Gospel rap and ideology: exploring new paths in critical musicology

Loading...
Thumbnail Image
Date
2002-11
Authors
Viljoen, Martina
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: ARL 991 Vraagstukke van musikale betekenis: 'n ideologie-kritiese benadering Onlangse modelle van musikale betekenis, verteenwoordigend van verskillende dissiplinêre perspektiewe, wissel van semioties/ strukturalisties en semioties/stilisties tot wat as "Nuwe musikologiese" of "postmoderne" modelle getipeer moet word. Hierdie benaderings, wat toenemend gekonfronteer word deur kontekstuele dimensies van musikale betekenis, loop dikwels uit op eensydighede wat 'n spesifieke sosio-historiese of kulturele agenda ooglopend propageer. In die geval van die semioties/stilistiese.-paradigmas, beweeg selfs uitgebreide teorieë oor musikale betekenis nie beduidend verder as die "outonome" teks nie. Terwyl hierdie benaderings die musikale teks óf isoleer óf oorbelas, slaag dit nie daarin om musiek toereikend te tipeer nie. Musiek blyk immers 'n veelkantige, komplekse ideologiese vorm te wees wat gegrondves is in uiteenlopende en ingewikkeld verweefde implikatiewe kontekste wat sowel met die produksie as die resepsie van die teks in verband staan. Na aanleiding van Johan Visagie (1990 & 1996) se benadering tot ideologiese kultuur wil hierdie artikel die grondslae blootlê van 'n inklusiewe analitiese model wat 'gebaseer is op 'n spekulatiewe, dog beredeneerde interpretatiewe ontwerp vir die teoretisering van die verhouding tussen simboliese (semiotiese) inhoud en diskursiewe sosio-kulturele kontekste, sonder om die belang te ontken van ander perspektieweIkontekste wat deel van 'n "argeologie van diskoers" vorm. ARL 992 "Verpak": ideologiese stelling en figuratiewe betekenis in gospel rap As deel van die kritiek teen die universalistiese aansprake en meester-narratiewe van modernisme wat dominante sosiale ordes en magstrukture beskerm, is daar binne onlangse musikologiese studies 'n toenemende bewustheid van die verskillende ideologiese kragte wat deur die musikale teks verswyg word. Terwyl hierdie insigte aanleiding gee tot 'n aansienlike verbreding van die musikologiese agenda, laat verklarings van die ideologiese fenomeen soos toegepas binne 'n sosiaal-gerigte analise van musikale betekenis nóg ruimte vir 'n gesofistikeerde formulering van sosiale kritiek, nóg vir subtieler vorme van diskoers analise. Dikwels berus konstruksies van ideologiese mag op verskraalde, basiese modelle van magsverhoudinge wat op die musikale teks en konteks geïmponeer word. In hierdie artikel word beoog om die toepassing te demonstreer van noorkoepelende ideologie-kritiese raamwerk wat ontwerp is om 'n omvattende en gedifferensieerde verslag te lewer van kragte aanwesig binne ideologiese kultuur. Gebaseer op Johann Visagie se "Ideologiese Topografie van Moderniteit" (ITM) word hierdie kartering van ideologiese kultuur verder uitgebrei met 'n afsonderlike dimensie van Visagie se model, naamlik 'n figuratiewe semiotiek van ideologiese diskoers. Hierdie teoretiese skema word gedemonstreer aan die hand van 'n uitgebreide analise van 'n prototipiese voorbeeld, WRAPPED UP deur die gospel groep Dawkins & Dawkins. As metafories middelike handeling van kontemporêrreligieuse betekenis, word hierdie voorbeeld van gospel rap ontleed as 'n direkte dog komplekse manifestering van strukturele dubbelsinnigheid. ARL 993 Ideologies gekompromitteerde diskoers: tussen ghetto en woestyn Aan die hand van Ricoeur se hermeneutiese "ompad" via die onthullende mag van mite, simbool en narratief, word daar in hierdie artikel