeast + milk + pollen (2:2: 1), Pronutro ® (breakfast cereal), soy + pollen (9: 1), and soy + yeast + milk (3: 1:1). The following substitutes/supplements, in decreasing order of brood production, were tested: Pronutro ® + pollen (4:1), Beltsville substitute, soy + pollen (4:1), soy + yeast (3:2), soy + yeast + milk (3:1:1), and soy + yeast + egg (2: 1:1). The soy + pollen combination is recommended for the highest brood production at the lowest price. Natural pollen was most plentiful during September, November, December and April in Bloemfontein. The most abundant pollens were from Eucalyptus spp., Tribulus terrestris, Rhus lancea and Helianthus annuus. The different pollen types and their percentages were tabled for every month. The total amount of pollen trapped for the one year period was 3580,6 g. Pollen trap efficiency was calculated to be 10 %, therefore the total amount of pollen collected by the colony was approximately 35,8 kg.
Afrikaans: Nadat groot getalle Apis mellifera scufellafa kolonies vernietig moes word as gevolg van die sogenaamde Capensis probleem, het daar 'n groot behoefte in Suid-Afrika vir effektiewe koninginteelt ontstaan. 'n Koninginteelt program in 'n kommersiële byeboerdery by Douglas is geïmplementeer, om die groot getalle verlore scufellafa kolonies te vervang. Binne die eerste week nadat daar met koninginteelt begin is, is baie eiers in die koninginselle opgemerk, 'n aanduiding van capensis lêende werker besmetting. Aanvaarding van geênte koninginseikelkies was oor die algemeen baie laag, met die beste aanvaarding synde 48 %. Die persentasie voltooide koninginselle wat in kernkolonies uitgebroei het, was hoog, naamlik 95 %. Slegs 44 % van hierdie koninginne het egter suksesvol gepaar en 'n normale broedpatroon gehad. In geheel was die maksimale suksessyfer dus slegs 20 % in die teenwoordigheid van Kaapse lêende werkers. Verskeie faktore wat 'n invloed op koninginteelt het, bo en behalwe die Kaapse by, is ondersoek, naamlik verskillende lengtes van koninginkelkies, nat en droë enting, en verskillende tydperke van koninginloosheid op aanvaarding van geënte larwes. Koninginseikelkies met 'n lengte van 9 mm (73,3 %) is verkies bo die kelkies van 7 mm (0,0 %), 8 mm (52,2 %), en 11,5 mm (33,4 %). Aanvaarding van koninginselle was hoër wanneer die larwes in 'n druppeltjie water geënt is, teenoor droë enting, met 'n persentasie aanvaarding van 72 % en 57 % onderskeidelik. Na 'n 24 uur koninginlose tydperk was aanvaarding van geënte kelkies 73,3 % in vergelyking met 7,2 % na 8,5 uur sonder 'n koningin. n Suiker oplossing van 60 % word aanbeveel vir die voer van heuningbye voor 'n heuningvloei of tydens koninginteelt, aangesien dit nie maklik gis nie en daarom net een keer per week gevoer hoef te word. Verskillende stuifmeel plaasvervangers en aanvullings is getoets vir hulle voorkeur en broedproduksie. Op droë plaasvervangers wat buite die korwe getoets is, is die meeste bye getel op die mengsel van gesifte mieliemeel, Lotmix ® ('n veevoer) en poeier suiker. Die ander plaasvervangers wat geen mieliemeel bevat het nie, naamlik brouersgis en mengsels van brouersgis, soja en poeiermelk, is gladnie versamel nie. Nadat stuifmeel in die natuur meer vryelik beskikbaar geraak het, is die plaasvervangers oor die algemeen geïgnoreer. Die volgende plaasvervangers/aanvullings, in volgorde van afnemende voorkeur, is as klam stuifmeelkoekies binne die korwe getoets: Beltsville plaasvervanger, fyn mieliemeel, soja + stuifmeel (3: 1), brouersgis + melkpoeier + stuifmeel (2:2: 1), Pronutro ® ('n graankos), soja + stuifmeel (9: 1) en soja + brouersgis + melkpoeier (3: 1:1). Die volgende plaasvervangers/aanvullings, in volgorde van afgemende broedproduksie, is getoets: Pronutro ® + stuifmeel (4: 1), Beltsville plaasvervanger, soja + stuifmeel (4: 1), soja + brouersgis (3:2), soja + brouersgis + melkpoeier (3: 1:1), soja + brouersgis + eierpoeier (2:1:1). Die soja + stuifmeel mengsel word aanbeveel vir die beste broedprodukse teen die laagste prys. Natuurlike stuifmeel was die volopste gedurende September, November, Desember en April by Bloemfontein. Die stuifmeel wat die meeste voorgekom het, was Eucalyptus spp., Tribulus terrestris, Rhus lancea en Helianthus annuus. Die verskillende stuifmeelsoorte en hulle persentasies is getabelleer vir elke maand. In totaal is 3580,6 g stuifmeel gedurende die jaar versamel. Die effektiwiteit van die stuifmeelval is bereken as 10 %. Die totale hoeveelheid stuifmeel wat deur die betrokke kolonie versamel is, was dus ongeveer 35,8 kg vir die periode.
Description
Keywords
Bee culture -- Queen rearing, Honeybee -- Breeding, Bees -- Feeding and feeds, Dissertation (M.Sc. (Zoology and Entomology))--University of the Free State, 2002
Citation