Die kristalstruktuur van 1,2-bis (2-metielpiridinium) etaantetrasianonikkellaat (II) en die kinetika van die bereiding van verwante kwaternere ammoniumsoute

Loading...
Thumbnail Image
Date
1969-12
Authors
Wessels, Gabriël Frederik Stefanus
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Verskeie pogings is al aangewend om die bindingsgeaardheid van die sianiedgroep in komplekse sianiedverbindings te bepaal met behulp van spektrofotometriese metodes. Alhoewel die verskeie metodes al dikwels teenstrydige resultate gelewer het, het dit getoon dat die metaal-koolstof binding vir sommige komplekse sianiede in 'n mindere of meerdere mate 'n dubbelbindingskarakter het. As gevolg van TI tekort aan akkurate interatoomafstande, kon hierdie π-bindingskarakter egter nog nie bevestig word nie. Die bindingsgeaardheid van die sianiedgroep bepaal tot 'n groot mate die aard van die ladingsverspreiding oor so 'n komplekse ioon, terwyl die ruimtelike rangskikking vah die ione ten opsigte van mekaar weer afhanklik is van die ladingsverspreiding oor die ioon. Dit is dus duidelik dat die bindingsafstande tesame met die rangskikking van die ione ten opsigte van mekaar van belang is by die bepaling van die bindingsgeaardheid van die komplekse sianiedione. Die divalente kwaternêre ammonlumsoute van nikkelsianied leen hulle uitstekend vir die bestudering van die rangskikking van die katione ten opsigte van die anione, aangesien die twee positiewe ladings van die katioon van mekaar geskei is oor 'n betreklike groot afstand, maar nie onafhanklik van mekaar is soos in die geval van monovalente ione nie. Dit is dus duidelik dat die afstand tussen die positiewe ladings en sekere steriese effekte, soos afskerming van die positief gelaaide stikstofatoom, tot 'n groot mate die rangskikking van die ione ten opsigte van mekaar sal bepaal. Alhoewel 'n groot aantal van hierdie tipe divalente kwaternêre amnoniumsoute al berei is, is die kinetika van hul vorming egter nog nie ondersoek nie. Die strukture van die komplekse sianiede N,N-dimetiel-4,4 -dipiridiniumtetrasianonikkellaat (II) (C16H14N6Ni) en 1,2-bis(N-metiel-4-piridinium)etileentetrasianonikkellaat (II) (C18H16N6Ni) is onlangs volledig opgeklaar met behulp van X-strale. Om aan te sluit by hierdie tipe komplekse, behals hierdie verhandeling die struktuuropklaring van 'n soortgelyke tipe nikkelsianiedkompleks 1,2-bis (2-metielpiridinium)etaantetrasianonikkellaat (II) (C18H24N6Ni) met behulp van X-strale, en die ondersoek van die reaksiekinetika van verwante kwaternêre ammoniumsoute. Die verbindings C18H24N6Ni, C16H14N6Ni en C18H16N6Ni is verwant aan mekaar deurdat elkeen 'n divalente organiese katioon besit. Die afstande tussen die positiewe ladings op die verskillende katione verskil egter betreklik baie en is onderskeidelik ongeveer 4, 7 en 9 Å.
Description
Keywords
Inorganic chemistry, Cyanides, Crystals, Dissertation (M.Sc. (Chemistry))--University of the Free State, 1969
Citation