Die diensplig-SAW generasie en die soeke na heling, versoening en sosiale geregtigheid
Abstract
English: The former (Afrikaner) SADF-conscript generation is to a large extent experiencing an
identity crisis. This crisis is due to two factors. First of all, there is a new dispensation where
Afrikaners are a minority group. They feel alienated and even frustrated and confused.
Secondly, their identity has been challenged and some would say defeated. What is their
role and new identity in the current SA? They fought a war and participated internally in
operations within a specific local, regional and global context. This identity had been formed
through their own particular history as well as certain theological and ideological worldviews
and frameworks. The Tempe shooting incident in Bloemfontein in 1999 was the clash of two
ideological worlds. It showed how fragile peace and relationships between different diverse
groupings still are. The responses to a questionnaire completed by this generation indicate a
certain degree of confusion, woundedness, ignorance and an unwillingness to embrace the
changes taking place in this country. This Afrikaner identity (beliefs, attitudes, worldview), as
argued in this study, should be Biblically and Christologically reoriented. The Church as an
agent is in the unique position to facilitate a spiritual process of taking responsibility of its
part in the past and present, to confess to it and thus starting the process of being healed of
the scars of the past, experiencing forgiveness and being in the position to bring a positive
contribution to our country. It is the only way to adapt, survive and to make meaningful
contributions towards the new South Africa. A spiritual process, their own ‘TRC’ can
contribute to real reconciliation in the country. Afrikaans: Die SAW-dienspliggenerasie beleef as Afrikaners tot ʼn groot mate ʼn identiteitskrisis as
gevolg van die veranderinge wat sedert die vroeë 1990s in Suid-Afrika plaasgevind het.
Hulle het binnelands en buitelands geveg teen ʼn vyand wat nou in Namibië en Suid-Afrika
regeer. Die huidige regering beskou nie SAW in ʼn positiewe lig nie. Die uitsluiting van SAW
gestorwenes se name by die Vryheidspark is hiervan ʼn voorbeeld.
Die SAW-dienspliggenerasie het aan ʼn gewapende konflik met ʼn bepaalde identiteit (beeld
van homself as Afrikaner) deelgeneem. Die identiteit is veral deur bepaalde historiese
gebeure soos die Groot Trek, die Slag van Bloedrivier, en die Boereoorloë gevorm.
Teologiese en ideologiese invloede het hierdie lewens en wêreldbeskouing help vorm. Die
identiteit is na alle waarskynlikheid versterk tydens die jare 1966-1989, wat ook as die
Bosoorlog bekend staan. Die identiteit is uitgedaag in die nuwe demokratiese bedeling, dalk
selfs volgens sommige menings, verslaan. Die geslag is ook dikwels aan die ontvangkant
van regstellende aksie. Dit, tesame met misdaad en korrupsie, veroorsaak dat talle hulleself
vervreemd voel van die huidige bedeling. Hulle was maar net gehoorsame kinders en
soldate tydens ʼn plaaslike bevrydingstryd in Suid-Afrika, ʼn anti-koloniale streekskonflik in
SWA/Namibië asook ʼn globale Koue Oorlog waarvan ʼn gedeelte in Angola afgespeel het.
Die SAW, as deel van die Afrikanerinstellings, was egter verantwoordelik vir die uitbouing en
instandhouding van apartheid. Teologies is die stelsel reeds deur Afrikanerkerke veroordeel
en skuld is bely. Tog blyk dit dat min Afrikaners die hartseer impak besef wat die stelsel op
die meerderheid Suid-Afrikaners gehad het. Ten einde vreedsaam te leef saam met die
ander mede-landgenote, is dit van belang om die realiteite in die oë te kyk. Dit moet egter op
Bybelse wyse geskied wat die aanvaarding van verantwoordelikheid van die verlede, berou,
belydenis, bekering, vergifnis en restitusie insluit. Verder is dit van belang dat die Afrikaner
sy siening van ander verander na ʼn Christologiese oriëntasie. Sy identiteit in verhouding tot
ander is skeefgetrek tot ʼn selfgeregverdigde, ietwat arrogante houding wat in ontkenning en
onttrekking leef. Met hierdie identiteit sal hy dit vir homself uiters moeilik maak in ʼn nuwe
Suid-Afrika. Hy sal verder homself moet afvra of hy bereid is tot konstruktiewe bydraes in die
land. Dit kom voor asof hy krities op die kantlyn staan en nie regtig glo dat die Afrikaan die
land kan regeer nie.
Een van die gevolge van die nuwe SANW was integrasie. Op 16 September 1999 het ʼn
luitenant, voorheen van die Azanians People’s Organisation, (APLA) agt blankes van 1 SAI
Bloemfontein doodgeskiet. Hierdie insident was in wese maar die gevolg van ʼn lang en
hartseer geskiedenis van konflik en wantroue tussen twee ideologiese vyande wat nooit die kans gegun is om mekaar werklik te leer ken nie. Dit bly ook vandag steeds ʼn uitdaging om
saam te werk ten spyte van diversiteit.
Oud-SAW lede het in die vraelys aangedui dat hulle bereid is om saam te werk tot voordeel
van die land. Hulle het egter sterk voorbehoude, paradigmas en bagasie rakende die
verlede. Tog smag hulle na genesing en wil graag ʼn bydrae maak, sou hulle die kans gegun
word. Die Kerk het ʼn groot taak in dié verband. Dit sal egter nie maklik wees nie aangesien
die Kerk self geloofwaardigheid ingeboet het a.g.v. die rol wat hy in die verlede gespeel het.
Die SAW-dienspliggenerasie spesifiek, en die Afrikaner in die breë, het nog nie werklik sy
verlies, sy eie waarheid- en versoeningsproses deurloop nie. Die studie pleit vir ʼn geestelike
proses waardeur God-Drieënig hulle kan begelei om, soos in die verlede, rigting en sin te
kry.