A staff development programme for newly appointed academics in the Faculty of Health Sciences, University of the Free State

Loading...
Thumbnail Image
Date
2016-01
Authors
Van Wyk, Chantel
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: In this research project, an in-depth study was conducted with a view to developing a formal, outcomes-based staff development programme aimed at orientating, developing and supporting the newly appointed academic staff member in the Faculty of Health Sciences (FoHS), University of the Free State (UFS). The training and development of academic staff members have not yet been researched in the FoHS setting and it is believed that by offering newly appointed staff members appropriate, scientifically founded, outcomes-based staff development opportunities, they might be integrated in the educational culture of the faculty with more ease, and become better equipped health sciences educators. The overall goal of the study was to provide quality training to newly appointed academic staff members in the FoHS, UFS, with a view to improving the overall quality of teachinglearning, educational research and administrative competence; to ensure continued highlevel academic activities in departments, schools, the faculty and the university and, most important, to enhance the learning success of the students who ultimately, as health care professionals exiting our institution, will offer a skilful and valuable service to their communities. The overall research question which was pursued was: What should an outcomes-based staff development programme, which complies with adult education principles, and is aimed at newly appointed academic staff members in Health Sciences, entail? This study included components of both qualitative and quantitative research. The purpose of the literature study was to contextualise and conceptualise staff development for newly appointed academics. A qualitative phenomenological research design, making use of focus group interviews, was used to determine how a cohort of newly appointed academics, who attended the course for newly appointed lecturers in the FoHS, UFS, during the previous three years (2011-2013), had experienced the course. Findings of the questionnaire survey were used to inform the content of the envisaged staff development programme for newly appointed academic staff in the FoHS, UFS. In terms of the focus group interview findings, respondents overall expressed positive experiences, but room for improvement in the existing course for newly appointed lecturers was identified. The findings of these interviews were used to make improvements to the 2014 and 2015 courses for newly appointed lecturers offered by the DHSE in the FoHS, UFS. The results of the questionnaire survey gave an indication when the newly appointed academics should be exposed to certain roles. These results also were used to determine the timeframe and additional topics to be included in the final programme. Findings from the literature study and the questionnaire survey were used to identify needs of the FoHS, UFS academics and competencies of an academic in health sciences, which in turn were used to develop a three-phase staff development programme. Each phase in the programme consists of several units with unique outcomes and learning activities which consider the adult learner. A contribution is made and new knowledge is added to both the fields of staff development and health sciences education. By exploring the experiences of newly appointed academics and describing responses of both newly appointed and more experienced academic staff members at the FoHS, UFS, a faculty-specific staff development programme was developed. The research approach followed ensured quality, trustworthiness, reliability and validity in the research. The developed programme ensures a basis for follow-up research in terms of implementation and evaluation of this programme, as well as related future research.
Afrikaans: In hierdie navorsingsprojek is 'n grondige studie uitgevoer met die oog op die ontwikkeling van 'n formele, uitkomsgebaseerde personeelontwikkelingsprogram met die oog op die oriëntering, ontwikkeling en ondersteuning van die pas aangestelde akademiese personeellid in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe (FGW), Universiteit van die Vrystaat (UV). Die opleiding en ontwikkeling van akademiese personeel in die FGW, UV, is nog nie nagevors nie, en daar word geglo dat deur toepaslike, wetenskaplikgegronde, uitkomsgebaseerde personeelontwikkelingsgeleenthede aan pas aangestelde personeellede te bied, hulle vroeër by die opvoedkundige kultuur van die fakulteit geïntegreer kan word en beter toegerus sal wees as gesondheidswetenskapopvoeders. Die oorkoepelende doel van die studie was om kwaliteit opleiding aan pas aangestelde akademiese personeel in die FGW, UV te bied met die oog daarop om die algehele gehalte van onderrig-leer, onderwysnavorsing en administratiewe bevoegdheid te verbeter; om volgehoue hoëvlak- akademiese aktiwiteite in departemente, skole, die fakulteit en die universiteit te verseker en, die belangrikste, die leersukses van studente, wat as gesondheidswerkers ons instelling verlaat, te verseker sodat hulle 'n vaardige en waardevolle diens aan hul gemeenskappe kan bied. Die navorsingsvraag wat beantwoord moes word, was: Wat moet 'n uitkomsgebaseerde personeelontwikkelingprogram, wat voldoen aan die beginsels van volwasseneonderwys, en wat gemik is op pas aangestelde akademiese personeel in Gesondheidswetenskappe, behels? Die studie het komponente van beide kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsing ingesluit. Die doel van die literatuurstudie was om personeelontwikkeling vir pas aangestelde akademici te kontekstualiseer en te konseptualiseer. 'n Kwalitatiewe fenomenologiese navorsingsontwerp met fokusgroeponderhoude as data-insamelingsmetode is gebruik om te bepaal hoe 'n groep pas aangestelde akademici, wat die kursus vir pas aangestelde dosente in die FGW, UV oor ’n tydperk van drie jaar (2011-2013) deurloop het, dit ervaar het. 'n Vraelysopname is gebruik om die inhoud van die beoogde personeelontwikkelingsprogram vir pas aangestelde akademiese personeel in die FGW, UV te bepaal. Die bevindinge van die fokusgroeponderhoude het op oorwegend positiewe ervarings gedui, maar het ook ruimte vir verbetering in die bestaande kursus vir pas aangestelde dosente gebied. Die bevindinge verkry uit die onderhoude is reeds gebruik om verbeteringe aan te bring aan die 2014- en 2015-kursus vir pas aangestelde dosente, aangebied deur die Afdeling Gesondheidswetenskappe-Onderwys (AGWO) in die FGW, UV. Die resultate van die vraelysopname het aangedui op watter stadium in hul loopbane pas aangestelde akademici blootgestel behoort te word aan sekere rolle. 'n Moontlike tydraamwerk vir die program en addisionele onderwerpe wat in die finale program ingesluit kon word, is ook op grond van dié bevindinge bepaal. Bevindinge van die literatuurstudie en die vraelysopname is gebruik om die behoeftes van die akademici aan die FGW, UV te bepaal, asook die bevoegdhede waaroor ’n akademiese personeellid in gesondheidswetenskappe moet beskik. Dié bevindinge is gebruik om 'n driefase-personeelontwikkelingsprogram te ontwikkel. Elke fase in die program bestaan uit verskeie eenhede met unieke uitkomste en leeraktiwiteite wat die kenmerke van volwasse leerders in ag neem. Die studie lewer 'n bydrae en nuwe kennis word toegevoeg tot beide die terreine van personeelontwikkeling en gesondheidsberoepeonderwys. Deur die verkenning van die ervarings van pas aangestelde akademici en die beskrywing van response van beide pas aangestelde en meer ervare akademiese personeel in die FGW, UV is ’n fakulteitspesifieke personeelontwikkelingsprogram ontwikkel. Die navorsingsbenadering wat gevolg is, verseker die gehalte, geloofwaardigheid, geldigheid en betroubaarheid van die navorsing. Die program wat ontwikkel is, skep 'n basis vir opvolgnavorsing rakende die implementering en evaluering van die program, en skep ook geleenthede vir ander navorsing op die terrein.
Description
Keywords
Health professions education-related teaching-learning, Health sciences education, Higher education, Newly appointed academics, Staff development, Thesis (Ph.D. (Health Professions Education))--University of the Free State, 2016
Citation