'n Ondersoek na wangebruik van geneesmiddels by bejaardes te Bloemfontein: 'n verpleegkundige studie.

Loading...
Thumbnail Image
Date
1980-01
Authors
Van der Lingen, Estelle Christine
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Slot: Die navorsingsbevindings word ten slotte aan die hand van die volgende beskrywing saamgevat: Die gemiddelde bejaarde persoon te Bloemfontein wat voorgeskrewe geneesmiddels gebruik, kan beskryf word as 'n 70-jarige dame wat haar geneesmiddels slegs by die polikliniek by die Nasionale Hospitaal ontvang. Sy is self verantwoordelik vir die neem van haar geneesmiddels, maar neem egter nie al haar geneesmiddels korrek volgens voorskrif nie, want sy maak slegs op haar geheue staat en vergeet soms om dit te neem. Ander geneesmiddels beskou sy weer as onnodig om gereeld te neem en sommige veroorsaak reaksies indien dit gereeld gebruik word. In verband met laasvan die geneesmiddels is in onbruik omdat die geneesheer dit gestaak het of die simptome verdwyn het. Sy is van plan om die geneesmiddels wat in onbruik is terug te neem na die polikliniek. Verder hou sy nie die geneesmiddels in die oorspronklike pakkies nie omdat die pakkies breek en sy dit geriefliker vind as die geneesmiddels in botteltjies is. Sy plaas dit in afsonderlike houertjies maar bring nie etikette op almal aan nie omdat sy die geneesmiddels goed ken en tog net volgens die voorkoms onderskei omdat die naam niksseggend is. Ongelukkig kan sy nie goed sien nie, want sy moet 'n nuwe bril kry. Laasgenoemde veroorsaak dat dit soms moeilik is om die geneesmiddels van mekaar te onderskei. Sy sal nooit van haar geneesmiddels aan iemand anders gee nie omdat sy dit as gevaarlik beskou. Wat die geneeshere aanbetref, verkies sy om elke keer by dieselfde geneesheer 'n afspraak te kry omdat sy voel dat hy haar dan leer ken en verstaan. Laastens verlang sy van 'n geneesheer om vriendelik te wees, opregte belangstelling te toon, deeglik te wees in sy werk en haar eerlik mee te deel wat fout is. Volgens die bevindings van die ondersoek is die wangebruik van geneesmiddels wel 'n probleem by die bejaardes te Bloemfontein. Hierdie ondersoek was, soos reeds bespreek, daarop gerig om die omvang van die probleem en die oorsake daarvan te bepaal. 'n Verdere studie en ondersoek word egter benodig in verband met die wyse waarop voorligting aan die bejaarde gegee moet word en die metodes wat aan die bejaarde gedemonstreer kan word om hulle in staat te stel om die geneesmiddels korrek te neem.
Description
Keywords
Older people, Drug abuse, Dissertation (M.Soc.Sc. (Nursing Science))--University of the Free State, 1980
Citation