Service learning as a pedagogical approach for the enhancement of employability skills in BCom students

Loading...
Thumbnail Image
Date
2016-06
Authors
Myburgh, Elanie
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: The study has been undertaken against the background of the effect that a service learning module might have on BCom students’ employability skills and the students’ awareness in this regard. In this day and age, a qualification alone is not enough for graduates to secure a job. Employers are looking for graduates with a complete skills set, namely work experience, practical application of knowledge, communication skills, leadership, working with diverse people and computer skills, to name a few. With the current economic situation globally and in South Africa, there is no guarantee for graduates to be employed after graduation. Nevertheless, many students enrol in higher education institutions in the hope of not only obtaining a degree, but also a golden ticket to enter the world of work. Community engagement is one of the three pillar responsibilities of higher education institutions. In turn, service learning is one of the spheres embedded within community engagement. Service learning differs from the traditional mode of teaching and learning due to the fact that students have to visit a community partner, work on a specific project where they share their academic knowledge, and at the same time learn from the community partner. Service learning students therefore are empowered to experience the application of knowledge during their service learning hours and thus gain an understanding of the world of work. Students also are exposed to entrepreneurship during their service learning experiences and they might venture into this field if they do not find a suitable job. In 2013 all the second-year BCom students in the Faculty of Economic and Management Sciences at the University of the Free State were enrolled for a service learning module. The main aim of this study was to investigate the mentioned second-year BCom students’ experiences and perceptions of their service learning opportunities and the influence or impact it had on their own employability skills. For this purpose, the researcher first had to investigate, through a literature review, current local and global perspectives on employability skills, service learning as a pedagogical approach and how service learning links with employability skills in the context of higher education. The literature review formed the basis for the subsequent empirical investigation. The empirical investigation entailed a qualitative, explorative case study design with multiple sources of information and only limited quantitative enhancement. The 2013 data set was obtained from responses of students’ assessment tasks in the module, namely pre- and post-implementation questionnaires, a letter to a friend explaining the student’s understanding of service learning, as well as a PowerPoint presentation task in which students had to explain what they had learned from the relevant service learning module, and whether they considered themselves to be more employable after their service learning experiences or not. The second set of data was collected in 2015 by means of five follow-up focus group interviews conducted with students from the same population (i.e. students who were enrolled in 2013 for the relevant module), who responded to an SMS invitation to take part. Each focus group eventually included eight participants from the five departments within the Faculty of Economic and Management Sciences, respectively. This enabled the researcher to explore the students’ experiences and perceptions of service learning as pedagogy, which employability skills these students believed their service learning projects fostered, and which evidence existed of a relationship between service learning and employability skills. Through a method of comparison, and the interpretation of the literature and empirical research findings, the researcher not only identified the implications of the research findings, but also formulated a number of recommendations for further action in response to these implications. The major outcome of the study is the construction of a proposed framework of guidelines for planning and implementing a service learning module or programme that would enhance the development of employability skills in Economic and Management Sciences students. The value of the study is found in the presentation of the final framework with a set of guidelines for ease of implementation. The study confirms that service learning and employability skills could complement each other and thus together enable, foster, create and impact a student’s learning experiences and perceptions regarding the world of work and the need for lifelong learning.
