Geestelike groei as kommunikasieproses tussen die lewensverhaal van 'n gelowige en God se verhaal met die gelowige

Loading...
Thumbnail Image
Date
2002-05
Authors
Kleynhans, Daniël Jacobus Bruwer
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: According to social constructionism, every person has a selfconstructed self-narrative. This self-narrative has power and controls a person’s life. Change is thus impossible without changing the story of one’s life (self-narrative). Because a person’s life before God (spirituality) is part of his self-narrative, it is clear that spiritual growth cannot take place without changing the story of his life. Research aims to make the principles used in social constructionism to bring about deconstruction in the self-narratives of people, available to the church with the aim of spiritual growth. Research also aims to free the christian disciplines, which as seen from a certain perspective as the keys to change, on one hand from one-sidedness (partiality), and on the other hand to reconcile with the principles of deconstruction of the social constructionism. In the process the researcher emphasizes the power of communication between God’s story (the Bible) and the self-narrative of a believer as the key to spiritual growth (deconstruction).
Afrikaans: Volgens die sosiale konstruksionisme het elke mens ’n selfgekonstrueerde self-narratief. Hierdie self-narratief of lewensverhaal het mag en beheer die mens se lewe. Verandering is dus onmoontlik sonder dat die lewensverhaal verander. Omdat die mens se lewe voor God (spiritualiteit) deel is van sy lewensverhaal, is dit dus duidelik dat geestelike groei ook nie kan plaasvind indien die lewensverhaal nie verander nie. Die navorsing poog om die beginsels in die sosiale konstruksionisme wat gebruik word om dekonstruksie te bewerk in die lewensverhale van mense, toeganklik te maak vir die bediening met die oog op geestelike groei. Verder poog die navorsing om die christelike dissiplines, wat vanuit ’n sekere hoek gesien word as sleutels tot verandering, enersyds te bevry van eensydigheid en andersyds te versoen met die beginsels tot dekonstruksie van die sosiale konstruksionisme. In die proses beklemtoon die navorser die mag van kommunikasie tussen die Godsverhaal (die Bybel) en die lewensverhaal van die gelowige as sleutel tot geestelike groei (dekonstruksie).
Description
Keywords
Thesis (D.Th. (Practical Theology))--University of the Free State, 2002, Spirituality, Christian life
Citation