Measuring and using pre-university levels of student engagement at a South African university

Loading...
Thumbnail Image
Date
2012-01
Authors
Mentz, Melody
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: Coupling access with success in South African higher education has become imperative. There is a clear need to identify and rigorously research factors contributing to student success that are within the institutions sphere of influence so that institutional policies and practices can be intentionally aligned and designed to create conditions conducive to success. Student engagement represents a multi-facetted approach to understanding students that focuses almost exclusively on student behaviours and conditions over which institutions can exert a measure of influence. Strongly grounded in a rich history of theoretical work on effective undergraduate education, student engagement offers a concrete, theoretically solid manner in which to understand undergraduate students in South Africa longitudinally with the goal of understanding the factors that contribute to student success. The overall research objective of this multi-disciplinary study was to investigate how the Beginning University Survey of Student Engagement (BUSSE), a survey administered during the first weeks of the academic year to investigate how measuring levels of student engagement at high school, expectation to engage at university and levels of engagement during first-year can be appropriately used by higher education institutions in South Africa at an institutional and individual level in the context of student success. The study was conducted over a two year period (2008-2009) at a university in SA amongst first-time entering degree-seeking undergraduate students in a representative sample and makes a unique contribution to understanding engagement and success in South Africa as it is the first study to be conducted using the (BUSSE) in this context and is also the first international application of the instrument to date. Four research questions related to the overall objective of the study were proposed and investigated through appropriate statistical tests. Acceptable Cronbach coefficient alpha values were obtained for all subscales in both samples, and values were comparable to samples in the US context. Results obtained in the current research study confirm both theory and results obtained in other samples. It was found that there is a level of consistency between high school engagement and expectations to engage during the first year (although this is not uniform across all types of activities). Female students consistently report higher levels of engagement at high school and higher expectations for engagement at university. There is some evidence to suggest differences between students from different racial groups (higher levels of engagement and expectation from Black African students) and an interaction between gender and race in terms of high school engagement and expectations to engage during the first year. As expected based on the literature, student expectations to engage during their first year exceeded their actual levels of engagement, confirming the notion of the “freshman myth”. However, despite this disjuncture, there is evidence to suggest that students tend to engage more frequently in the activities they expected to engage in. Regardless of the differences between Black African and White students in terms of their high school engagement and their expected levels of engagement at university, there is no significant difference in actual levels of engagement during the first year. The examination of the ability of the engagement variables to predict academic performance and persistence to second year highlighted the methodological and conceptual complexities associated with predicting success, and there were not consistent findings between the two samples. The results of the study were discussed and interpreted from the perspective of how student engagement data can provide actionable solutions to the institution to contribute to student success in the first year of study.
Afrikaans: Die verbinding van toegang met sukses in Suide-Afrikaanse hoër onderwys, het noodsaaklik geword. Daar is ‘n duidelike behoefte om die faktore binne die institusie se invloedsfeer wat tot studentesukses bydra, te identifiseer en deeglik na te vors, sodat die institusionele beleid en praktyk doelbewus gerig en ontwerp word om toestande wat sukses bevorder te skep. Studentebetrokkenheid verteenwoordig ‘n multigefasetteerde benadering tot die verstaan van studente, wat amper uitsluitlik fokus op studentegedrag en toestande waarop institusies ‘n mate van invloed het. Studentebetrokkenheid, wat op ‘n ryk geskiedenis van teoretiese werk rondom effektiewe voorgraadse onderwys gebaseer is, bied ‘n konkrete, teoreties soliede manier om voorgraadse studente in Suid-Afrika longitudinaal te verstaan, met die doel om die faktore wat bydra tot studentesukses te verstaan. Die algehele navorsingsdoel van hierdie multidissiplinêre studie, was om ondersoek in te stel rondom die manier waarop die Beginning University Survey of Student Engagement (BUSSE) - ’n opname wat gedurende die eerste weke van die akademiese jaar toegedien word om vlakke van studentebetrokkenheid op hoërskool, verwagting om op universiteit betrokke te wees, en vlakke van betrokkenheid gedurende die eerste jaar te meet - toepaslik op ‘n institusionele en individuele vlak binne die konteks van studentesukses deur hoër onderwysinstansies in Suid-Afrika gebruik kan word. Die studie is binne ‘n tweejaar tydperk (2008-2009) onder ‘n verteenwoordigende steekproef van voorgraadse studente, wat vir die eerste keer ingeskryf en ‘n graad nagestreef het by ‘n universiteit in SA, uitgevoer. Hierdie studie maak ‘n unieke bydra tot die verstaan van betrokkenheid en sukses in Suid-Afrika, aangesien dit die eerste studie is wat binne hierdie konteks van die BUSSE gebruik gemaak het, en dit tot op hede ook die eerste internasionale toepassing van hierdie instrument is. Vier navorsingsvrae, wat verband hou met die algehele doelwit van die studie, is voorgestel en deur middel van toepaslike statistiese toetse ondersoek. Aanvaarbare Cronbach koëffisiënt alfa waardes is vir alle subskale in beide steekproewe verkry, en die waardes is vergelykbaar met steekproewe binne die VSA konteks. Die resultate wat binne die huidige navorsingstudie verkry is, bevestig beide teorie en resultate wat in ander steekproewe verkry is. Daar is bevind dat daar ‘n mate van konsekwentheid tussen hoërskoolbetrokkenheid en verwagtinge om betrokke te wees binne die eerste jaar is (alhoewel dit nie dwarsoor alle tipes aktiwiteite gelykvormig is nie). Vroulike studente het konsekwent hoër vlakke van betrokkenheid op hoërskool en hoër verwagtinge rondom betrokkenheid op universiteit gerapporteer. Daar is sekere bewyse wat verskille tussen studente van verskillende rassegroepe aandui (hoër vlakke van betrokkenheid op hoërskool en hoër verwagtinge rondom betrokkenheid op universiteit onder Swart Afrika-studente), en wat ook ‘n interaksie tussen geslag en ras in terme van hoërskoolbetrokkenheid en verwagtinge om deel te neem gedurende die eerste jaar aandui. Soos op grond van die literatuur verwag, het studente se verwagtinge om betrokke te wees gedurende hulle eerste jaar hul ware vlakke van betrokkenheid oortref, wat die idee van die “groentjie mite” bevestig. Maar, ten spyte van hierdie disjunksie, is daar bewyse wat aandui dat studente geneig is om meer gereeld deel te neem aan aktiwiteite waaraan hulle verwag het om deel te neem. Ongeag die verskille tussen Swart Afrika- en Wit studente in terme van hul hoërskoolbetrokkenheid en hul verwagte vlakke van betrokkenheid op universiteit, is daar geen beduidende verskil in die ware vlakke van betrokkenheid gedurende die eerste jaar nie. Die ondersoeking van die vermoë van die betrokkenheidsveranderlikes om akademiese prestasie en volharding tot tweede jaar te voorspel, het die metodologiese en konseptuele kompleksiteite wat met die voorspelling van sukses geassosieer word na vore gebring, en daar was nie konsekwente bevindinge tussen die twee steekproewe nie. . Die resultate van die studie is bespreek en geïnterpreteer vanuit die perspektief van hóé data rondom studentebetrokkenheid uitvoerbare oplossings vir die institusie kan bied om sodoende tot studentesukses in die eerste jaar van studie by te dra.
Description
Keywords
Thesis (Ph.D. (Psychology))--University of the Free State, 2012, Self-actualization (Psychology), College freshmen, College students -- Psychology, Expectations, Student success, Student engagement, First-year experience
Citation