Afrikaans: Dié navorsing is onderneem teen die agtergrond van die uitwerking wat ʼn diensleermodule op BCom-studente se indiensnemingsvaardighede mag hê, en die mate waarin studente daarvan bewus is. In die huidige omstandighede is ʼn kwalifikasie nie meer voldoende om gegradueerdes van ʼn aanstelling te verseker nie. Werkgewers verlang gegradueerdes met ʼn volledige stel vaardighede, naamlik werkervaring, toepassing van kennis in die praktyk, kommunikasievaardighede, leierskap, die vermoë om met diverse mense te werk en rekenaarvaardighede, om enkeles te noem. Weens die huidige ekonomiese situasie wêreldwyd en in Suid-Afrika is daar geen waarborge vir gegradueerdes dat hulle werk sal kry nadat hulle afgestudeer het nie. Nogtans skryf groot getalle studente jaarliks by hoëronderwysinstellings in met die hoop om nie net ʼn graad te verwerf nie, maar ook dat dit aan hulle ʼn vrypas tot die arbeidsveld sal verskaf. Gemeenskapsbetrokkenheid is een van drie basiese verantwoordelikhede van hoëronderwysinstellings. Op sy beurt is diensleer een van die terreine wat ingebed is in gemeenskapsbetrokkenheid. Diensleer verskil van die tradisionele modus van onderrig en leer in die sin dat studente ʼn gemeenskapsvennoot moet besoek, aan ʼn bepaalde projek moet werk waar hulle akademiese kennis deel, en die student terselfdertyd van die gemeenskapsvennoot leer. Diensleerstudente word dus bemagtig om die toepassing van kennis gedurende hul diensleerure te ervaar en verkry dus ʼn beter begrip van die werkomgewing. Studente word ook tydens diensleer blootgestel aan entrepreneurskap en kan dan dié terrein betree indien hulle nie geskikte werk kan vind nie. Gedurende 2013 is al die tweedejaar-BCom-studente in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aan die Universiteit van die Vrystaat ingeskryf vir ʼn diensleermodule. Die hoofoogmerk van hierdie studie was om die genoemde tweedejaar-BCom-studente se ervaring en persepsies van diensleerbetrokkenheid te ondersoek, asook om die gevolge daarvan of impak wat dit op hul indiensnemingsvaardighede gehad het, te bepaal. Met dié doel voor oë moes die navorser eers deur middel van ʼn literatuurondersoek bestaande plaaslike en wêreldbeskouings oor indiensnemings-vaardighede bestudeer, tesame met diensleer as pedagogiese benadering en hoe diensleer binne die konteks van hoër onderwys met indiensnemingsvaardighede in verband gebring kan word. Die literatuurstudie het die grondslag van die daaropvolgende empiriese studie gevorm. Die empiriese ondersoek het gebruik gemaak van ʼn kwalitatiewe, ondersoekende gevallestudie-ontwerp met veelvuldige inligtingsbronne en slegs beperkte kwantitatiewe uitbouing. Data vir die 2013-ondersoek is verkry uit die response van studente se assesseringstake in die module, naamlik voor- en na-implementeringsvraelyste, ʼn brief aan ʼn vriend waarin die studente hul begrip van diensleer moes beskryf, asook ʼn PowerPoint-aanbieding waarmee die studente moes verduidelik wat hulle uit die betrokke diensleermodule geleer het, en of hulle hulself meer geskik vir indiensneming beskou na hul diensleerervarings of nie. Die tweede stel data is in 2015 ingesamel deur middel van vyf opvolg-fokusgroeponderhoude met studente uit dieselfde populasie (dit wil sê studente wat in 2013 vir die betrokke module ingeskryf was) nadat hulle gereageer het op ʼn sms-uitnodiging om deel te neem. Elke fokusgroep het uiteindelik bestaan uit agt deelnemers respektiewelik uit die vyf departemente in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Hierdeur kon die navorser die studente se ervarings en persepsies van diensleer as pedagogiek ondersoek, asook watter indiensnemingsvaardighede studente geglo het deur die diensleerprojekte bevorder is, en watter bewyse bestaan vir ʼn verband tussen diensleer en indiensnemingsvaardighede. Deur van ʼn metode van vergelyking en die interpretasie van literatuur- en empiriese bevindings gebruik te maak, het die navorser nie slegs die implikasies van die navorsingsbevindings geïdentifiseer nie, maar ook ʼn aantal aanbevelings geformuleer vir verdere aksies in respons op die implikasies. Die belangrikste uitkoms van die studie is die samestelling van ʼn voorgestelde raamwerk van riglyne vir die beplanning en implementering van ʼn diensleermodule of -program wat die ontwikkeling van indiensnemingsvaardighede van studente in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe sal bevorder. Die waarde van die studie is geleë in die aanbieding van die finale raamwerk met ʼn stel riglyne wat maklik is om te volg en te implementeer. Die studie bevestig dat diensleer en indiensnemingsvaardighede mekaar duidelik aanvul en gesamentlik studentebevoegdhede bevorder, uitbrei en skep, en ʼn impak maak op die studente se leerervarings en hul persepsies aangaande die wêreld van werk en die belangrikheid van lewenslange leer.
Description
Keywords
Higher education, Employability skills, Service learning, Thesis (Ph.D. (Higher Education Studies))--University of the Free State, 2016
Citation