• Login
    View Item 
    •   KovsieScholar Home
    • Electronic Theses and Dissertations
    • All Electronic Theses and Dissertations
    • View Item
    •   KovsieScholar Home
    • Electronic Theses and Dissertations
    • All Electronic Theses and Dissertations
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Die opstel en standaardisering van 'n aktiwiteitsvoorkeur-analisetoets

    Thumbnail
    View/Open
    KlangLO.pdf (28.26Mb)
    Date
    1983-07
    Author
    Klang, Lothar Otto
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Afrikaans: 'n Probleem word ondervind met die indeling van belangstelling. Bestaande indelings differensieer onnodig fyn tussen verskillende soorte belangstelling. Alle werksoorte besit in 'n sekere mate teoretiese, kommunikatiewe en praktiese handelinge. Hierdie indeling blyk ook 'n logiese indeling van belangstelling te wees. Bestaande belangstellingsvraelyste/toetse is ook duur en neem 'n lang tyd om toe te pas, na te sien en te interpreteer. Die doel van hierdie navorsing was: - om 'n deeglike studie van belangstelling te maak - om 'n nuwe indeling van belangstelling aan die literatuur te toets - om 'n belangstellingstoets op te stel en te standaardiseer om voorkeure vir aktiwiteite in genoemde rigtings te meet, en - om voorlopige aanduidings van die betroubaarheid asook praktiese bruikbaarheid van die toetse te verkry. Belangstelling vir doeleindes van hierdie navorsing word gedefinieer as voorkeure of afkeure vir bepaalde aktiwiteite. Die· me tode waa rmee daar te werk gegaan is om die Aktiwiteitsvoorkeur-analisetoets op te stel en uit te toets, was soos volg: - alle werkwoorde in die Afr ikaanse taal is geneem en volgens die teoretiese, praktiese en kommunikatiewe getabuleer. - 'n A B C en 'n D toets is gelyktydig opgestel. Elke toets het bestaan uit sestig items met 'n teoretiese, praktiese en kommunikatiewe werkwoord in elke item waarvoor daar 'n voor- of afkeur aangedui moes word. - die vier vorms van die toets is afgeneem op 6 0 0 leerlinge van beide geslagte van 'n Afrikaanstalige hoerskool in die Vrystaatse Goudvelde. Elke leerling het twee vorms van die toets voltooi, hetsy 'n A en C of 'n B en D vorm. - die toetse is nagesien en 'n itemontleding is gedoen. Uit betroubaarheidsberekeninge wat reeds op hierdie stadium gedoen is, het dit die moeite werd geblyk om met die ondersoek voort te gaan. - uit die beste items van die vier voorlopige toetse is daar toe twee parallelle toetse opgestel. Die alternatiewe vorms van die toets is toe afgeneem op 1200 leerlinge van drie Afrikaanstalige hoerskole in die Vrystaatse Goudvelde. Nadat die toetse nagesien is, is normtabel1e vir die totale groep, vir seuns en vir dogters, bereken. Resultate is soos volg verkry: - die toets het 'n gemiddelde betroubaarheid van r = .786 tussen die A en die B vorms. - statistiese berekeninge het getoon dat die toets geldig is en dat dit wel tussen teoretiese, praktiese en kommunikatiewe aktiwiteite onderskei. - ten einde die geldigheid van die ontledingsdirnensies van die toets en die verwantskap tussen die dirnensies te bepaal, is 'n faktorontleding op gegewens uitgevoer. Twee faktors is onderskei. Faktor een was 'n faktor waar kommunikasie bipoler teenoor prakties gelaai het. Dieself de verband word uit vergelykbare toetse bevestig. Faktor twee was 'n sterk teoretiese faktor. Die gevolgtrekkings .wat gemaak word, is dat daarin geslaag is om 'n Aktiwiteitsvoorkeur-analisetoets op te stel wat geldig en betroubaar is, goedkoop is om af te neem, na te sien en relatief maklik is om te interpreteer. Daar word aanbeveel dat verdere dimensies van belangstelling uitgetoets word. Alhoewel belangstelling wat volgens die teoretiese, praktiese en kommunikatiewe ingedeel is, baie nuttig kan wees, meet dit nie as die enigste dimensies van belangstelling gesien word nie. Weens die besondere eienskappe wat die toets in sy guns het, kan dit 'n nuttige bydrae maak in die voor ligtingsproses waar die hoerskoolkind 'n vakkeuse meet maak, of by die jong volwassene wat op die vooraand van 'n beroep staan en wat onseker oor sy keuse is. Indien die gebruikswaarde van die toets wyer benut wil word, sal verdere uittoet.sing in die verband nodig wees. Die toets kan vertaal word en op die verskillende bevolkingsgroepe in Suid-Afrika uitgetoets word. Nuwe navorsing oor belangstelling is egter 'n proses wat nooit moet eindig nie.
    URI
    http://hdl.handle.net/11660/2316
    Collections
    • All Electronic Theses and Dissertations
    • Masters Degrees (Industrial Psychology)

    DSpace software copyright © 2002-2016  DuraSpace
    Contact Us | Send Feedback
     

     

    Browse

    All of KovsieScholarCommunities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjects

    My Account

    LoginRegister

    Statistics

    View Usage Statistics

    DSpace software copyright © 2002-2016  DuraSpace
    Contact Us | Send Feedback