gestreef na 'n meer omvattende verstaan van identiteit. Laasgenoemde word bemiddel deur die interpretatiewe perspektiewe van ideologiekritiek en figuratiewe analise, hier aangewend ter formulering van 'n oorspronklike lesing van die gospel rap teks. As deel van die ghetto/woestyn tema word prominente argetipiese figure, verwant aan posture karakteristiek van die menslike bestaan, ondersoek. Via 'n kontekstuele, intermediale lesing van musikale parameters word die narratiewe strekking van die rap lirieke !lg-!!1terpreteer, en trouens her-figureer. Hierdie benadering beklemtoon musiek se rol as 'n- sosiale simboliese proses wat betekenis performatief kommunikeer, skep, kritiseer of selfs transformeer. Dit openbaar terselfdertyd musiek se vermoë om te funksioneer as 'n dinamiese middelganger tot die instandhouding of omverwerping van sosio-religieuse "wêrelde" en "wêreldbeskouïngs". Hierdie metode stem ooreen met Ricoeur se "narratiewe hermeneutiek" wat gebaseer is op 'n altyd hernieude interpretasie van simboliese gebeure binne die wêreld van die teks. ARL 994 Stad van engele: posturale perspektiewe op 'They all fall down' Vanuit die raamwerk van Johann Visagie se benadering tot ideologiese kultuur word die figuur van die engel in GRITS se "They All Fall Down" ontleed as deel van 'n kompleks van inter-verwante sosio-kulturele diskoerse. In hierdie verband word die funksionering' van engele bestudeer as 'n nuwe arbeidsproses wat die dra van boodskappe behels, en waarin die bestaan erken word van sowel die donker engele van ideologie as die apokaliptiese engele van die geskiedenis. Via 'n figuratiewe semiotiek van ideologiese diskoers word die engel verder bestudeer as 'n semiotiese konfigurasie wat ideologiese betekenis deurgee. In hierdie opsig word metaforiese posture, tipies van eksistensiële gebeure wat herhalende patrone van die menslike kondisie simboliseer, in verband gebring met 'n spektrum van argetipiese figure in hierdie teks. Morbiede beelde, spesifiek aangewend binne die visuele en verbale parameters van die video, demonstreer dat produkte van die massa-media as "kaarte van realiteit" mag funksioneer. ARL995 Ideologie en tekstualiteit: representasies van 'Nuwe' Suid-Afrikaanse musikologie Aan die hand van Ricoeur se konsep van die teks gaan hierdie artikel uit van die hipotese dat enige poging om die verhouding tussen musiek en samelewing te bepaal, wesenlik filosofies in aard is. Soos talle ander kategorieë is die grense van "die musikale" onderhandelbaar en vloeibaar, en dit kan (goedskiks) op verskillende maniere bepaal word. Kultureel verwant en kultureelonderhandel is sodanige spekulatiewe konstrukte egter relatief tot empiriese gegewens wat deur intra-tekstuele parameters voorgestaan word. 'n Kritiese bevraagtekening van interpretatiewe standpunte wat 'n polities oorbelaste terrein soos post-apartheid Suid- Afrika ondersoek, belig openlik ideologiese posisies binne die huidige musikologie. As 'n komplekse voorbeeld van 'n spesifiek Suid-Afrikaanse teks-konteks konstruk bied Bongo Maffin se inheemse kwaitolied, "Kung' a khona" ("Die Weg") aansienlike uitdaging aan ontleding. Pogings om dit toe te lig roep interpretatiewe kontekste op wat ons met fundamenteel hermeneutiese vrae konfronteer, en terselfdertyd die grense van 'n transformatiewe identiteitspolitiek deurpeil.
Description
Keywords
Gospel rap, Ideology, Musicology, Multi media, Discourse analysis, Semiotics, Hermeneutics, Metaphor, Narrative, Identity, Music -- Philosophy and aesthetics, Gospel music, Rap (Music), Thesis (Ph.D. (Music))--University of the Free State, 2002
Citation