The Canada / South Africa Provincial Twinning Project's contribution to strengthening South African provincial governments
Loading...
Files
Date
Authors
Minja, Lynn Amelia
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Showing abstract in Afrikaans
Afrikaans: Vennootskapsooreenkomste word as bestuursinstrumente in die openbare, privaat en vrywilligheidsektore gebruik. Dit is die
afgelope jare toenemend aangewend as ‘n meganisme om kapasiteit in die regeringsektor te ontwikkel. Die Kanadese
Internasionale Ontwikkelingsagentskap (CIDA) het tussen 2000 en 2004 ‘n soortgelyke vennootskapsooreenkoms, te wete,
die Kanada Suid-Afrika Provinsiale Vennootskapsprojek, ten opsigte van regeringsamewerking befonds. Die Instituut vir
Publieke Administrasie van Kanada (IPAC) het as die uitvoerende agentskap vir hierdie vennootskapsooreenkoms gedien.
Die kantore van die projek was gesetel by die Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein, Suid Afrika en die
Staatsdienskommissie, Regina, Saskatchewan, Kanada.
Die doel van die projek was om Suid Afrikaanse provinsiale regerings te versterk deur hulle te verbind met Kanadese
provinsiale regerings. Die primêre vraag wat in hierdie studie ondersoek is, was dus of die vennootskapsooreenkomste as
bestuursinstrumente demokratiese regering in die nuwe Suid Afrikaanse provinsiale regerings kon versterk deur middel van
hulpverlening op ‘n vrywillige grondslag deur Kanadese ampsgenote. Die studie het die totale tydsduur van die
vennootskapsooreenkoms ingesluit.
Kanadese provinsiale regerings het geleenthede gebied aan Suid Afrikaanse provinsiale regerings om ondersoek in te stel na
strukture, prosesse en diensleweringsmodelle en het ook met hulle gedeel oor die onderliggende beginsels van en lesse geleer
tydens bekendstelling en implementering. Suid Afrikaanse openbare amptenare is die geleentheid gebied om hul Kanadese
ampsgenote te evalueer in terme van elemente van hul werk wat ooreenstemmend is. Hulle het die nodige veranderinge in
hul werksomgewing ingestel en die nodige leierskap verskaf vir die goedkeuring, verfyning, implementering en voortgesette
gebruik van sodanige veranderinge.
Elke Suid Afrikaanse provinsie en elke vennootskap het spesifieke resultate wat gedokumenteer is, opgelewer. Van die
resultate het verband gehou met aspekte wat met die projek geintegreer is,insluitend geslagsgelykheid, volhoubare
ontwikkeling, armoedeverligting en HIV/VIGS. Beleide, programme, metodes en hulpbronne wat deur een provinsie
ontwikkel is, is gedeel met, en word tans nog gedeel met ander provinsies sowel as ander Afrika lande. Die resultate het ‘n
hoë vlak van volhoubaarheid gehad, want dit is onderskryf deur senior amptenare en verkose politieke ampsdraers, gebaseer
op beginsels wat aangepas is vir plaaslike omstandighede en geïnkorporeer is by die regering se agenda sowel as provinsiale
begrotings.
Teen die einde van die Vennootskapsooreenkomsprojek, het die gedokumenteerde resultate aangedui dat daar wel kapasiteit
in die Suid Afrikaanse provinsiale regerings ontwikkel is. Kapasiteit is gebou deur vaardighede te verbeter in terme van
individue, groepe binne provinsiale regerings in terme van besluitneming, masjinerie van regering, menslike hulpbronne en
programontwikkeling en lewering. Kapasiteit is ontwikkel deur die verkryging en deel van kennis sowel as die toepassing
van hierdie kennis. Die leer van nuwe idees en inligting relevant tot mense se provinsies het in elke aktiwiteit plaasgevind in
elke provinsie. Kennisdeling en kundigheid het wyd in die werksomgewing voorgekom deur die ontwikkeling van
leernetwerke.
Prestasiemeting, spesifiek resultaat gebaseerde bestuur, was die instrument wat deur die Venootskapsooreenkomsprojek
gebruik is om resultate te identifiseer, te meet en te rapporteer. Hoewel al die deelnemers die meting van prestasie en
dokumentering van resultate ondersteun het, is bevind dat die stelsel wat deur die befondsingsagentskap gebruik word rigied
en nie koste-effektief is nie. Onduidelikhede in terme van rolverdeling en verantwoordelikhede is ander uitdagings wat
ervaar is.
Verskeie voorbeelde waar die Vennootskapsooreenkomsprojek aan die geïdentifiseerde beste praktyke voldoen en dit selfs
oortref het, is geïdentifiseer. Voorbeelde sluit in die effektiewe gebruik van die vennootskap as instrument, die oordrag van
kennis, kapasiteitsontwikkeling, samewerkende vennootskappe, en vrywillige deelname. Die
Vennootskapsooreenkomsprojek het hoë vlakke van volhoubaarheid gedemonstreer indien gemeet word aan die kriteria van
plaaslike eienaarskap, relevansie, omvattendheid, vennootskappe, skakeling en stabiliteit. Netwerke wat deur middel van die
Vennootskapsooreenkomsprojek vasgestel is sowel as dié buite die projek het die deel van gemeenskaplike waardes
beklemtoon en het bygedra tot die ontwikkeling van blywende vriendskappe en verhoudinge tussen die Suid Afrikaanse en
Kanadese provinsies.
Die algemene ervaring van die twee lande met die vennootskapsooreenkoms as instrument was positief. Die vennootskappe
het gehelp om die kapasiteit van sentrale agentskappe en lyndepartemente te bou. Dit het staatsamptenare gehelp om kennis
en vaardighede te bou wat nodig is vir die ontwikkeling en implementering van beleide en programme, en om die
verwagtinge van die publiek en agenda van verkose politieke ampsdraers te bevorder. Hierdie projek het bygedra tot ‘n
sterker fondament vir demokratiese provinsiale regering sowel as samewerkende regering.
Description
Thesis (Ph.D. (Public Management))--University of the Free State, 2005