Vanadium reduction by bacterial isolates from South African mines

Loading...
Thumbnail Image
Date
2005-03
Authors
Van Marwijk, Jacqueline
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: In 1996, members of the Princeton group isolated a thermophilic Fe (III) reducing bacterium from a South African gold mine. Further collections at other mines confirmed that the mining environment harbors distinctive microbial populations, which may have novel applications. The purpose of this study was then to screen bacterial mine isolates for metal reducing capabilities. The bacteria where screened for their resistance to vanadium. Of the group of bacteria studied, one isolate showed high vanadium reducing capability. This unique characteristic was further studied, as well as it’s suitability as a bioremediation tool. The bacterial isolates were screened for vanadate resistance under aerobic, anaerobic and micro-aerophilic conditions. The tolerant isolates were then subjected to whole cell reduction under both aerobic and anaerobic conditions. It was found that not all of the tolerant isolates could reduce vanadate, and that vanadate reduction was enhanced under anaerobic conditions. The isolate which had the highest reduction rate under both aerobic and anaerobic conditions were selected for further experiments. The isolate was identified as belonging to the genus Enterobacter by using 16S rDNA sequencing. Sequencing results was confirmed using both the API 20E and the Biolog system. The isolate was designated as Enterobacter sp.EV-SA01, where EV refers to the place of isolation namely UEvUander gold mine. The maximum vanadate reduction by this microorganism during growth was associated with the early stationary phases, while the optimum conditions for growth were a neutral pH and a temperature between 37 to 39°C. Experiments to elucidate the protein(s) involved with vanadate reduction showed that the majority of the activity was associated with the membranes. The protein(s) responsible for the activity could be released from the membranes by treatment with detergents, but further characterization of the vanadate reducing activity was done using whole cells. The protein(s) showed optimum activity at pH 7 which corresponded with the optimum pH for growth, while optimum temperature was slightly higher at 45°C. A variety of electron donors could be utilized by the bacteria under both aerobic and anaerobic conditions, but the vanadate reducing ability was much higher under anaerobic conditions irrespective of which electron donor was used, with sodium lactate being the preferred electron donor. The in situ reduction experiments showed that the bacteria will be suitable as a bioremediation tool as it was able to survive in situ and reduce the vanadate present. This research has shown new aspects of vanadium reduction, the results can be explored in further studies to refine the bioremediation application of this bacterium. Also, it should be determined whether vanadium reduction in this microorganism is simply a detoxification process or if it has a dissimilatory role. A means to purify the vanadium reducing protein(s) and subsequent characterization should also be explored further.
Afrikaans: In 1996, het lede van die Princeton groep ‘n termofiliese Fe (III) reduserende bakterium geïsoleer uit ‘n Suid Afrikaanse goud myn. Verdere isolasies uit ander myne het bevestig dat myn-omgewings ryk is aan unieke mikrobiese populasies, wat mag beskik oor unieke toepassings. Die doel van hierdie studie was om die bakteriese myn isolate te toets vir metaal reduserende eienskappe. Van die groep bakterieë wat ondersoek is, het een isolaat oor die hoë vanadium reduserende vermoë beskik. Hierdie unieke eienskap is verder ondersoek asook die moontlikheid om hierdie isolaat te gebruik in bioremediëring toepassings. Die bakteriese isolate is getoets vir vanadium toleransie onder aërobiese, anaerobiese en mikro-aerofiliese toestande. Die tolerante isolate is onderwerp aan heel-sel reduksie onder beide aërobiese en anaerobiese toestande. Daar is gevind dat nie alle tolerante isolate oor die vermoë beskik het om vanadaat te reduseer nie, en dat vanadium reduksie verhoog was onder anaerobiese toestande. Die isolaat wat vanadaat die beste gereduseer het onder beide aërobiese en anaerobiese toestande, is gekies vir verder eksperimente. Op grond van 16S rDNS is die isolaat geïdentifiseer as deel van die Enterobacter genus. Die 16S rDNS resultate is bevestig deur gebruik te maak van beide die API 20E asook die Biolog sisteem. Hiervolgens is die bakterium as Enterobacter sp. EV-SA01 gedoop waar EV die plek van isolasie aandui naamlik UEvUander goudmyn. Die maksimum vanadaat reduksie deur hierdie mikroorganisme tydens aktiewe groei was geassosieer met die vroeë stasionêre fase, terwyl die optimum toestande vir groei voorgekom het by ‘n neutrale pH en temperatuur tussen 37 en 39°C. Eksperimente om die proteïen(e) betrokke by vanadaat reduksie te identifiseer het gewys dat die grootste deel van die aktiwiteit membraan gebonde is. Die betrokke ensieme met gepaardgaande aktiwiteit kon los gemaak word vanaf die membrane deur dié te behandel met oplosmiddels, terwyl verdere karakterisering van die vanadaat reduserende aktiwiteit gedoen is deur gebruik te maak van die heel-selle. Optimale aktiwiteit van die vanadaat reduserende proteïen(e) vind plaas by pH 7, wat ooreenstem met die optimum pH tydens groei. ‘n Temperatuur van 45°C is nodig vir optimale ensiem funksie wat effens hoër is as die optimale groei temperatuur. ʼn Verskeidenheid elektron skenkers kan deur die bakterium gebruik word onder beide aërobiese en anaerobiese toestande. Die vanadaat reduserende vermoë van die bakterium is verhoog onder anaerobiese kondisies, ongeag watter van die elektron skenkers gebruik is. Van al die elektron skenkers wat getoets was het dit geblyk dat natrium laktaat die verkose elektron skenker vir vanadaat reduksie is. Die in situ reduksie eksperimente het getoon dat die bakterium geskik is vir bioremediëring toepassings omdat dit in staat was om in situ te oorleef en ook beskikbare vanadaat te reduseer. Hierdie navorsing het nuwe aspekte getoon van vanadium reduksie en die resultate wat verkry is kan gebruik word in verdere studies om die bioremediëring toepassings van hierdie bakterium te verfyn. Verder is dit ook belangrik om te bepaal of die vermoë van hierdie bakterium om vanadaat te reduseer ‘n detoksifiserings proses is, of is dit deel van ‘n proses om energie te genereer? ʼn Metode om vanadium reduserende proteïen(e) te suiwer behoort ook verdere aandag te geniet.
Description
Keywords
Dissertation (M.Sc. (Microbial, Biochemical and Food Biotechnology))--University of the Free State, 2005, Vanadium, Transition metals
Citation