Branchial monogenean parasites (Monogenea: Dactylogyridae) of characin fishes from the Okavango river and Delta, Botswana

Loading...
Thumbnail Image
Date
1998-12
Authors
Christison, Kevin William
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: The fishes of the Okavango System, Botswana, are of considerable economical and ecological importance. Recently, scientists and local fishermen have reported a dramatic decline in the fish stocks of the Okavango River and Delta. There are many reasons for this decline to which fish parasites ~may at least be a contributing factor. In recent surveys to the Okavango, monogeneans have been found to be of the most prominent parasites infesting the Okavango fishes. The tigerfish, Hydrocynus vittatus Castelnau 1861, especially, show high infestations of the branchial monogeneans, Annulotrema pikei (Price, Peebles & Bamford 1969). The genera Annulotrema Paperna & Thurston 1969 and Characidotrema Paperna & Thurston 1968, are exclusively parasites of characiform fish in Africa. In the Okavango the characiforms are represented by five species, Brycinus lateralis ( Boulenger 1900), Hepsetus odoe (Bloch 1794), Hydrocynus vittatus, Mieralestes acutidens (Peters 1852) en Rhabdalestes maunensis (Fowler 1935), all of which, are infested by species of the genus Annulotrema and only one, Brycinus lateralis (Boulenger 1900), is infested by a species of the genus Charcidotrema. During two field trips to the Okavango System, five Annulotrema species were collected; three of which are known species and two new species. This is the first record of monogeneans from Botswana and represents the southern most distribution recorded of A. curvipenis Paperna 1969 & A. hepseti Paperna & Thurston 1969. Comparative descriptions of the three known species are given and the two new species are described as A. micralesti sp. n. and A. rhabdalesti sp. n. Mixed infestations of A. curvipenis and Characidotrema nursei Ergens 1973 were also recorded from the gills of Brycinus lateralis. This also represents the southernmost, recorded distribution of C. nursei. Investigation of histological sections revealed that although these monogeneans occurred in relatively high numbers on the gills of the fish, the pathology they caused was limited. Examination of the infestation statistics showed that these parasites exhibit site preferences to the gills on which they occurred. This preference is influenced by the number of monogeneans of the same or other species as well as the number of other parasites occurring on the gills of the fish hosts. When considering the results, these monogenean parasites do not seem to cause severe harm to the host fish. Any changes in the environment could alter the face of this parasite-host relationship dramatically and hence the potential pathogenicity of these parasites should, however, not be ignored.
Afrikaans: Die visse van die Okavango rivier en Delta is van aansienlike ekologiese sowel as ekonomiese waarde vir Botswana en sy inwoners. Gedurende die laaste aantal jare het wetenskaplikes, sowel as plaaslike vissers aangedui dat daar 'n afname in die visvangste in die Okavango stelsel was. Daar kan 'n hele aantal redes vir die afname wees, maar die invloed van parasiete en siektes kan nie weggelaat word as 'n moontlike bydraende faktor nie. Tydens loodsopnames wat gedurende 1997 uitgevoer is, het dit aan die lig gekom dat verteenwoordiges van die Monogenea die mees prominente parasiete van die Okavango visse is. Hieronder was die tiervis, Hydrocynus vittatus Castelnau 1861, een van die visse wat swaar besmet was. Die genus Annulotrema Paperna & Thurston 1969 en Characidotrema Paperna & Thurston 1968, is parasiete wat uitsluitlik met die tiervis groep geassosieer is. Hierdie visse word III die Okavango verteenwoordig deur vyf spesies, Brycinus lateralis (Boulenger 1900), Hepsetus odoe (Bloch 1794), Hydrocynus vittatus, Mieralestes acutidens (Peters 1852) en Rhabdalestes maunensis (Fowler 1935). Al hierdie visse was met verteenwoordigers van die genus Annulotrema besmet terwyl Brycinus lateralis (Boulenger 1900) ook deur 'n verteenwoordiger van die genus Characidotrema besmet was. Gedurende veldwerk, wat vir hierdie studie uitgevoer is, is drie bekende sowel as twee nuwe spesies van die genus Annulotrema versamel. Hierdie vonds verteenwoordig die eerste verslag van enige verteenwoordigers van die klas Monogenea in Botswana. Dit verteenwoordig ook die mees suidelike verspreiding van A. curvipenis Paperna 1969 en A. hepseti Paperna & Thurston 1969. Vergelykende beskywings van die bekende spesies word verskaf en die nuwe spesies is beskryf as A. micralesti sp. n. en A. rhabdalesti sp. n. Besmettings met A. curvipenis sowel as C. nursei Ergens 1973 is op die kieue van Brycinus lateralis aangetref en'n vergelykende beskrywing van C. nursei word verskaf. Dit verteenwoordig die mees suidelike verspreiding van C. nursei in Afrika. 'n Histopatologiese ondersoek het aangetoon dat, hoewel die visse 'n baie hoë infestasie van Monogenea parasiete gehad het, daar geen duidelike tekens van weefsel beskadiging was nie. Verwerkings van infestasie statistieke het aangetoon dat die parasiete voorkeure ten opsigte van sekere areas op die kieue getoon het. Hierdie voorkeure was beïnvloed deur die bevolkingsdigtheid van parasiete van dieselfde, sowel as dié van ander spesies. In die bespreking van al die resultate is daar tot die slotsom gekom dat hierdie parasiete nie hulle gashere direk beskadig nie. Wanneer omgewingsfaktore verander kan dit moontlik 'n nadelige invloed op die parasiet-gasheer vewantskap hê, wat moontlik tot nadeel van die visbevolkings kan wees.
Description
Keywords
Fishes -- Parasites -- Botswana -- Okavango River Delta, Deltas -- Botswana -- Monogenea, Dissertation (MSc. (Zoology)) -- University of Free State, 1998
Citation