Exploring children's coping with divorce: a phenomenological perspective

Loading...
Thumbnail Image
Date
2007-11
Authors
Roux, Lynette Mary
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: The effect of divorce on children has, since the 1970s, received much attention in the literature. Factors that influence children’s coping within this context have also been widely investigated and reported on. Considering that statistics indicate that there has been an increase of over 300% in the number of children that have been involved in divorces since 1970 to date in South Africa, it is of extreme importance that children’s coping, and that which assists them in coping with the impact of their parents’ divorce, is explored within the South African context. The divorce of a child’s parents has been taken to be one of the most stressful events with which a child may have to cope. It is not surprising that it has been found that children are negatively impacted upon by divorce. Divorce has been found to influence children emotionally, academically, socially and even physically. While the effects have been researched extensively the results have over time proven to be somewhat contradictory. This has in the last decade resulted in an international resurgence in interest into the effects of divorce on children. It has been suggested that children are not always negatively impacted upon by their parents’ divorce and do not necessarily show long-term negative sideeffects. Furthermore, in investigating children’s coping with their parents’ divorce it was found there was a need to explore the ways in which children cope with this phenomenon specifically from the children’s perspective. Previous studies have relied largely on adults’ perspectives on children’s coping. From a phenomenological perspective this study employed a grounded theory methodology, in order to allow the data from interviews with forty one children from white, middle-class families to elucidate their perspectives enabling a new understanding of children’s coping within the context of divorce to be developed. Eight categories were developed incorporating coping strategies pertaining to personal factors, relationships, spiritual and therapeutic interventions, the role of extra-mural activities and a stable environment, as well as the role of conflict and resiliency. It was found that children need to develop a personal understanding of their parents’ divorce and be given the opportunity to voice their opinions in developing a sense of consistency in their lives. A new conceptualisation of children’s coping was developed, giving recognition to the intentionality and unintentionality of children’s coping that existing taxonomies of coping strategies did not address. Although this study was begun prior to the ratification of the Children’s Act, 2005 (Act No. 38 of 2005), the findings of this study support some of the principles enshrined in this new Act. The children’s expressed desire to have a voice on matters pertaining to themselves, the need for co-parenting and “equal time” and the value of involvement of other significant people in their lives were all concepts that were found to assist children in their coping with divorce.
Afrikaans: Sedert die jare sewentig het die uitwerking van egskeiding op kinders baie aandag in die literatuur geniet. Daar is veral wyd ondersoek ingestel en nagevors oor die faktore wat kinders in staat stel om egskeiding te hanteer. Die statistiek toon dat getal kinders wat van 1970 tot op datum in egskeidings in Suid-Afrika betrokke was, met 300% toegeneem het. Dit is dus uiters belangrik dat kinders se hantering van die uitwerking van hulle ouers se egskeiding tesame met die faktore wat hulle help om dit te hanteer, in die Suid-Afrikaanse konteks ondersoek word. Die egskeiding van 'n kind se ouers word beskou as een van die stremmendste gebeurtenisse wat ’n kind die hoof moet bied. Dit is nie verrassend nie wat daar bevind is dat egskeiding kinders benadeel nie. Daar is bevind dat egskeiding kinders emosioneel, akademies, sosiaal en selfs fisies beïnvloed. Hoewel die uitwerking van egskeiding indringend nagevors is, was die gevolgtrekkings taamlik teenstrydig. Oor die laaste dekade was daar gevolglik ’n internasionale opwelling van belangstelling in die uitwerking van egskeiding op kinders. Daar word beweer dat kinders nie altyd deur hulle ouers se egskeiding benadeel word nie en nie noodwendig negatiewe langtermyneffekte oorhou nie. Die ondersoeke na kinders se hantering van hulle ouers se egskeiding het aan die lig gebring dat dit nodig is om die maniere waarop kinders hierdie fenomeen behartig, spesifiek van die kinders se perspektief te ondersoek.Vorige studies het hoofsaaklik gebruik gemaak van volwassenes se perspektiewe van kinders se hantering. Uit 'n fenomenologiese oogpunt het hierdie studie gebruik gemaak van ’n begronde teorie-metodologie, sodat die data uit onderhoude met 41 kinders uit blanke middelklasgesinne die kinders se perspektiewe kon toelig en sodoende ’n nuwe insig van kinders se hantering in die konteks van egskeiding ontwikkel kon word. Agt kategorieë is ontwikkel wat hanteringstrategieë omvat wat betrekking het op persoonlike faktore, verhoudinge, geestelike en terapeutiese intervensies, die rol van buitemuurse aktiwiteite en ’n stabiele omgewing, sowel as die rol van konflik en veerkragtigheid. Daar is bevind dat kinders ‘n persoonlike insig in hulle ouers se egskeiding moet ontwikkel en die geleentheid moet kry om hul menings te lug terwyl hulle ’n gevoel van bestendigheid in hul lewens ontwikkel. 'n Nuwe konseptualisering van kinders se hantering is ontwikkel, wat erkenning gee aan die doelbewustheid en ondoelbewustheid van kinders se hantering wat die bestaande taksonomieë van hanteringstrategieë nie ingeneem het nie. Hoewel hierdie studie aangepak is voor die bekragting van die Kinderwet, 2005 (Wet No. 38 van 2005), ondersteun die bevindinge van die studie sekere van die beginsels wat in die nuwe Wet vervat is. Die kinders se uitgesproke begeerte om seggenskap te mag hê in sake wat op hulle betrekking het, die behoefte aan gesamentlike ouerskap en ‘gelyke tyd’ en die waarde van die betrokkenheid van ander belangrike mense in hulle lewens was almal konsepte wat kinders help om egskeiding te hanteer.
Description
Keywords
Thesis (Ph.D. (Child Psychology))--University of the Free State, 2007, Phenomenological study, Grounded theory, Coping strategies, Children, Divorce, Co-parenting, The right to have a say, Relationships
Citation