Handwerkonderwys in die Oranje-Vrystaat in histories-pedagogiese perspektief gesien
Loading...
Date
1978-07
Authors
Schoeman, Willem Jacobus
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: 'n Ondersoek in verband met navorsing op die gebied van handwerkonderwys
het aan die lig gebring dat daar sover bekend, nog net vier persone is
wat 'n studie van hierdie vak op nagraadse vlak onderneem het. Hierdie
navorsers het hulle op die handwerkonderwys van Kaapland en Transvaal
toegespits , derhalwe bestaan daar 'n groot agterstand wat die Oranje-
Vrystaat in die besonder betref, asook oor die navorsingsveld wat oor
die algemeen tot dusver in verband met handwerkonderwys gedek is.
Hierdie ondersoek handeloor die onderwys van handwerk in die Oranje-
Vrystaat, waar die oog in die eerste plek op die historiese aanvang en
verloop van die vak in die skoolkurrikulum gerig word. Die ondersoek
toon dat dr. John Brebner as Superintendent van Onderwys gedurende die
Republikeinse tydperk baanbrekerswerk verrig het deur met onvermoeide
ywer en op grond van 'n versiende onderwysbeleid 'n nederige dog deeglike
begin met handwerkonderwys by 'n paar skole in die provinsie gemaak het
en waarvan die beginsels op die bekende Sweedse Slojd-kursus, wat
gedurende die laaste kwart van die vorige eeu deur die meeste Wes-
Europese lande in hul skoolstelsel gevolg is, gegrond is. Hy het ook
die behoefte vir 'n ambagskool ingesien sodat jong manne wat as gevolg
van die runderpes en voortdurende droogtes geen boerderyvooruitsigte
gehad het nie, 'n heenkome kon vind deur In ambag te leer. Dit het tot
die stigting van die eerste ambagskool in Bloemfontein aanleiding gegee.
Vervolgens is aangetoon hoedat daar weer van nuuts af met handwerkonderwys
ná die Anglo-Boereoorlog 'n aanvang gemaak moes word, eers onder 'n Kroonkoloniebewind wat as gevolg van finansiële omstandighede nie veel kon
vermag nie, en ook ná Uniewording waartydens stewige grondslae vir die
vestiging van handwerk as onderwysvak in die meeste skole van die
provinsie tot en met Standerd ses gelê is, asook die beheer wat die staat,
die provinsiale owerheid en ouerliggame oor die onderwys uitgeoefen het.
Belangrik in dié verband, was die oorname van ambagskole deur die staat in
1926.
Daar is voorts aangedui hoedat handwerkonderwys ná die tweede wêreldoorlog
tot op skooleindvlak as eksamenvak ontwikkel het, dat Hoër Tegniese Onderwys
ln 1968 weer aan die provinsies toegesê word, dat die leerplanne en kursusse
op nasionale grondslag gekoordineer word en dat 'n nuwe bedeling in verband
met handwerkonderwys met die implementering van die Wet op Nasionale
Onderwysbeleid (Wet nr. 39 van 1967) intree, waardeur die stelsel van
gedifferensieerde onderwys meer prominente plek in die onderwysstelsel
beklee omdat 'n praktiese studierigting naas ander studierigtings tot op
skooleindvlak ingestel word, asook 'n prakties gerigte kursus vir daardie
leerlinge wat nie in die gewone klasse na wense kan vorder nie.
Die uitdruklike bepaling van die Wet op Nasionale Onderwysbeleid dat die
skole van die Republiek 'n Christelike karakter moet hê en dat alle opleiding van onderwysers vir sekondêre skole slegs by 'n universiteit verskaf
moet word, het dié implikasie dat die opleiding van die onderwyser ook 'n
Christelike karakter moet dra. Met die oog hierop is 'n poging aangewend
om vanuit Christelik-wysgerige standpunt 'n uiteensetting van die doelstellings in die opleiding van die handwerkonderwyser te gee, asook die eienskappe wat die handwerkonderwyser moet besit, waardeur hy instaat gestel
sal word om op Christelik-wetenskaplike gronde in prinsipieel-allesdekkende
sin die onvolwasse Christenkind tot die ontsluiting van sy volle persoonlikheid en in al sy lewensuitgange tot die diens van God met sy hele hart,
ook in sy kultuurskepping, uit te lei.
Daar is verder ook saaklik aan die opleiding van die handwerkonderwyser
in historiese verband aandag gegee, waardeur aangedui is hoe die Wet op
Nasionale Onderwysbeleid daartoe aanleiding gegee het dat 'n nie-graadse
Hoër Onderwysdiploma in handwerkonderwys aan die Universiteit van
die Oranje-Vrystaat ingestel is.
Ten slotte word on hipotese vir graadopleiding in handwerkonderwys gestel
en word die noodsaaklikheid van nagraadse studie op hierdie gebied
beklemtoon, deur enkele riglyne met die oog op toekomstige navorsing aan
te dui.
Description
Keywords
Handicraft -- Study and teaching, Education -- South Africa -- Orange Free State -- History, Dissertation (M.Ed. (Didactic Pedagogics))--University of the Free State, 1978