'n Verpleegkundige begeleidingsprogram vir persone wat infektering met die menslike immuniteitsgebrekvirus vermoed

Loading...
Thumbnail Image
Date
1992-05
Authors
Basson, Petro Magdalena
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: VIGS is 'n wesenlike probleem in Suid-Afrika. Indien die verspreiding van die Menslike Immuniteitsgebrekvirus (HIV) nie gestop word nie, kan die siekte epidemiese afmetings aanneem. Diegene wat hoë risiko seksgedrag beoefen moet gelei word om dit te staak. VIGS is 'n gevreesde siekte omdat HIV infeksie 'n chroniese infeksie is en gekenmerk word deur die progressiewe agteruitgang van die menslike immuunsisteem. Daar bestaan geen geneesmiddel teen die siekte nie en die verloop daarvan eindig altyd in die dood. Persone wat hoë risiko seksueelgedrag openbaar, vermoed dikwels dat hulle moontlik met HIV geïnfekteer kan wees. Met aanmelding vir evaluering ter bevestiging van hul vermoedens, benodig hulle reeds verpleegkundige tussentredes. ' Die tussentredes behoort daarop gerig, te wees om hulle in staat te siel om hul kommer te hanteer. Indien die persone egter nie ook gelei word om hul gedrag te verander nie, kan hulle weer met die virus in aanraking kom of dit selfs versprei. Omdat verpleegkundiges dikwels die ondersteuning van hierdie persone hanteer, kan aanvaar word dat 'n verpleegkundige begeleidingsprogram wat deur empiriese navorsing ontwikkel is, 'n positiewe bydrae tot optimale ondersteuning kan maak, aangesien daar geen gepubliseerde Suid-Afrikaanse verpleegkundige begeleidingsprogram in die literatuur gevind kon word nie. Dit is dus die doel van die studie om 'n begeleidingsprogram vir persone wat HIV infektering vermoed, te ontwikkel wat hulle in staat stelom: - feitelike kennis oor VIGS te bekom, - die psigologiese gevolge van HIV infektering te begryp, en - die nodige gedragsverandering te begryp en te bemeester. 'n Beskrywende studie met 'n nie-eksperimentele navorsingsontwerp is gebruik. Na 'n omvattende, intensiewe literatuurstudie is 'n voorlopige begeleidingsprogram vir persone wat hoë risikogedrag openbaar, saamgestel. Daarna is dit aan domeinkundiges, wat oor spesiale kennis op die gebied van VIGS beskik, vir evaluering volgens die Delphi-tegniek voorgelê. Beskrywende statistieke is gebruik in die ontleding van die data wat verkry is. Uit die bevindinge is dit duidelik dat die domeinkundiges met die afdelings sowel as items van die voorlopige program saamstem. Die finale program is na 'n herorganisasie van die items ten einde 'n logiese geheel te verkry, saamgestel. Vir die volgende afdelings en inhoud is voorsiening gemaak: - Inligting oor VIGS -- Oorsprong -- Patogenese -- Epidemiologie -- Spektrum -- Kliniese tekens en simptome -- Oordraging van HIV -- Hoë risikogedrag - Psigososiale reaksies van persone wat mv infektering vermoed - Verpleegsorg -- Ondersteuning -- Motivering tot gedragsverandering Die verpleegkundige wat die program gebruik moet deurentyd bewus wees van die kliënt se uniekheid en slegs toepaslike gedeeltes gebruik. Die program is dus as hulpmiddel vir die verpleegkundige ontwikkel en nie as 'n inligtingstuk vir persone wat HIV infektering vermoed nie.
Description
Keywords
AIDS (Disease) -- Nursing, AIDS (Disease) -- Patients -- Rehabilitation, Health counseling, AIDS (Disease), AIDS (Disease) -- Psychological aspects, Dissertation (M.Soc.Sc. (Nursing Science))--University of the Free State, 1992
Citation