Foreign capital, state and the development of secondary industry in Southern Rhodesia, 1939-1956

Loading...
Thumbnail Image
Date
2015-07
Authors
Gwande, Victor Muchineripi
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: This thesis is a detailed historical study that examines the nature and extent of foreign capital investment in Southern Rhodesia (modern-day Zimbabwe) between 1939 and 1956, with particular focus on the development of secondary industry. A number of scholars have commented that, with the exception of South Africa, no country was as dominated by foreign capital as Southern Rhodesia. However, this claim has not been investigated empirically in great depth. The study therefore offers an account of the development of secondary industry and also demonstrates the penetration of foreign capital into this sector. This thesis argues that, while the development of secondary industries had gathered momentum during the war years, the inflow of foreign capital into secondary industries really increased during the post-war period. The trend in foreign capital inflows and the expansion of industries was consolidated by the establishment of the Central African Federation in 1953. The increase in manufacturing production occurred alongside the establishment of new industrial ventures initiated by European immigrants and local residents. In the same period influential British and South African companies took over existing small local concerns resulting in concentration of industrial production in the hands of few, big corporations. Most foreign capital came from Britain and South Africa and to a lesser extent, from the United States of America and Italy. Foreign capital came in the form of foreign direct investment or local take-overs or in a small measure through immigrants. This thesis also addressed foreign capital’s relations and partnership with the Southern Rhodesian state during this time in funding basic services and facilities pertinent to industrial development. The role of foreign capital in Southern Rhodesia’s industrialisation process was also considered in relation to the contemporaneous phenomenon of Import Substitution Industrialisation (ISI), as well as the influence of South Africa, and it concluded that industrialisation in Southern Rhodesia displayed many of the tenets of ISI as observed in Latin America.
Afrikaans: Hierdie proefskrif is ’n gedetailleerde geskiedkundige studie wat die aard en omvang van buitelandse kapitaalbelegging in Suidelike Rhodesië (hedendaagse Zimbabwe) tussen 1939 en 1956 ondersoek, met ’n spesifieke fokus op die ontwikkeling van die sekondêre nywerheid. ’n Aantal kundiges het opgemerk dat geen ander land buiten Suid-Afrika so oorheers is deur buitelandse kapitaal as Suidelike Rhodesië nie. Hierdie aanspraak is egter nie empiries en indringend ondersoek nie. Hierdie studie ondersoek dus die ontwikkeling van die sekondêre nywerheid, en demonstreer ook die penetrasie van buitelandse kapitaal in hierdie sektor. Hierdie proefskrif voer aan dat, hoewel die ontwikkeling van sekondêre nywerhede momentum verkry het gedurende die oorlogsjare, die invloei van buitelandse kapitaal in sekondêre nywerhede eintlik eers in die tydperk na die oorlog toegeneem het. Die neiging van die invloei van buitelandse kapitaal en die uitbreiding van nywerhede is gekonsolideer deur die vestiging van die Sentraal-Afrika Federasie in 1953. Die toename in vervaardigingsproduksie het plaasgevind tesame met die vestiging van nuwe nywerheidsondernemings wat deur Europese immigrante en plaaslike inwoners geïnisieer is. In dieselfde tydperk het invloedryke Britse en Suid-Afrikaanse maatskappye bestaande klein plaaslike ondernemings oorgeneem, wat tot gevolg gehad het dat nywerheidsproduksie gekonsentreer is in die hande van ’n paar groot korporasies. Die meeste buitelandse kapitaal het van Brittanje en Suid-Afrika gekom, en in ’n mindere mate van die Verenigde State van Amerika en Italië. Buitelandse kapitaal het ingekom in die vorm van direkte buitelandse belegging of plaaslike oorname, of in ’n kleiner mate deur immigrante. Hierdie proefskrif het ook aandag gegee aan die verhoudinge en vennootskap tussen buitelandse kapitaal en die Suidelike Rhodesiese staat gedurende hierdie tyd, ten opsigte van die befondsing van basiese dienste en fasiliteite wat met nywerheidsontwikkeling verband hou. Die rol van buitelandse kapitaal in die industrialisasieproses van Suidelike Rhodesië is ook beoordeel in verhouding tot die kontemporêre verskynsel van invoervervangende industrialisasie, asook die invloed van Suid-Afrika, en die gevolgtrekking is bereik dat industrialisasie in Suidelike Rhodesië baie van die beginsels van invoervervangende industrialisasie toon wat in Latyns-Amerika waargeneem is.
Description
Keywords
Foreign capital, Secondary industry, Second World War, Southern Rhodesia, Dissertation (M.A. (Centre for Africa Studies))--University of the Free State, 2015, International trade, Industries -- Zimbabwe, Capital investments -- Zimbabwe
Citation