Parasite induced behavioural changes in fish

Loading...
Thumbnail Image
Date
2011-05
Authors
Grobbelaar, Andri
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: Numerous studies have been conducted on the hypothesis of parasites influencing the behaviour of their hosts. Many authors have been bias in trying to prove that this is a form of manipulation and that parasites increase their transmission success by changing host behaviour. Not much research has been conducted in Africa regarding parasite induced behaviour. During the present study fish were collected from the Okavango and Orange-Vaal River Systems, respectively situated in Botswana and South Africa. Within these ecologically diverse systems a wide variety of fish were found to be infected with diplostomatid metacercariae occurring inside their eyes and / or brains. These digenetic trematodes are known to cause blindness and other pathological effects, known as diplostomiasis, especially in fish reared in aquaculture. Diplostomatids have a three-host life cycle which involves different species of snails, fishes and piscivorous birds. Fish act as the second intermediate hosts and need to be eaten by a piscivorous bird in order for the diplostomatids to be trophically transmitted and the life cycle to be completed. Seven different metacercarial types and cysts were identified and some were collected from both the eyes and brains of infected fish species. The results signified a moderate prevalence of these parasites amongst the different fish species, whilst the intensity of infection proved to be low. No marked altered pathology was observed in infected fish brains but noticeable histopathological changes were noted within eyes infected with diplostomatid cysts. To determine the effect these infections have on the behaviour of natural populations of fish, two behavioural experiments were conducted. The results indicate that infected fish show similar behaviour than uninfected fish and therefore the null hypothesis (Ho) is accepted.
Afrikaans: Verskeie studies rakende die hipotese dat parasiete die gedrag van gashere kan beïnvloed is uitgevoer. Baie van die outeurs was bevooroordeeld deur te probeer bewys dat dit 'n vorm van manipulasie is en dat parasiete die sukses van huloordrag verhoog deur die gedrag van die gasheer te verander. Min navorsing is al in Afrika ten opsigte van parasiet geïnduseerde gedrag gedoen. Visse is gedurende die huidige studie vanuit die Okavango en Oranje-Vaal Rivierstelsels, onderskeidelik geleë in Botswana en Suid-Afrika, versamel. Diplostomatid metaserkarieë is in die oë en I of breine van 'n wye verskeidenheid van visse vanaf hierdie ekologies uiteenlopende stelsels, gevind. Hierdie digenetiese metaserkarieë is bekend daarvoor om blindheid, asook ander patologiese effekte, in veral vis wat in akwakultuur aangehou word, te veroorsaak en staan as diplostomiase bekend. Drie gashere vorm deel van die diplostomatid lewenssiklus en sluit verskillende slak-, vis- en visvretende voëlspesies in. Visse, wat die tweede tussengashere is, moet deur visvretende voëls geëet word om te verseker dat die diplostomatid metaserkarieë na die volgende trofiese vlak oorgedra word en sodoende die lewenssiklus voltooi. Sewe verskillende tipes metaserkarieë en siste is geïdentifiseer en sommiges is vanuit beide die oë en breine van geïnfekteerde visse versamel. Die resultate dui aan dat hierdie parasiete 'n matige voorkoms in die verskillende visspesies het, terwyl die intensiteit van die besmetting laag is. Geen merkwaardige patologiese veranderinge is in die breine van geïnfekteerde visse gevind nie, maar opsigtelike histopatologiese veranderinge was wel in die oë wat met verteenwoordigers van diplostomatid siste geïnfekteerd was, opgemerk. Twee gedragseksperimente, om die effek van hierdie besmettings op die gedrag van natuurlike visbevolkings te bepaal, is uitgevoer. Die resultate dui aan dat geïnfekteerde visse dieselfde gedrag as ongeïnfekteerde visse toon en dus word die nul hipotese (Ho) aanvaar.
Description
Keywords
Okavango River System, Orange-Vaal River System, Diplostomatid, Metacercariae, Life cycle, Pathology, Fish behaviour, Fishes -- Behavior, Fishes -- Behavior -- Research, Parasites -- Fishes -- South Africa, Dissertation (M.Sc. (Zoology and Entomology))--University of the Free State, 2011
Citation