Transfer and adoption of technology: the case of sheep and goat farmers in Qwaqwa

Loading...
Thumbnail Image
Date
1998-12
Authors
Nell, Wilhelm Thomas
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: It is evident from the literature studied that very little is known about the characteristics and farm level factors (predictors) contributing to or affecting the adoption of livestock veterinary technologies of small ruminant (sheep and goat) farmers in former homelands and rural areas of South Africa. This study contributes by identifying and evaluating critical factors (variables) that predict the transfer, adoption and utilisation of livestock veterinary technologies by small ruminant farmers in Qwaqwa, a former homeland of South Africa. A wide selection of variables had to be tested in this study due to the absence of previous studies. Logit and multinomial logit models are used to select predictors of adoption of five different livestock veterinary technologies. Of the 34 possible predictors, 20 were selected in one or more of the seven different logit models. The suspension of veterinary surgeon services provided by the government at sheering sheds and farmer days before 1994, contributed to an increase in the costs of services, inputs and information. Together with the deterioration of infrastructure and institutions, this caused a collapse of the livestock veterinary technology transfer process in Qwaqwa. Farmers who want to adopt this technology (potential adopters), cannot do so because it became too expensive (increased transaction costs). When the assumption of elastic supply of services or inputs, and increased transport costs due to the farm's location is violated (traditional definition of adoption - potential adopters grouped with non-adopters), potentially misleading conclusions can be made regarding the significance of variables (predictors) which contribute to technology adoption. It is for this reason that an adapted definition of adoption (potential adopters grouped with adopters) should be used in future research. The results of medication technology indicate that grouping of livestock medication is essential if research on the characteristics of farmers using these technologies have to be estimated. The fact that former homeland farmers react on what they see when it comes to usage of veterinary medication technologies, making it more likely for them to adopt therapeutic medication for treatment (external, internal remedies and antibiotics) rather than prophylactic medication for prevention (vaccines), is evident throughout this study. Vaccine technology showed the lowest adoption level of the four medication groups studied. The high adoption rates of external parasite remedies (no non-adopters) and internal parasite remedies (two non-adopters) confirm this conclusion. However, there is a severe lack of basic knowledge amongst farmers on the correct application of these remedies as the majority (86%) of the farmers applied these remedies incorrectly. The most important predictors of the adoption of antibiotics is access to roads. This medication technology is urgently needed when an animal is sick and access to roads decreases the cost of obtaining the drug. Small ruminant farmers in this study tend not to be full adopters of all the different livestock veterinary technologies simultaneously. The fact that only 20 per cent of the farmers were adopters of veterinary surgeon services as well as full adopters of external parasite remedies and partial adopters of internal parasite remedies, antibiotics and vaccines, confirms this conclusion. The efficiency of the present extension services in Qwaqwa on veterinary livestock technologies is very poor. Extension visits did not emerge as a significant predictor of adoption of any of the livestock veterinary technologies. The reappointment of a state veterinary surgeon, the retraining of inexperienced extension officers, the improvement of infrastructure and the development of farmer-to-farmer extension programmes, using the sheering association chair persons and young, educated and progressive farmers, must receive the highest priority in agricultural policymaking. The implementation of an affordable minimum herd health prophylactic package can contribute to the correct adoption of medication technologies resulting in higher farming efficiency, better profits and contribute to the alleviation of poverty of former homelands and rural areas of South Africa.
