Die verkondiging van die Evangelie van Christus aan Suid-Afrikaanse Moslems: 'n gemeentegebaseerde model

Loading...
Thumbnail Image
Date
2003-05
Authors
Scheepers, Phillip Johan
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: The aim of this study is the establishment, for outreach amongst South African Muslims, of a model which recognizes and utilizes the presence of local Christian churches. Insights from both Practical Theology and Missiology are being considered. The study is divided into three main parts, namely a) foundation b) context and c) strategy. The following issues are discussed under these headings: Foundation: It was the intention of the researcher to avoid the pitfall of formulating a strategy on purely pragmatic grounds through the laying of a solid Biblical and Theological basis. This is done through focussing on: a) A theological discussion of the calling of the Church to reach out to those who have not yet responded to the Christian Gospel. b) An analysis of the relationship between the Gospel and Culture with a specific emphasis on outreach amongst South African Muslims. The conclusion is reached that the establishment of mono-cultural congregations should not be part of the outreach strategy, and that everything possible should be done to ensure that the Gospel is communicated in culturally understandable ways. c) The issue of the relationship between different faiths is discussed using three basic approaches namely pluralism, inclusivism and particularism. A particularist approach wherein the uniqueness of the Christian message is maintained, is chosen as the basis of this study. It is emphasized that it is the calling and task of every believer and congregation to proclaim the Gospel in an unbelieving world. Context: In this part of the study the ‘environment’ in which outreach to South African Muslims will occur, is researched. The following issues are discussed: a) The main theological differences between Islam and Christianity as well as an historical overview of the relations between adherents of the two faiths. b) The Muslim community in South Africa is analysed. Specific attention is paid to its history, organisation and priorities. Differences within the community are also discussed. c) Interaction between South African Christians and Muslims is discussed with a specific focus on the relationship between the communities, their perceptions of each other, efforts at Christian outreach and the impact of conversion. Strategy: In this section an attempt is made to formulate a model for Christian outreach amongst South African Muslims based in local churches. It is divided into two main parts. They are: a) A section focusing on outreach among Muslims and b) A section focusing on the pastoral care of those who accepted the Christian faith from an Islamic background. In the first sections suggestions are made for both corporate and individual outreach. Emphasis is laid on the fact that Muslims should be approached with gentleness and respect, and that every effort should be made to introduce them to the message of the Christian Gospel in a culturally understandable way. In the section focusing on the care of Christian believers from an Islamic background the issues that can make the integration of new Christians from a Muslim background, into the church difficult, are highlighted. In response to this, a fivefold model (which entails proclamation and teaching, worship, service, community and encouragement) for the care of converts is suggested. The researcher is convinced that a practical and workable model for outreach among South African Muslims is presented in this study.
Afrikaans: Hierdie studie het ten doel om ’n uitreikmodel onder Suid-Afrikaanse Moslems op te stel wat die teenwoordigheid en hulpbronne van plaaslike Christelike gemeentes deeglik in ag neem. As sulks word daar in hierdie studie insigte vanuit beide die Praktiese Teologie en Sendingwetenskap verreken. Die studie is in drie hoofdele verdeel, naamlik a) begronding (basisteorie) b) konteks en c) strategie (praktykteorie). Hierdie gedeeltes omvang die volgende sake: Begronding: Daar word gestreef om die uitreikstrategie nie bloot vanuit pragmatiese oorwegings op stel nie, maar om dit eerder deeglik teologies en Bybels te begrond. In hierdie gedeelte word daar dus op die volgende sake gefokus. Eerstens word ’n teologiese begronding van die taak van die kerk om na mense wat nog nie op die Christelike Evangelie gereageeer het nie, uit te reik, aangebied. Tweedens word die wisselwerking tussen die Evangelie en kultuur met spesifieke verwysing na uitreik onder Suid-Afrikaanse Moslems bespreek. Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat daar nie gestreef kan word na monokulturele gemeentes nie, en dat daar gestreef moet word daarna om die Evangelie op kultureel-verstaanbare maniere aan Suid-Afrikaanse Moslems te bring. Derdens word daar gekyk na die verhouding tussen godsdienste aan die hand van drie basiese benaderings, naamlik pluralisme, inklusivisme en partikularisme. Daar word gekies vir ’n partikularistiese verstaan waarbinne die uniekheid van die Christelike Evangelie gehandhaaf word met klem daarop dat dit die taak van elke gelowige en gemeente is om hierdie Evangelie te verkondig. Konteks: In hierdie gedeelte word die ‘omgewing waarbinne uitreik onder Suid-Afrikaanse Moslems moet plaasvind’ verreken. Die volgende sake word onder bespreking gebring. Eerstens word daar gefokus op die vernaamste teologiese verskille tussen Islam en die Christendom en word ’n historiese oorsig oor die verhouding tussen Christene en Moslems aangebied. Die Moslemgemeenskap in Suid-Afrika word verder ook onder bespreking gebring. Daar word gefokus op die geskiedenis, huidige organisering, verskilpunte binne en prioriteite van hierdie gemeenskap. Laastens word interaksie tussen Suid-Afrikaanse Moslems en Christene ook onder bespreking geneem. Dit word gedoen deur te fokus op die geskiedenis van die verhouding tussen Moslems en Christene in Suid-Afrika, die geskiedenis van Christelike uitreik onder Suid-Afrikaanse Moslems, wedersydse persepsies en die impak van bekerings na en van Islam en die Christendom in Suid-Afrika. Strategie: Hierdie gedeelte fokus op die formulering van ’n uitreikmodel onder Suid-Afrikaanse Moslems wat deur Suid-Afrikaanse Christelike gemeentes geïmplementeer kan word en is in twee dele verdeel. Die eerste hiervan fokus spesifiek op uitreik onder Moslems en die tweede op die versorging van persone wat die Christelike geloof vanuit ’n Islamitiese agtergrond aanneem. Wat die eerste gedeelte betref, word voorstelle vir beide gemeenskaps- en persoonlike uitreik gemaak. Klem word daarop gelê dat Moslems met eerbied en respek benader moet word en op kultureel-verstaanbare maniere aan die Christelike Evangelie voorgestel word. Binne die gedeelte oor die versorging van nuwe gelowiges word daar aanvanklik gefokus op sekere sake wat dit moontlik vir Christene vanuit ’n Islamitiese agtergrond moeilik kan maak om suksesvol deel te word van ’n Christelike gemeente. In reaksie hierop word daar dan ’n vyfvoudige model (wat op verkondiging en onderrig, liturgiek, diens, gemeenskap en bemoediging berus) voorgestel waarvolgens nuwe gelowiges binne gemeentes verwelkom kan word. Dit is die navorser se oortuiging dat hierdie studie ’n praktiese, werkbare model vir Christelike uitreik onder Suid-Afrikaanse Moslems voorstel.
Description
Keywords
Thesis (D.Th. (Practical Theology))--University of the Free State, 2003, Christianity and other religions -- Islam, Islam -- Relations -- Christianity, Missions to Muslims
Citation