Ontwikkeling van die stelsel van plaaslike regering en administrasie van Richardsbaai

Loading...
Thumbnail Image
Date
1983-12
Authors
Truter, Jacob Petrus Johannes
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Met hierdie verhandeling is beoog om: - die eksterne faktore wat die aanpassing van die stelsel van plaaslike regering en administrasie vir die dorp Richardsbaai beïnvloed het, uiteen te sit; - die unieKe reëlings wat vir die plaaslike regering van die dorp getref is, te beskryf; - die organisatoriese reëlings wat die Dorpsraad moes tref om te voldoen aan die vereistes wat die ontwikkeling van die dorp gestel het, te ontleed; - vas te stel hoe te werk gegaan is om met verloop van tyd 'n stesel van personeeladministrasie te ontwikkel; en - die uitsonderlike maatreëls wat as gevolg van eiesoortige omstandighede vir die finansiering van die dorp gestel is, te beskryf. Politieke en ekonomiese faktore het tot die vestiging van 'n nuwe hawe te Richardsbaai aanleiding gegee. Die ontwikkeling van 'n hawe was egter nie die enigste oogmerk van die Sentrale Regering nie. Die projek moes ook die weg baan na grootskaalse nywerheids- en stedelike groei. Vir die eerste keer in die staatkundige geskiedenis van Suid-Afrika sou die Sentrale Regering 'n nuwe stad beplan, ontwikkel en finansier. Die koers waarteen Richardsbaai sou ontwikkel, het vereis dat 'n geskikte stelsel van plaaslike regering ingestel moes word. Deur bemiddeling van ooreenkomste tussen die belanghebbende owerheidsinstansies op sentrale, provinsiale en plaaslike vlakke is daarin geslaag om 'n dorpsraad daar te stel wat nie slegs uniek in sy samesteiling was nie, maar wat, ook op 'n spesiale wyse met bevoegdhede beklee is wat by sy taak gepas het. Die Administrateur van Natal het met ingang van 10 Junie 1969 'n dorpsraad bestaande uit sewe lede vir Richardsbaai ingestel, en die voorsitter en lede daarvan benoem. Dit het spoedig geblyk dat die bevoegdhede waaroor die nuut aangestelde Ordonnansie beskik het, Dorpsraad van Richardsbaai op Plaaslike Bestuur, 1942 nie voldoende was om ingevolge die Natal (Ord. 21 van 1942), die ontwikkelingstaak effektief te kon behartig nie. Onderhandelinge tussen die Dorpsraad en die Natal Provinsiale Administrasie het daartoe gelei dat voornoemde Ordonnansie paslik gewysig is. Hierdeur het die Dorpsraad spesiale bevoegdhede bekom wat hom in staat gestel het om sy taak uit te voer. Voornoemde uitsonderlike reëlings wat getref is om 'n stelsel van plaaslike regering en administrasie vir Richardsbaai te ontwikkel, beklemtoon die noodsaaklikheid om soms onkonvensioneel en innovatief te werk te gaan om ontwikkelingsdoelwitte te bereik. Gevestigde praktyk is dus nie toegelaat om die bevordering van die algemene welsyn te strem nie. Die ontwikkeling van Richardsbaai het ook die noodsaaklikheid vir soepelheid in die provinsiale owerhede se beleid vir plaaslike regering en administrasie opnuut na vore gebring. Die Dorpsraad het afdelings en departemente geskep om sy doelstellings te bereik. Die organisatoriese reëlings is van tyd tot tyd aangepas om by die plaaslike omstandighede en behoeftes aan te pas. Paslike reëlings is ook getref vir die behartiging van personeelaangeleenthede. Die Sentrale Regering het die Dorpsraad op 'n unieke wyse gefinansier. Lenings is aan die Dorpsraad toegestaan. Die lenings tesame met gekapitaliseerde rente moes onderworpe aan bepaalde voorwaardes op voorafbepaalde datums aan die Sentrale Regering terugbetaal word. Ekonomiese en politieke oorwegings het veroorsaak dat die dorp Richardsbaai nie teen die verwagte koers kon ontwikkel nie. As gevolg hiervan kon die Dorpsraad nie die leningskuld teenoor die Sentrale Regering aflos nie. 'n Beroep op die Sentrale Regering om direkte finansiële verantwoordelikheid te aanvaar, is deur laasgenoemde erken. Sodoende het die Sentrale Regering en die Dorpsraad gesamentlik verantwoordelikheid vir die finansiering en die ontwikkeling van die dorp Richardsbaai aanvaar. Die Ontwikkeling van die stelsel van plaaslike regering administiasie van Richardsbaai het die les geleer dat bestaande instellings en administratiewe reëlings nie summier oorboord gegooi moet word nie, maar met verbeeldingskrag by veranderde en veranderende omstandighede aangepas kan word. Hierdeur is 'n voorbeeld gestel wat in vergelykbare omstandighede navolgingswaardig kan wees.
Description
Keywords
Dissertation (M.Admin. (State and Municipal Administration))--University of the Free State, 1983, Local government -- South Africa -- Richards Bay
Citation