Afrikaans: Uit die literatuur wat in hierdie studie bestudeer is, is dit duidelik dat baie min bekend is oor die karaktertrekke en plaasvlakfaktore (voorspellers) wat bydra of 'n effek het op die aanvaarding van lewendehawe- veterinêre tegnologieë deur kleinveeboere in die voormalige tuislande en plattelandse areas in Suid-Afrika. Hierdie studie lewer 'n bydrae tot die identifisering en evaluering van kritiese faktore (veranderlikes) wat die oordraging, aanvaarding en gebruik van lewendehawe- veterinêre tegnologieë by kleinveeboere in Qwaqwa, 'n voormalige tuisland van Suid-Afrika, voorspel. 'n Wye verskeidenheid veranderlikes moes in hierdie studie gebruik word as gevolg van die afwesigheid van vorige studies oor hierdie onderwerp. Logit- en multinomiale logit-modelle is gebruik om die voorspellers van aanvaarding van vyf verskillende groepe van lewendehaweveterinêre tegnologieë te selekteer. Van die 34 moontlike voorspellers, is 20 in een ofmeer van die sewe verskillende logit-modelle geselekteer. Die opskorting van veeartsenykundige dienste wat tot 1994 deur die regering by skeerskure en boeredae voorsien is, het daartoe bygedra dat die koste van hierdie dienste, insette en inligting gestyg het. Tesame hiermee het die verval in die infrastruktuur en instellings aanleiding gegee tot 'n totale verval in die oordragingsproses van lewendehawe- veterinêre tegnologieë in Qwaqwa. Dit het meegebring dat boere wat hierdie tegnologie graag sou wou aanvaar (potensiële aanvaarders) dit nie kan doen nie omdat dit onbekostigbaar geword het as gevolg van verhoogde transaksiekoste. Wanneer die aanname van 'n elastiese aanbod van dienste of insette, asook verhoogde vervoerkoste as gevolg van die ligging van die plaas, verbreek word (tradisionele definisie - potensiële aanvaarders gegroepeer saam met nie-aanvaarders), kan potensieel misleidende gevolgtrekkings gemaak word ten opsigte van die betekenisvolheid van veranderlikes (voorspellers) wat In bydrae lewer tot tegnologie-aanvaarding. Dit is as gevolg van hierdie rede dat die aangepaste definisie van aanvaarding (potensiële aanvaarders gegroepeer saam met aanvaarders) in toekomstige navorsing gebruik behoort te word. Die resultate oor die medikasietegnologieë dui aan dat die groepering van lewendehawe-medikasie noodsaaklik is wanneer navorsing gedoen word om die karaktertrekke van boere wat hierdie tegnologieë gebruik, te voorspel. Die feit dat voormalige tuislandboere reageer op wat hulle sien (waarneem) wanneer dit kom by die gebruik van veterinêre medikasietegnologieë, gee aanleiding daartoe dat hulle eerder terapeutiese medikasie vir behandeling (eksterne en interne doseerrniddels en antibiotika) gebruik as profilaktiese medikasie vir voorkoming (entstowwe), het deurgaans in die studie voorgekom. Entstoftegnologieë het die laagste aanvaardingsvlak van die vier medikasiegroepe wat bestudeer is, gehad. Die hoë aanvaardingskoerse van eksterne parasietdoseermiddels (geen nie-aanvaarders) en interne parasietdoseermiddels (twee nie-aanvaarders) bevestig hierdie gevolgtrekking. Daar is egter In nypende tekort aan basiese kennis onder die kleinveeboere ten opsigte van die korrekte aanwending van hierdie doseerrniddels omdat die meerderheid (86%) van die boere dit nie korrek gebruik nie. Die belangrikste voorspeller van die aanvaarding van antibiotika is "toegang tot paaie". Antibiotika word dringend benodig wanneer lewendehawe reeds siek is en toegang tot paaie verlaag die koste om hierdie medikasie te verkry. Kleinveeboere in hierdie studie neig om nie gelyktydig volledige aanvaarders van al die verskillende lewendehawe- veterinêre tegnologieë te wees nie. Die feit dat slegs 20 persent van die boere aanvaarders van veeartsenykundige dienste asook volledige aanvaarders van eksterne parasietdoseerrniddels en gedeeltelike aanvaarders van interne parasietdoseermiddels, antibiotika en entstowwe is, bevestig hierdie gevolgtrekking. Die effektiwiteit van die huidige voorligtingdienste van veterinêre tegnologieë in Qwaqwa is uiters laag. Besoeke deur voorligters aan boere is nêrens as In betekenisvolle voorspeller van aanvaarding by enige van die lewendehawe- veterinêre tegnologieë geïdentifiseer nie. Die heraanstelling van In staatsveearts, die heropleiding van onervare voorligtingsbeamptes, die verbetering van die infrastruktuur en die ontwikkeling van boer-tot-boer voorligtingsprogramme in Qwaqwa deur gebruik te maak van die skeerassosiasievoorsitters en jong, opgeleide en progressiewe boere, behoort die hoogste prioriteit van landboubeleidmakers te geniet. Die implementering van In bekostigbare minimum kuddegesondheidsprofilaktiese pakket kan bydra tot die korrekte aanvaarding van medikasietegnologieë wat op sy beurt aanleiding behoort te gee tot hoër boerdery-effektiwiteit, beter winste en ook In bydrae te lewer tot die opheffing van armoede in die voormalige tuislande en plattelandse gebiede van Suid-Afrika.
Description
Keywords
Livestock productivity -- Technological innovations -- South Africa -- Qwaqwa, Agriculture -- South Africa -- Qwaqwa -- Technology, Livestock -- Economic aspects -- South Africa -- Qwaqwa, Veterinary services -- South Africa -- Qwaqwa, Thesis (Ph.D. (Agriculture Economics))--University of the Free State, 1998
Citation